Adv. Nomgcobo Jiba het ʼn laaste sewe kalenderdae om voorleggings te doen oor hoekom sy in haar pos in die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) moet aanbly.
ʼn Kommissie van ondersoek onder voorsitterskap van oudregter Yvonne Mokgoro het in April bevind dat Jiba en Lawrence Mrwebi, spesiale direkteur van openbare vervolgings, albei deur pres. Cyril Ramaphosa uit hul poste ontslaan moet word. Hulle is daarna die trekpas gegee.
Die parlementêre portefeuljekomitee oor justisie en korrektiewe dienste het hierna met ʼn proses begin om te besluit of Jiba en Mrwebi in hul poste heraangestel moet word.
Jiba het haar egter tot die hooggeregshof in Kaapstad gewend om die parlementêre proses te keer en om weer in haar pos aangestel te word. Die hof het haar aansoek met koste van die hand gewys.
Bulelani Magwanishe, voorsitter van die komitee, het gesê die parlementêre regsadviseur het die komitee intussen ingelig oor die tweede deel van Jiba se hofaansoek, naamlik om Ramaphosa se besluit om haar te verwyder as ongrondwetlik te verklaar.
Die komitee het dus Dinsdag ingestem om Jiba, in die belang van regverdigheid en om homself teen verdere litigasie te beskerm, ʼn finale geleentheid te gee om voorleggings te doen. “Die komitee wil die saak afhandel voor Desember. Die komitee word ook beskerm deur Jiba ʼn finale sewe dae te gee,” het Magwanishe gesê.
“In ons brief aan haar sal ons dit duidelik maak dat dit ʼn finale geleentheid is. Die komitee stem ook saam dat hierdie saak vinnig hanteer moet word. Dit is nie ʼn wetlike verpligting op die komitee om ʼn verdere geleentheid vir voorleggings te bied nie, maar ons doen dit in die strewe na regverdigheid.”
Die komitee het Jiba en Mrwebi vroeër tien dae gegee om voorleggings te doen en slegs Mrwebi het van die geleentheid gebruik gemaak.
Maak haar ‘n parlementslid. Sy en Glynis sal goed klaarkom he he
Glynis Breytenbach het darem morele waardes……
Wat kry mens nie maklik uit n wolkombers nie? “Say no More”!
As sy reeds vantevore 10 dae Ian’s begun is en nie daarvan gebruik gemaak het nie, waarom moet sy nog n kans gegun word????? Die Howe speel speletjied!!!!
Hoekom die hengse sirkus op belastingbetaler se onkoste as hulle weet hulle gaan haar aanhou? Moes haar al twee jaar gelede afbetaal het of die hele klug gelos het. Of…… Was dit nou haar oriëntering om ob te word?
Wat verstaan sy nie wat die hof bevind nie.
As jy nie langer welkom is nie, is dit tyd om stil-stil jou goedjies te vat en te loop.
Geen salf aan daai nadie te smeer.