JMPD soek geregtigheid ná moord op beampte

Argieffoto

Die Johannesburgse metropolisiediens (JMPD) sê hy sal geen steen onaangeroer laat om te verseker dat die moordenaars van een van sy beamptes aan die pen ry nie.

ʼn JMPD-veiligheidsbeampte is Vrydagaand in Tshepisong in Soweto doodgeskiet. Die slagoffer is as die 48-jarige Robert Ngoveni geïdentifiseer.

Volgens Xolani Fihla, woordvoerder vir die JMPD, was Ngoveni aan diens en het hy omstreeks 22:00 patrollie gery. Hy was op pad om inspeksie by ʼn munisipale terrein te gaan doen.

“Daar word beweer dat drie onbekende aanvallers Ngoveni doodgeskiet het en met sy selfoon, beursie en die sleutels van sy patrollievoertuig op die vlug geslaan het.”

Ngoveni is in sy agterkop geskiet en is op die toneel deur nooddienswerkers dood verklaar. “Die JMPD betuig sy innige meegevoel met Ngoveni se familie en veroordeel die voorval ten sterkste.”

ʼn Saak van moord is by die Kagiso-polisie aanhangig gemaak. Die JMPD verskaf bystand aan die polisie in sy ondersoek na die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Casper ·

Welkome to banana land my fellow South Africans.This is what happens when a country is ruled by criminals by a government filled with criminals,and a police minister who has lost touch with reality.If there is any one out there who thinks the situation in banana land will improof stand stil for a while and think again.

Madz ·

Ek verstaan 100% dat die JMPD bitter graag die moordenaar/s van sy beampte sal wil opspoor en laat boet vir die daad….. maar so voel al die ander duisende vermoorde Suid-Afrikaners se naasbestaandes.

Swerwer ·

Net so is dit die plig van die SAPD om geen steen onaangeroer te laat wanneer dit by enige moord wat plaasvind op te tree. SAPD lede is nie verhewe bo die res van hierdie land se inwoners nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.