Jiba-ondersoeker se kontrak beëindig

Adv. Nomgcobo Jiba. Foto: GovernmentZA/Flickr

Adv. Nomgcobo Jiba. Foto: GovernmentZA/Flickr

Kol. Marthinus Botha, wat betrokke was in die ondersoek na adv. Nomgcobo Jiba, adjunkhoof van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), se dienskontrak is beëindig.

Lt.genl. Solomon Makgale, woordvoerder van die polisie, het gesê Botha se kontrak, wat aanvanklik op 30 Junie tot ʼn einde sou kom, is beëindig weens moontlike wangedrag. Volgens Makgale het Botha in die geheim beamptes van die NVG ontmoet en opdragte van hulle aanvaar sonder om die ondersoekbeampte en sy bevelvoerder, genl.maj. Norman Taioe, in kennis te stel.

“Die bestuur van die SAPD is baie teleurgesteld dat kol. Botha hom tydens die ondersoek op ʼn onprofessionele wyse gedra het. Sy gedrag het nie net blatant sy hoofde ondermyn nie, maar ook die potensiaal om die ondersoek in gedrang te bring. Hierdie optrede het die verhouding tussen kol. Botha en die SAPD onherstelbaar beskadig.”

Volgens Makgale het Botha twee jaar gelede afgetree, maar is deur die SAPD aangestel om te help in die ondersoek na Jiba weens sy jare lange ondervinding as ondersoeker van ernstige en gewelddadige misdade. Botha was onder meer betrokke in die ondersoeke na die Oscar Pistorius-saak, bloulig-rooftogte in Gauteng en renosterstropery.

Jiba word van bedrog en meineed aangekla.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

CHRISTA ·

Probeer hulle nou weer van ‘n polisieman ontslae raak omdat hy suksesvol is in sy ondersoeke? Dit lyk my hulle stel iemand aan om misdaad te ondersoek, maar bid dat hy dit nie regkry nie!!!

Kaptein (Afgetree) Paulus N Antonio ·

Sorg net, dat jy jou goue handdruk van hulle kry. Gaan rus, en doen jou eie ding.

zahn ·

En dis hoe jy afgetree het as kaptein, en nie kolonel nie, nê? Kllarblyklik het jy nie die hele berig gelees nie, Kol Botha het twee jaar terug alreeds afgetree, hy doen sy eie ding, hy help met die ondersoek. Persoonlik dink ek hy het te naby aan die waarheid gekom, dis hoekom sy kontrak beëindig is. Of, aan die ander hand, vorentoe sal sy bevindinge onder ‘n ander persoon se naam uitgebring word, wat niks met die ondersoek te doen gehad het nie, maar bevorder MOET word..

Renate Barnard ·

“Die bestuur van die SAPD is baie teleurgesteld dat kol. Botha hom tydens die ondersoek op ʼn onprofessionele wyse gedra het. Sy gedrag het nie net blatant sy hoofde ondermyn nie, maar ook die potensiaal om die ondersoek in gedrang te bring. Hierdie optrede het die verhouding tussen kol. Botha en die SAPD onherstelbaar beskadig.” Hoeveel keer het me Phiyega haar nie op ‘n onprofessionele wyse gedra nie???? Haar arrogansie voor die Portefeulje kommittee oor polisie, haar blatante leuens voor die Farlam kommissie en haar optrede toe sy Lamoer onregmatig in kennis gestel het van ‘n ondersoek teen hom. Maar sy sit steeds in die hoogste pos in die SAPD!!! Hier is verseker politieke inmenging om Jiba en kie te beskerm. Dit maak mens siek tot in jou siel. Kolonel Botha, lig jou kop op en WEET reg en geregtigheid sal op die ou end seevier.

Ghost ·

Hoeveel minister ens moet nie maar ook afbetaal word nie, want nie een doen wat hulle eintlik moet doen nie. Elkeen het sy eie agenda.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.