Jo Black ondergaan operasie

Jo Black (Foto: Facebook)

Die sanger Jo Black het Sondag ʼn dringende nekoperasie ondergaan.

Flagship Productions, die agentskap waarby Jo betrokke is, het in ʼn verklaring bevestig die operasie was suksesvol. “Jo sal oor die volgende paar weke aansterk en ons bedank almal dat hulle sy privaatheid sal respekteer.”

Debbie, Jo se vrou, het vroeër almal bedank wat die gesin ondersteun. “Vandag wil ek vir elke persoon dankie sê vir elke gebed en elke boodskap, ons harte is vol! Hoe bevoorreg is ons gesin nie, dat soveel duisende mense ons ondersteun. Die liefde wat ons ervaar is oorweldigend. Woorde is eintlik te min om te beskryf wat dit vir ons beteken. Uit my hart uit dankie.”

Jo Black moes alle vertonings vir die res van September kanselleer nadat dokters aangedui het die operasie moet dringend uitgevoer word. Die sanger moes ʼn nekoperasie ondergaan nadat twee van sy nekwerwels gedisintegreer het. Sy stembande was egter ook in gedrang.

Spesialiste het Vrydag bevestig dat Jo dringend die operasie moet ondergaan, aangesien selfs ʼn klein stampie tot permanente verlamming kon lei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Marietjie ·

Ons bid vir volkome herstel vir Jo. Mag ons liewe Heer met hom wees elke tree van hierdie pad.

leser ·

jb, sterkte en spoedige herstel word jou toegebid
luister na die dokters se bevele

Deidre Le Roux ·

Debbie wees verseker van vaie gebede wat vir julle opgaan en julle hierdeur sal dra. Ons dien ‘n grotte en almagtige Here. Sterkte vir julle almal. Xx

Wilma ·

Alle Eer kom God toe vir suksesvolle operasie. Sterkte Joe Black en sy gesin.

Marinda ·

Wonderlik. Sterkte, hy is binnekort weer op die been. Luister na die Dr’s en bly positief. Medisyne is deesdae baie gevorderd.

Theresa B ·

Dis wonderlik om te hoor die operasie was suksesvol. Jo, nou moet jy dit rustig vat. Onthou die Here ken sy kinders. Met soveel gebede en ondersteuning kan dit nie anders as volkome herstel nie. Sien uit na die shows vorentoe. Debbie, jy is ‘n vrou en mamma duisend.

Magda ·

Jo jy is in my gebede. Hef altyd jou oë op na die Vader. Hy sal jou hierdeur dra.

belinda ·

sterkte jo, glo net aan god, jy is ‘n yster, sterkte aan sy famielie

Santie ·

Ons is dankbaar saam met julle dat die operasie suksesvol gedoen is. Ons wens jou ‘n spoedige herstel toe, en nog jare van musiekmaak.

dolphin ·

word gou gesond Jo black mag die Here vir jul in gebede en vir familie .wil graag vir jou luister .:-)

chantel ·

nee wat jo black jyt glad nie nodig om jou te bekommer nie ons dien nie verniet n God van wonderwerke nie glo my almal sal verbaas staan die Here is en bly in beheer makie saak wat nie sterkte hou jou in ons gebede vertrou net volkome op hom met jou Hele hart

Ben ·

Hierdie nek operasie is jou Goliat. Onthou om 5 klippies op te tel vir hom en sy broers. Baie Sterkte en fokus op jou geloof.

Hallelujah ·

Ons gebede gaan uit na Jo – God se hand is oor hom en sal Hom en sy familie deur als vat, want Hy is ‘n getroue God. Amen Amen Amen

Daleen pennekan ·

Bid vir jou volkome herstel en sterke aan Debbie en kids.

Van . Gallie gesin

Lindie van Tonder ·

Sterkte Jo, hoop jy word gou gesond. Wees positief en luister na die dokters. Word gou gesond.

ZeeBee ·

Spoedige Beterskap sodat jy jou lewensdroom kan leef en binnekort weer sal kan sing !

Besorgd ·

Baie sterkte Jo, jy en jou gesin is in ons gebede. Ons weet dat die Hemelse Vader jou sal beskerm met die pad vorentoe, jou werk is nog lank nie klaar nie en jy bring soveel inspirasie vir mense rondom jou. Weereens sterkte en soos leser bo gese het onthou jy is Dawid.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.