Jhb wil ou fabrieke in goedkoop huise omskep

Herman Mashaba, burgemeester van Johannesburg. (Foto: ANA)

Die Johannesburgse metroraad wil verlate fabrieke aan die private sektor beskikbaar te stel om dit in laekostebehuising te omskep.

Altesame 84 geboue is reeds aan ontwikkelaars in die middestad toegewys. Dié projek gaan ʼn verwagte inkomste van R21 miljard in beleggings genereer, 11 000 konstruksiewerksgeleenthede skep en uiteindelik lei tot die bou van meer as 6 000 bekostigbare huise.

Nóg 70 geboue gaan teen September vanjaar aan beleggers toegeken word wat tot beleggings van nóg R15 miljard, 10 000 werksgeleenthede en 5 000 huise gaan lei. Die eiendomme vorm deel van 500 geboue wat in die middestad vir onteiening geoormerk is.

“Ná die sukses in die middestad het die veelparty-regering nou 37 verlate fabrieke oor die stad geïdentifiseer, spesifiek in gebiede wat ʼn nypende tekort aan behuising het,” het Herman Mashaba, Johannesburgse burgemeester, gesê.

“Danksy die groot erwe gaan die eiendomme nagenoeg 3 000 blyplekke in multiverdiepinggeboue bied.”

Die verlate fabrieke is in gebiede soos Kew, Devland, Rabie Ridge, Doornfontein, Booysens en Nancefield. Daar is ook 16 fabrieke naby Alexandra geïdentifiseer wat broodnodige behuising vir dié onderontwikkelde township gaan verskaf.

Die stad gaan nou begin skaaf aan sy voorstel wat in Augustus vanjaar aan die metroraad voorgelê moet word. Die raad kan dan begin met die wetlike proses om die geboue as verlate te laat onteien. Die onteieningsproses sal binne die bestaande grondwetlike raamwerk gedoen word.

“Ons gaan staatmaak op die feit dat dit verlate is, die eienaars nie opgespoor kan word nie en die geld wat op die eiendomme geskuld word, hulle waarde oorskry. Ons verwag dat die raad die voorstel gaan steun, gegewe hoe alle politieke partye glo dat dit belangrik is om die behuisingstekort in ons stad op te los,” het Mashaba gesê.

As goedkeuring eers verkry is, kan die stad die eiendomme aan die private sektor beskikbaar stel en toeken op grond van die grootste getal eenhede voorgestel, laagste huur, grootste werkskepping en beleggingsmoontlikhede.

Die stad het vantevore sy behuisingstekort probeer uitwis deur op HOP-huise staat te maak, maar daar is nie eens ʼn duik in die agterstand gemaak nie. Daarom is nou besluit op ʼn aanslag wat resultate kan oplewer wat betref kwessies soos die opgradering van informele nedersettings, maatskaplike behuising én samewerking met die private sektor.

“In die omstandighede kan die regering nie net die verbysterende behuisingsagterstand uitwis nie, daarom is dit belangrik dat ons ʼn omgewing vir die private sektor skep om hulle balansstate, vaardighede en doeltreffendheid tot voordeel van die armstes onder ons in te span,” het Mashaba gesê.

Die stad beoog om in die 2019-’20-boekjaar meer as 2 000 HOP-huise te bou, 4 000 erwe met dienste te lewer en 10 informele nedersettings op te gradeer.

Die uitbreiding van die eiendomsprogram in gebiede met bestaande behuisingstekorte gaan baie help om behuisingsagterstande in Johannesburg te laat krimp, het Mashaba gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 22:00 en 06:00 op Vrydagaande, Saterdae, Sondae en Maandagoggende.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.

39 Kommentare

???? leser ·

so ‘n fabriek, lee gebou, wat multi verdieping behuising gaan verskaf sal nie lank na huisvesting verander in nog ‘n hool, dwelm handel, prostitusie, ens. soos hillbrow, die kaapse vlaktes en oorlog sone verander

Zukof ·

En so skep hulle nog net meer dwelm slamse en hoele… Kyk maar hoe lyk Hillbrow

Sarel ·

Gaan daar huur betaal word. Wat stappe gaan geneem word om te verseker die ontwikkelings verbal nie maar weet nie. Hoop hulle kyk na wat in die verlede gebeur het en leer daaruit. Of is dit net gereeld maak vir verkiesing oor 2 jaar. Ek vra maar net

Duur ·

So as 6000 eenhede 21 miljard rand se beleggings genereer beteken dit ‘n koste van R3.5 miljoen per eenheid. Dit klink noggals duur vir laekoste behuising.

