‘J&J is veilig’ hou Sahpra vol

Die Johnson & Johnson-entstof (Foto: Justin Tallis/AFP)

Die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte (Sahpra) hou voet by stuk dat die Johnson & Johnson-entstof teen Covid-19 veilig en doeltreffend is.

Dit staan in teenstelling met die Amerikaanse kos-en-medisyne-owerheid (FDA) se gevolgtrekking dat die risiko van dié entstof groter is as die voordeel daarvan, tensy pasiënte nie toegang tot ʼn ander entstof het nie.

Die FDA het verlede week gesê dat die gebruik van die J&J-entstof vir eers as veiligheidsmaatreël in die VSA beperk word, weens ʼn moontlike verband tussen dié entstof en ʼn seldsame soort bloedstollingsindroom.

In ʼn verklaring sê Sahpra hoewel die FDA 60 bevestigde gevalle van dié bloedstollingsindroom aangeteken het, hou dit nie ʼn nuwe risiko in nie, aangesien die voorvalle al in Maart verlede jaar aangemeld is.

Saphra het die gebruik van die J&J-entstof op 31 Maart verlede jaar vir mense ouer as 18 jaar goedgekeur. Die aanvulling (booster), ook vir mense ouer as 18 jaar, is nege maande later goedgekeur.

Luidens Sahpra se verklaring word die risiko van die vermelde bloedstollingsindroom, bekend as trombositopeniesindroom (TTS), onder meer op die pasiëntinligtingsblad vir die J&J-entstof verskaf en verduidelik. Die sindroom word ook spesifiek as ʼn ongewenste newe-effek gelys.

Sahpra sê hy is oor vier gevalle van dié sindroom in Suid-Afrika ingelig, terwyl meer as 8,5 miljoen dosisse van die entstof al toegedien is.

“Twee gevalle wat van die Sisonke-inentingsprogram aangemeld is, is as TTS bevestig en dié mense het ten volle herstel. Die oorblywende twee gevalle word nog ondersoek. Sahpra sal verdere inligting met lede van die publiek deel sodra die ondersoeke afgehandel is.”

Sahpra sê die owerheid het in ooreenstemming met die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO), asook die Europese Medisyne-agentskap (EMA) vasgestel dat die bekende voordele van die J&J-entstof vir die voorkoming van Covid-19 aansienlik swaarder as die bekende en potensiële risiko’s weeg.

“Sahpra gaan voort om die doeltreffendheid van die entstof teen kommerwekkende variante te moniteer, asook die veiligheid daarvan.

“Die J&J-entstof bly doeltreffend om ernstige siekte en hospitaalopname weens Covid-19 te verminder.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Swerwer ·

Dankie maar nèè dankie, nie weer ‘n inenting en beslis nie die booster nie, ek was siek genoeg van die 2 spuite .

Misky ·

Baie dankie Saphra, maar julle kan steeds myne hou asook al die opvolg boosters.

Nie Verbaas ·

En ons moet julle glo? Ons is bewus van hoeveel entstof binnekort verval. Goeie probeerslag Saphra.

Carin ·

J&J was nog altyd meer oop met hul data. Pfizer aan die ander kant… As daar nou een is wat gehalt moet word dan is dit Pfizer.

Trotse Boervrou ·

Meer oop maar nie heeltemal nie. Ongelukkig nie…

Bernard ·

Sal my moet jaag en vang. Toets dit op Squirrel se kabinet.

jou gewete ·

hulle is almal gespuit met groot dekking want dit lyk goed vir die wereld

Pietertjie ·

Dus, SAHPRA weet beter as die vervaardigers van die produk.

jou gewete ·

die hoeveelhede wat wel siek word volgens statistieke wat wel uitkom is laag maar dit is ook waar dat meeste kenners destyds gewaarsku het na 2 jaar sal probleme kom endis nog nie twee jaar nie. Elk geval is ek dood gelukkig sonder enige spuite. Ek vat maar my kans teen die virus

Suzette ·

Ek vat ook my kans teen die virus dankie. Voel in elk geval veiliger daar sonder.

Papsak ·

Ek se weer niks van die stof of booster werk nie maak wat julle wil hou verby

Miskruier ·

Komaan mense daai nuwe vaksien fabriek wag vir bestellings. sic

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.