Jiba hou by besluit oor Booysen

Adv. Nomgcobo Jiba voor die kommissie van ondersoek wat gelei word deur afgetrede regter Yvonne Mokgoro. Foto: Oupa Mokoena/ANA

Adv. Nomgcobo Jiba, geskorste nasionale adjunkdirekteur van openbare vervolgings, het dit nie nodig geag om die besluit om Richard Mdluli te skors, te hersien nie.

Jiba het Maandag voor die Mokgoro-kommissie van ondersoek getuig sy het dit nie nodig geag om die besluit deur adv. Lawrence Mrwebi te hersien nie ondanks bewerings van ander aanklaers dat die saak laat vaar is om Mdluli, geskorste hoof van die misdaadintelligensie-eenheid, te beskerm.

Jiba het gesê Glynnis Breytenbach, voormalige staatsaanklaer, se memorandum oor die Mdluli-saak was ongehoord en dat sy as waarnemende direkteur van openbare vervolgings, die diskresie gehad het oor wat om te oorweeg.

Die kommissie van ondersoek is op die been gebring om te bepaal of Jiba en Mrwebi geskik is om hul poste te beklee.

Jiba is Maandag tydens kruisondervraging deur Nazreen Bawa, getuienisleier, gevra oor die redes hoekom Breytenbach geskors is. Jiba het gesê die besonderhede rondom die kwessie is nie aan haar bekend nie.

“Maar jy het dan die besluit geneem om haar te vervolg,” het Bawa gesê. “Ja, gegrond op die aanbeveling van adv. Mrwebi,” het Jiba geantwoord.

Jiba is ook uitgevra oor haar besluit om Johan Booysen, voormalige hoof van die Valke in KwaZulu-Natal, van rampokkery aan te kla. ʼn Hof het vroeër teen Jiba bevind, maar sy het Maandag volgehou daar was niks onwettig aan haar besluit nie.

Sy het verduidelik Booysen se beheer oor die Cato Manor-eenheid vir ernstige en gewelddadige misdaad het hom die bestuurder van ʼn onderneming gemaak wat haar besluit gevorm het om die aanklagte teen hom te magtig.

“Hy kan nie sê hy het nie geweet nie, dit was nie die eerste moord nie. Die patroon van hierdie polisiebeamptes wanneer hulle die wet afgedwing het om verdagtes voor die howe te bring, is nie wat van die Suid-Afrikaanse Polisiediens verwag word nie,” het Jiba gesê. Die saak is tot Woensdag uitgestel.

Booysen is daarvan beskuldig dat hy “moordbende” vir eie gewin bedryf het terwyl hy aan die hoof gestaan het van die Cato Manor-eenheid.

Booysen ontken steeds alle bewerings. Hy hou vol dat hy ’n teiken is omdat hy korrupte sakelui in KwaZulu-Natal ondersoek het en die NVG sy storie verander het na gelang van wie aan die hoof van dié instelling is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Wielspore ·

Toe Jiba haar eerste woorde opper gedurende die ondersoek kan mens dadelik agterkom sy skuil agter die waarheid en blameer al die ander mense, duidelik uit die Zuma geledere.

Hoe nou... ·

Sluit almal toe – van ministers tot President. Miskien en net miskien sal die land in die regte rigting begin beweeg.

Hettie ·

Vrou is so vermetel !sy het die kuns om te lieg vervolmaak !

Jerry ·

Komaan Booysen, sit net een bewys op die tafel wat impliseer dat Jiba, Zuma, die hoof van NVG, of dalk al drie van hulle, bande gehad het met die korrupte sakelui wat jy ondersoek het en dan kan jy mos hulle doppie klink!

Frikkie Geld en huis ·

Booysen het al meer as genoeg bewyse op die tafel gesit, maar ‘n ANC lid, van watter faksie ookal, se doppie word nie maklik geklink nie. Hulle beskerm mekaar met mening.

Carl ·

Wat n irrasionele besluit tov Genl Booysen. Volgens haar redenasie, moet elke SAP Kommissaris en Ministers van Polisie, inderdaad ook gearresteer word vir al die moorde wat al gepleeg was deur dienende polisiebeamptes. Daar is en was geen stawwende bewyse teen die Genl Booysen nie. Dui haar antwoord dus nie juis op onbevoegdheid nie?

Manie ·

Die vrou is n voorbeeld van wat gebeur as n regering BEE toepas.

Marinda ·

Wonder wie intimideer haar om nie haar besluit te verander nie? Dis die vraag wat gevra moet word. Ek vra maar net.

John ·

…. ja, dis die wit mense, en net die wit mense wat die probleem is… is die eeue oue vals deuntjie wat deur diegene wat wil doen wat hulle wil doen, dreunsing.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.