PaulV ·

Oeps, julle is reg, dit IS R3.5 miljoen. Ek het per ongeluk 8 0’e i.p.v. 9 gebruik vir die berekening. En ja, van wanneer af is R3.5 miljoen vir ‘n huis bekostigbaar vir die meeste mense??

Magda ·

LIewe hemel – al wat die mense kan doen is kla – wees bly dat daar iets gedoen gaan word, wat kan help dat almal n plekkie kry in die son. Glo my dit is (+-) die bedrae en behuising, So stop julle alewige gekerm en gekla .

Andreas ·

Vir ‘n derdewêreld is dit nie ‘n Cyrildroom nie, maar die realiteit, net geld kort en mense se welwillendheid om te skenk, kos, krag en water, ‘n werk.

Chris Ws ·

Plaas dat hulle beleggers lok om weer vervaardiging in die geboue tot stand te bring wat PERMANENTE werkskepping tot gevolg sal he, wil hulle nou tydelike werke skep en JHb in ‘n grooter misdaad hool verander as wat reeds die geval is.Oulik!Die anc mense kan darem vooruit dink ne’!

Andreas ·

Dit sal goedkoper as wolkekrabbers wees. En dit sal die mense filks hou, danksy Eskom, ‘n lekker dun gesonde nasie.

Oujongvrou ·

Mnr Mashaba doen so voort. Ten minste probeer jy iets doen in stede van op maroela te sit en kerm. Kan julle mense nooit iets positief sien nie??

Ruben ·

Stem saam Mashaba praat nie net hy lewer…wanner laas was iemand in jhb middestad bv by die stasie…lyk baie netjies en skoon kon my oe nie glo…hou so aan Mashaba waar jy werk gaan dinge vorentoe.

Chris ·

Baie goeie idees om die ou persele te ontwikkel. Sien uit om die resultaat te sien.

Andreas ·

Jip, bring die mense na die werk toe. Nedersettings in fabrieke, dis die realiteit wat mos deesdae voorgestaan word, in parke of oop ruimtes, Patricia en Cyril agterna. Wat mens mos ondervind is dat die middestede raak al meer braak aan besighede, minder gesog, té, hoe sal ek sê? Baie wat jare gelde spogplekke was, restaurante, aandrok, pak en das het mens soontoe gelok, vandag is dit vervalle en net geskik om nie weer opgradeer te word na die glorie van weleer nie.

Andreas ·

Wat ek sê is lees tussen die lyne, dis hoekom die graderingsagentskappe ons nie goedgesind is nie, die goud en minerale is uitgemyn en die regering wil als beheer in plaas van om die private sektor en vryemark die ekonomie te laat beheer.

Ian ·

Dit gaan absolute helhole word. Die zarps is al klaar te bang om Hillbrow gebou en mynkampongs bonne te gaan. Daar is al futuristiese movies gemaak oor sulke tipe plekke.

Anon ·

Aan diegene wat tantrums gooi… Wat maak dit saak hoeveel miljoene, biljoene of miljarde dit kos om haweloses te huisves? Ons geld word in elke geval aangewend om soortgelyke bedrae aan ons regering se huise en motors te spandeer. Waar dink julle kom dwelms vandaan? Net Nigeriërs? Ek het nuus vir julle, dit word deur die hoogste sirkels befonds so kom oor dit. Dwelms verslaafdes is die nie noodwendig omdat hulle WIL nie, maar weereens kom daar swaksinnige blanke beterweteriges en oordeel. Sies man.

wet ·

Anon, jy kyk vanuit ‘n emosionele oogpunt na die voorgestelde idee. Lae koste behuising in JHB middestad in ‘n verlate gebou = uitbreiding van hillbrow. Dit is maar net hoe dit is. Dit is die perfekte broei omgewing vir krimele aktiwiteite. Soos een komentaar lui..hoekom nie gebruik word vir werk skepping nie? hulle kan die vloer oppervlakte inrig om ‘n vlooi mark te stig of iets..

