Jiba, Mrwebi finaal gepos

Advokate Nomgcobo Jiba en Lawrence Mrwebi (Foto’s: ANA)

Adv. Nomgcobo Jiba en adv. Lawrence Mrwebi is finaal uit die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) geskop.

Die parlement en die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) het Dinsdag in afsonderlike sittings ooreengekom op dié besluit.

Dit volg nadat die parlementêre portefeuljekomitee oor justisie en korrektiewe dienste ook vroeër verlede week aanbeveel het dat Jiba nié weer as adjunk-nasionale direkteur van openbare vervolging heraangestel word nie, en ook Mrwebi nie in sý voormalige pos as spesiale direkteur van openbare vervolging nie.

ʼn Kommissie van ondersoek onder voorsitterskap van oudregter Yvonne Mokgoro het reeds in April bevind het dat Jiba en Mrwebi albei deur pres. Cyril Ramaphosa uit hul poste ontslaan moet word. Hy het hulle daarna die trekpas gegee.

Mokgoro het bevind dat albei ongeskik is vir hul poste, dat hulle oneerlik is, dat hul integriteit bedenklik is en dat hul werk nie van die nodige vlakke van professionele etiek, deursigtigheid en verantwoordbaarheid getuig nie.

In Mrwebi se geval was die kommissie spesifiek striemend oor sy rol in die uiters bedenklike terugtrek van klagte teen die voormalige hoof van misdaadintelligensie in die polisie, Richard Mdluli, wat ʼn voorste kornuit van oudpres. Jacob Zuma was.

Ingevolge wetgewing moes die parlement oorweeg of die president se besluit gehandhaaf moes word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

thelsa ·

Hulle gaan nou seker privaat praktiseer en die publiek verder beroof

JohanR ·

Hoop die 275 mense of nog meer, wie se lewens hierdie twee gemors verwoes het, vat hulle nou hof toe? Ek weet General Johan Booysen, en die soegenaamed Cato Manor Death Squad kan nie wag nie.

Racketeering and murder charges against the so-called Cato Manor ‘death squad’ were dropped in the Durban High Court. The accused cops claim the prosecution was aimed at protecting compromised politicians.

Sê-maar-net ·

Is hulle ook as advokate van die rol geskrap? Dis wat gebeur as jy bv. as predikant of onderwyser, en baie ander professionele beroepe drooggemaak het.

Lou ·

Dit is baie goeie nuus maar klink amper te goed om waar te wees. Is daar iewers ‘n vangplek waarvan ons nie weet nie? Ek meen hulle is immers swart so daar moet seker versagtende omstandighede wees. O ja hulle kry seker lewenslank staats pensioen gelykstaande aan hulle salarisse.

Boerseun ·

Ek kan net my kop skud en wonder hoe die twee in die eerste plek advokate geword het.

Leon Dormehl ·

En ja, so braai kierantjies ook uit soos die ou mense gesê het.

Hans ·

Nou moet die SIU en HAWKS toeslaan, hulle het baie van die openbare fondse doelmatig verkwis.

Frik ·

Nou is die volgende logiese stap om die tweetjies van die rol van Advokate te skrap vir altyd.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.