JMPD-lede vas oor diefstal, verkope van ammunisie

(Foto verskaf deur die JMPD)

Die bestuur van die Johannesburgse metropolisie is ontsteld en teleurgesteld ná twee beamptes en ʼn lid van die publiek in hegtenis geneem is vir diefstal en onwettige handeldryf in departementele vuurwapenammunisie.

“Die departement se eenheid vir interne sake het Vrydag ʼn wenk van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke) ontvang. Hulle het ʼn lid by ʼn skietbaan in Randfontein in hegtenis geneem,” sê Xolani Fihla, woordvoerder van die JMPD.

“Die operasie het die polisie tot ʼn man gelei wat ʼn JMPD-lid aan hulle uitgewys het, glo sy makker. Die JMPD-lid het die tweede beampte uitgewys wat glo die verskaffer van die ammunisie is.”

Die tweede JMPD-lid is naby The Glen Mall in Oakdene in hegtenis geneem. Altesaam 5 400 patrone is in sy besit gevind.

Al drie verdagtes is in hegtenis geneem en was in aanhouding by Moffatview-polisie. ʼn Interne ondersoek is ook by die JMPD van stapel gestuur.

“Die drie is later na Johannesburg-Sentraal-polisie oorgeplaas. Hulle sal na verwagting Maandag in die Johannesburgse landdroshof verskyn.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Christine ·

Skokkende optrede van die polisiemanne. Hulle gaan lank sit, want hulle is blank. Leef jou lewe reg, en die dinge gaan nie met jou gebeur nie. As jy blank is in SA, kom jy met niks weg nie. Onthou dit. Dis al wanneer die wet werk.

Waarnemer ·

Kla hulle sommer aan as medepligtiges tot moord want daardie rondtes wat hulle verkoop het gaan wel gebruik word om iemand te vermoor….blank of de not,die wetters hoort lank agter tralies te wees.

Charl ·

Niks nuut nie, dis mos maar aan die orde (wátse orde??) van die dag.

Swerwer ·

Pragtig…………………dit is mos hoe dit in hierdie land gedoen word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.