Die eerste besending van Johnson & Johnson se Covid-19-entstof kom glo vandag (Dinsdag) in Suid-Afrika aan. Die eerste inentings onder gesondheidswerkers sal na verwagting reeds Woensdagoggend afskop.
“Hierdie keer gaan dit werk,” het dr. Angelique Coetzee, nasionale voorsitter van die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging (Sama), vroeër vandag in ’n onderhoud met eNCA gesê.
Coetzee is oortuig dat die eerste fase van Suid-Afrika se inentingsprogram teen Covid-19 môre sal afskop.
Popo Maja, nasionale woordvoerder van die departement van gesondheid, het by navraag aan Maroela Media gesê die departement sal later vanmiddag kan bevestig of dit wel die geval is.
Volgens Coetzee sal tweederdes van die eerste 80 000 entstofdosisse aan die openbare sektor verskaf word en ’n derde aan die private sektor.
Spesifieke hospitale in al nege provinsies, waar die inenting van gesondheidswerkers sal plaasvind, is reeds geïdentifiseer. Dié hospitale sluit in:
Provinsie | Hospitale |
Oos-Kaap | Livingstone-hospitaal (Port Elizabeth) Nelson Mandela- akademiese hospitaal (Mthatha) |
Vrystaat | Pelonomi-hospitaal (Bloemfontein) Universitas-hospitaal (Bloemfontein) |
Gauteng | Chris Hani Baragwanath-hospitaal (Johannesburg) Steve Biko- akademiese hospitaal (Pretoria) |
KwaZulu-Natal | Inkosi Albert Luthuli-hospitaal (Durban) Prince Mshiyeni-gedenkhospitaal (Umlazi) |
Limpopo | Polokwane-hospitaal (Polokwane) Mankweng-hospitaal (Polokwane) |
Mpumalanga | Rob Ferreira-hospitaal (Nelspruit) Die staatshospitaal in Witbank |
Noordwes | Die staatshospitaal in Klerksdorp Job Shimankana Tabane-hospitaal (Rustenburg) |
Noord-Kaap | Robert Mangaliso Sobukwe-hospitaal (Kimberley) |
Wes-Kaap | Groote Schuur-hospitaal (Kaapstad) Tygerberg-hospitaal (Kaapstad) |
Huisdokters van privaat praktyke wat die entstof wil ontvang, sal oor die volgende twee Sondae ingeënt word, het Coetzee gesê. “Dit is vir eers uiters belangrik dat algemene praktisyns en ander gesondheidswerkers so gou moontlik ingeënt word.”
Maroela Media het vroeër berig Suid-Afrika se eerste besending van die die AstraZeneca-entstof het sowat twee weke gelede in Suid-Afrika aangekom. Die entstofprogram is kort daarna tydelik opgeskort nog voordat dit kon begin, nadat navorsing gewys het die AstraZeneca-entstof het moontlik nie dieselfde doeltreffendheid teen die 501Y.V2-variant nie.
Die Johnson & Johnson-entstof se doeltreffendheid teen die Suid-Afrikaanse variant van die virus is reeds bewys.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
11 Kommentare
Gaan ons weer die presidensiële vertoon teen hoë koste ervaar? Vertrou die entstowwe is meer effektief?
Soh, nou is die streng toets proses nie nodig nie, dit is bietjie verwarrend, want het hulle nie gereken “alle” medikasie moet eers getoets word voor ons dit genruik nie….
Hoop die besending is nie vrot nie?
Nou waar is die massiewe hoe-ha hieroor? President en al? Jammer, maar na Angelique Coetzee openlik gesê het as jy kies om nie die entstof te neem nie, en later mediese hulp benodig, moet jy weet jy stel dr’s ook in gevaar, dus moet jy mooi dink (oop einde om jou eie afleidings te maak) het ek geen belang in haar opinie nie. Sy het hare, ek het myne.
Ok, en die 14 dae toetsfase soos met vorige lot????
Hoekom nou skielik nie nodig nie???