Jiba, Mrwebi se toekoms nou in parlement se hande

Advokate Nomgcobo Jiba en Lawrence Mrwebi (Foto: ANA)

Die parlement moet nou oorweeg of Nomgcobo Jiba en Lawrence Mrwebi in die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) heraangestel moet word.

Die portefeuljekomitee oor justisie en korrektiewe dienste en die verkose komitee oor sekuriteit en justisie het Woensdag ʼn inligtingsessie van die parlement se regsdienste ontvang oor hoe die prosedure moes verloop om Jiba en Mrwebi uit hul poste te verwyder – dít op die president se aanbeveling.

Die komitees is aangesê dat dit nie die parlement se plek is om die ondersoek in die bevoegdheid van Jiba en Mrwebi te heropen nie aangesien die ondersoek vroeër vanjaar deur die Mokgoro-kommissie gedoen is.

Maroela Media het vroeër berig ʼn kommissie van ondersoek onder voorsitterskap van oudregter Yvonne Mokgoro het in April bevind dat Jiba, adjunkdirekteur van nasionale vervolging, en Mrwebi, spesiale direkteur van openbare vervolgings, albei deur Ramaphosa uit hul poste ontslaan moes word. Hulle is daarna die trekpas gegee.

Volgens wetgewing moet die parlement nou oorweeg of Jiba en Mrwebi heraangestel behoort te word.

Die komitees het gehoor dat dit sy werk is om slegs na te gaan of die president se uitvoering van die uitvoerende gesag binne die raamwerk van die wet gedoen is en of daar enige gronde is om Jiba en Mrwebi her aan te stel.

Luidens ʼn verklaring wat deur die komitees uitgereik is, moet hulle nou verskeie dokumente, onder meer ʼn brief en ondersteunende dokumente deur die president, indien waarin hy sy redes agter die afdanking verduidelik. Die Mokgoro-verslag en voorleggings van Jiba en Mrwebi moet ook ingedien word.

Die parlement sal dan binne 30 dae of so gou moontlik daarna tot ʼn besluit moet kom oor die twee se toekoms.

Bulelani Magwanishe en Shahidabibi Shaikh, die onderskeie voorsitters van die komitees, het in die verklaring aangedui dat hulle op ʼn later stadium wil vergader waarna ʼn besluit geneem sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

13 Kommentare

jongste oudste gewildste
leser

waar gaan cr tyd kry om die verslae te lees en terugvoering daaroor te gee, hys meer in die buiteland as by sy eie huis

Millies

Nee regtig!! As jou eie president van jou land jou onbevoeg vind en jou die trekpas gee, dan moet jy mos waai Meraai! Soveel tyd en geld word gemors op bollie…

ne

cr sal hulle seker weer aanstel – hulle kleur is mos reg!

marco polo

Die justisiekomitee voorsitter is een van Ace/Zuma se manne…

Stefan

Straf hulle hard – maak hulle Ambassadeurs in beskaafde lande. Dis mos die styl van die ANC.