JJ Peters vir psigiatriese waarneming gestuur

Jay Peters tydens ’n vorige verskyning in die Nelspruit-landdroshof. (Foto: Mariska Nanni / Maroela Media)

Jay (JJ) Peters (26), die jong man wat vir die moord op sy ouma, Sannie Strydom Kilmister (68), in Mbombela teregstaan, sal psigiatriese waarneming in ʼn hospitaal ondergaan voordat sy verhoor kan begin.

“Die staat sal vir die uitkoms van die psigiatriese waarneming wag om vas te stel of hy geskik is om verhoor te word. Dit volg nadat die verdediging ʼn aansoek vir dié [waarnemings]proses ingedien het,” het Monica Nyuswa, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, aan Maroela Media gesê.

Die saak is tot 27 Maart uitgestel en Peters sal deurentyd steeds in aanhouding bly.

Peters word daarvan beskuldig dat hy Kilmister in Februarie verlede jaar op ʼn kleinhoewe in Cromdale vermoor het.

Hy het in Maart verlede jaar aangedui dat hy om borgtog wil aansoek doen, maar dit op die nippertjie laat vaar toe die hofverrigtinge begin het.

Benewens moord word Peters ook van opsetlike saakbeskadiging en regsverydeling aangekla. Daar word beweer dat hy en sy ouma op die dag van haar dood ʼn hewige woordewisseling gehad het, waarna Kilmister aangerand en vermoor is.

Peters het ten tyde van die voorval by sy ouma gewoon en is dieselfde dag op die toneel in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

marius ·

Wag ‘n jaar lank voor hulle besluit om hom te stuur vir waarneming ?

Phillip ·

Als gaan van dag oor virstraasie Bv. Moorde inbraak verhoogde brandstof pryse verhoogde voorafbetaalde krag verhoogde huis huur rentekoers wat styg geld wat daar nie meer is nie en dan wil n mens geld leen en kry jy n nee en jy knak op daai oomblik

marisa ·

Ek beleef elke dag FRUSTRASIE maar het nog nooit aan moord gedink nie!!

Lillian ·

Nou hoekom moet hy vir waarneming gestuur word, daar’s niks verkeerd met hom nie, Hy moet eintlik net gehang word, in die openbaar.

Ettienne ·

Waarnming? Sielkundiges en die psigiatrie skep verskonings vir bloot wat as immorele gdrag beskou kan word. Oningeligte regters word mislei deur die gevleuelde niksseggende akademiese woorde van die proffessies . Die meeste theories waarop die sielkindiges en psigiaters hulle beroep is of ongetoets of berus op gebrekkige navorsing. Sela.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.