Reinhardt ·

Wet, lae koste behuising is wat ons broodnodig het. Nie almal wat arm is is dwelmverslaafdes nie, of het gekies om daardie omstadighede te wees nie. Armoede is n greep soos verslawing wat ongelooflik moeilik is om op te los. Behuising is maar een element van die oplossing.

Willehond ·

Probleem is waar is die mense wat die geboue gebruik het vir werkskepping? Gevlug??

Koos ·

Ten minste dink hy op sy voete, moet nog net ontslae raak van E-toll.

Andreas ·

Jare gelede al het mense na rykdom getrek, hulle het om die stede en dorpe se sakesentrums gaan woon, of in woonbuurte daar naby, noudat die hoofsentrums van die stede vervalle raak, ook so in groot dorpe sien ons beweeg die besighede na nuwe gebiede buite om en daar in die sentrum/middel word intrek geneem deur die wat voorheen buiteom gewoon het.

Ekke ·

Omskep sommer die ou staatsgeboue in Pretoria ook in behuising. Tans net n grotte van onheil.

Manie ·

Is die da die anc nou een vóór met onteiening sonder vergoeding. Ek glo elkeen van die geboue het n eienaar.

Frikkie Geld en huis ·

Verseker het elke gebou ‘n eienaar, maar as sy agterstallige dienstegeld meer is as die gebou se waarde, mag die stadsraad die gebou verkoop om die geld te in. Die meeste van die geboue se eienaars is buitelanders, wat nie meer in hul SA beleggings belangstel nie.

Chrisi ·

raak eers van die onwettige immigrante / druglords / en elke ander “lord” wat van die Noorde hier kom moeilikheid maak ontslae voordat hulle mafia bendes dit annekseer

aan wie het die geboue in elk geval behoort en hoe het die stadsraad dit bekom?

Adam ·

In teorie is daar niks fout met die plan nie, maar in die praktyk gaan ons bloot sien hoe misdaad “verstedelik” in wat niks anders as “misdaad-universiteite” sal word nie.

Vince ·

Waar gaan al die mense in die nuwe behuising werk as die fabrieke leegstaan/omskep is…lol That is so dumb!!!

barend v d westhuizen ·

wel as die gebou leeg staan trek plakkers in as hulle dit om skep na bly plekke sal dit better lyk of mense daar van hou of nie daar moet meer behuising kom wand almal trek stad toe of daar nou werk is of nie

George in Bloem ·

Goeie korter termyn oplossing maar sou dit nie op die langer termyn beter kon wees om daai tipe geld eerder aan te wend om mense te bemagtig deur opleiding en finansiering om klein besighede daar te vestig nie? Is dit nie soos die Chinese spreekwoord se”Give a man a fish and he will eat for a day.Teach him how to fish and he will eat every day?”

bambi ·

Briljante idee! sorg net dat die sekuriteit ook die plekke beman en oppas! die Hele Hillbrow behoort gesloop te word en herbou word! Sal self nie omgee vir n middestad plekkie nie!

Susan ·

Wie gaan hierdie behuisings se heffings, water en elektrisiteit betaal? Dieselfde mense wat tans gratis huise verskaf??!!!!!! almal wil kry en bly maar niemand vertel vir hulle daar gaan kostes wees wat betaal MOET word nie. want ons arme drommels wat alreeds duur vir die dienste betaal sal maar net meer moet betaal om alles te dek. Dis hoekom daar nie genoeg dienste, water en elektrisiteit is nie. BELAGLIK

A Mac ·

Baie goeie idee. Maar asseblief, laat die verbouings en verbeterings net so gedoen word dat dit nie sulke oogsere soos die RDP huise reg oor die land word nie. Ander stede en dorpe kan gerus ook so-iets oorweeg met al die geboue wat so leeg staan.

Jessica ·

Good news where do i apply for my free housing for myself one and for my 4 kids each a house and for the rest of my family each a free house. Remember i was first to ask for free housing.

Michelle ·

Ek hoop die een gaan sy huiswerk mooi doen want hy skep ‘n baie groot probleem. Dwelms, verbode immigrante, prostitusie noem maar op al die leë geboue het so uitgedraai en die is geen verskil nie, dit is ‘n feit. Niemand gaan die geboue monitor nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 22:00 en 06:00 op Vrydagaande, Saterdae, Sondae en Maandagoggende.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.