Luvuyo Mfaku, woordvoerder van die NVG, het Vrydag gesê adv. Shaun Abrahams, die nasionale direkteur van openbare vervolging, het kennis geneem van die Pretoria-hooggeregshof se beslissing in hierdie verband en het besluit om, op versoek van Jiba en Mrwebi, hulle op spesiale verlof te plaas.
Maroela Media het vroeër berig Jiba en Mrwebi is Donderdag van die rol van advokate geskrap nadat die algemene balieraad van Suid-Afrika ʼn aansoek in die hooggeregshof in Pretoria gebring het. Die aansoek teen Jiba en Mrwebi hou verband met hul betrokkenheid by die besluit om die korrupsie-aanklagte teen die geskorste hoof van misdaadintelligensie, Richard Mdluli, te laat vaar. Jiba en Mrwebi het ook goedkeuring gegee dat Johan Booysen, die geskorste hoof van die Valke in KwaZulu-Natal, op ʼn aanklag van rampokkery vervolg word.
Jiba is die adjunk-direkteur van openbare vervolging, terwyl Mrwebi aan die hoof staan van die eenheid vir gespesialiseerde handelsmisdaad.
“In hul versoek aan [Abrahams] het Jiba en Mrwebi albei bevestig dat hulle hul regspanne opdrag gegee het om aansoeke om verlof tot appèl teen die uitspraak by die appèlhof in te dien,” het Mfaku gesê.
“Die nasionale direkteur van openbare vervolging het die integriteit van die NVG, die openbare vertroue in die NVG en die administrasie van die reg as ʼn geheel in ag geneem, teenoor die integriteit en reputasie van advokate Jiba en Mrwebi, hul grondwetlike reg tot gelyke beskerming en voordeel van die reg, asook hulle reg op appèl,” het hy gesê. “Die NVG wil dié twee amptenare bedank dat hulle die integriteit van die instelling sowel as hul eie gehandhaaf het.”
Mfaku het gesê die NVG doen ʼn beroep op landsburgers om die prosesse wat nou volg te respekteer.
Appèl gaan teen alles aangeteken word. My vermoede is dat hierdie twee op laaaaang betaalde verlof gaan. Soos die dronk regter wat met sy Rolls deur die tuinmuur gery het. Hy was op betaalde verlof tot op sy pensioendatum.
NEEEE!!!Hoekom spesiale behandeling kry. Spesiaal skuldig. Geskrap! Hulle wil bewyse toesmeer en nog skade aanrig. Skors hulle sonder betaling.
Op die belastingbetaler se koste, vir hoelank ?
Dalk moet Abrahams ook dieselde doen met die spy tapes sage van zuma want dit gaan hom
ook in die hakskeen kom byt, en so word ons wittes al hoe armer want die op spesiale verlof
kry nog steeds salaris en n goue handdruk.
Word daar salarisse betaal op hierdie spesiale verlof? uit wie se sak kom dit?
So begin Zuma se maatjies nou die een na die ander in die stof byt, niks sal vir hom vorentoe meer dieselfde wees nie, ook nie vir Jiba nie, sy kan van daai titel vergeet, dis weg. Abrahams se dag gaan nog kom, ook Tom Moyane. Dinge kook.
Kobus ek like mense wat soos jy dink
Op spesiale verlof net om die soustrein verder te ry. Hulle moet eerder toegesluit word, want hulle is deel van die bedrog.
As jy geskors word dan is jy mos geskors. Hoekom dan met spesiale verlof gaan!! Wie gaan haar salaris betaal. Hoop nie dis van die belasting betaler se geld nie!!
Hulle hoort op spesiale verlof SONDER BETALING. Sou hul appel slaag en hulle teruggeplaas word op die rol van advokate, kan hulle die salarissse terugwerkend ontvang. En hulle behoort self te betaal vir die regsonkostes.
It’s Africa get used to it…
Wasr kom die woord vandaan Spesiale Verlof
Spesiale verlof is werklik baie spesiaal. Dit beteken jy kan uitgevang word met jou snoet in die trog, maar jy kom bitter min oor. Inteendeel jy gaan dan op n sorgvrye, luukse bootreis want jy word betaal sonder om te werk en die hofsaak is nog veeeeeer.
Wens ek en buurvrou word snoet in die trog uitgevang. Ek’s lus vir ‘n bootreis.
Skandes op skandes week na week …dis nou die nuwe SA !
Ek glo Johan Booysen se boek het hulle op die hardloop gesit. Mooi so roei ge dooie hout uit