JHB-vrou voor dogtertjies vermoor

Argieffoto

Argieffoto

Annemarie van Zyl, die eienaar van ʼn winkel in Kempton Park, is Saterdagoggend voor haar twee dogters vermoor.

“ʼn 25-jarige man, glo ʼn voormalige werknemer by die winkel, is Saterdag in hegtenis geneem,” het kapt. Jethro Mtshali, woordvoerder van die polisie in Gauteng, Maandag gesê. “Die man het die winkel in Newtonstraat omstreeks 07:30 betree, ʼn skerp voorwerp te voorskyn gebring en die vrou ʼn paar keer gesteek.”

Die man het glo met ʼn onbekende bedrag kontant uit die winkel gestap. “Van Zyl se twee dogters, onderskeidelik ses en agt jaar oud, was in die winkel toe die voorval plaasgevind het,” het Mtshali bygevoeg. “Die agtjarige het hulp ontbied net nadat die man die winkel verlaat het.”

Volgens Mtshali was daar polisiebeamptes op patrollie in die omgewing en hulle het die verdagte aangekeer.

Die man se hande was glo nog bedek met bloed toe hy in hegtenis geneem is. Hy sal na verwagting Maandag in die landdroshof in Kempton Park verskyn op aanklag van sakeroof en moord.

“Die kinders is getraumatiseerd en sal berading ontvang,” het Mtshali gesê. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Danielle ·

Geld, hebsub, wraaksugtigheid, waarom, en dit voor twee klein kindertjies. Daar is baie werklose blankes wat vir min geld sal werk, doen weg met hierdie moordadige geweldenaars.

Jasper ·

Hou nou dop met wat se stR@&#t storie gaan hy mee vorendag kom om sy dade te regverdig.

Slim Daan ·

Herhaal my vorige plasing: Te hel met goedgunstige werkverskaffing. Meganiseer sover moontlik, en mamma moet maar begin wasmasjien-instruksies bestudeer. ( Die afgelope week nou al 5xgevalle waar die hond die baas byt wat hom voed. )
Laat diesulkes tuisbly sodat hul in die son kan sit en heeldag met n stok tussen hulle tone krap. Sommer ook op / in ander plekke as hul so voel.

Danielle ·

Slim Daan – alles goed en wel, maar dit is nie bekend (tot dusver) watse tipe winkel dit was nie, die berig meld ook niks van die vader van die kinders nie. Ek stem egter heeltemal saam met jou, ons moet meer doen vir onsself, en minder afhanklik wees van ander hulp. Dalk makliker dalk gesê as gedaan.

Slim Daan ·

Danielle…’k volg nie. Hoe is die ” tipe ” winkel relevant ? Al is dit n snoepie wat sy uit haar karavaan bedryf….wat se verskil maak dit ?
Die kwessie van die pa se teenwoordigheid nog minder. ( Tensy jy hom kwalik neem dat hy nie daar was toe die gebeure hom afspeel nie. Of suggereer jy dis die pa self ? )
Sorry. Ek mis jou op die een.

PS
Vir my klink dit na een wat eens op n tyd daar gewerk het, en toe later van tyd teruggekom het om die hand te byt wat hom voed? Ou storie.

Slim Daan ·

Ai Amy. Wens self Slim Daan kon jou op die een antw. Vir party is dit so goed soos putupap eet. Kan net sowel vra hoekom is die lug blou !

Gerda Rudd ·

Ons leef in n siek Suid Afrika. Hoekom dood maak ?? Die hond kon haar net vasgemaak het !!! Nie net is n ma van twee dood nie , maar 2 kinders se lewe is
Hel. Hul sal dit NOOIT vergeet nie.
EN WAT NOU ???
More word hy vrygelaat om weer te moor !

Shannon ·

Die hele Kempton het `n dag stasie geword vir Tembisa. In die nag drentel dit terug na die gehuggies of tot by Birchleigh Noord se dooie strate en kruip in een van die groeiende aantal verlate huise waar die vorige eienaars nie `n koper kon vind nie.
En die dag skof begin langs die hoof paaie langs die blanke buurte wat nog vas klou binne hulle beton en ‘boom gates’.

Elke dag sit – en drentel dit rond tussen die hope vullis sakke op die sypaadjies. My beskeie mening – as dit rond staan in jou buurt, as dit in die nag in jou straat af stap, as dit reg bo oor jou gewese samelewing in die winkel sentrums se parkeer areas en binne in jou tuin en in jou kamers arriveer, dan is daar mos noodwendig net een uiteinde ?

Gemsbok ·

Dit is maar wat gebeur wanneer Afrikaners van goedkoop arbeid gebruik maak.

Ons sal moet kies tussen ‘n toekoms vir onsself bou of aanhou om goedkoop arbeid te gebruik, maar beide sal ons nie kan doen nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.