JHB-vrou voor dogtertjies vermoor

Argieffoto

Argieffoto

Annemarie van Zyl, die eienaar van ʼn winkel in Kempton Park, is Saterdagoggend voor haar twee dogters vermoor.

“ʼn 25-jarige man, glo ʼn voormalige werknemer by die winkel, is Saterdag in hegtenis geneem,” het kapt. Jethro Mtshali, woordvoerder van die polisie in Gauteng, Maandag gesê. “Die man het die winkel in Newtonstraat omstreeks 07:30 betree, ʼn skerp voorwerp te voorskyn gebring en die vrou ʼn paar keer gesteek.”

Die man het glo met ʼn onbekende bedrag kontant uit die winkel gestap. “Van Zyl se twee dogters, onderskeidelik ses en agt jaar oud, was in die winkel toe die voorval plaasgevind het,” het Mtshali bygevoeg. “Die agtjarige het hulp ontbied net nadat die man die winkel verlaat het.”

Volgens Mtshali was daar polisiebeamptes op patrollie in die omgewing en hulle het die verdagte aangekeer.

Die man se hande was glo nog bedek met bloed toe hy in hegtenis geneem is. Hy sal na verwagting Maandag in die landdroshof in Kempton Park verskyn op aanklag van sakeroof en moord.

“Die kinders is getraumatiseerd en sal berading ontvang,” het Mtshali gesê. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

11 Kommentare

jongste oudste gewildste
Danielle

Geld, hebsub, wraaksugtigheid, waarom, en dit voor twee klein kindertjies. Daar is baie werklose blankes wat vir min geld sal werk, doen weg met hierdie moordadige geweldenaars.

AmY

Waarom gebeur sulke goed? Dis so hartseer. :-(

Gerda Rudd

Ons leef in n siek Suid Afrika. Hoekom dood maak ?? Die hond kon haar net vasgemaak het !!! Nie net is n ma van twee dood nie , maar 2 kinders se lewe is
Hel. Hul sal dit NOOIT vergeet nie.
EN WAT NOU ???
More word hy vrygelaat om weer te moor !

Shannon

Die hele Kempton het `n dag stasie geword vir Tembisa. In die nag drentel dit terug na die gehuggies of tot by Birchleigh Noord se dooie strate en kruip in een van die groeiende aantal verlate huise waar die vorige eienaars nie `n koper kon vind nie. En die dag skof begin langs die hoof paaie langs die blanke buurte wat nog vas klou binne hulle beton en ‘boom gates’. Elke dag sit – en drentel dit rond tussen die hope vullis sakke op die sypaadjies. My beskeie mening – as dit rond staan in jou buurt, as dit in… Lees meer »

AmY

Ek woon in Kempton Park. Die winkel is glo ‘n PUB.