Jody Wayne sterf 

Jody Wayne. (Foto: Facebook / Die Suid Afrikaanse Legendes-museum)

Die sanger Jody Wayne is Dinsdag in die ouderdom van 77 dood. Wayne het die afgelope ruk met sy gesondheid gesukkel, hoewel die presiese oorsaak van sy dood nie in dié stadium bekend is nie.

Die Suid-Afrikaanse Legendes-museum het die nuus vroegoggend op hul Facebook-blad gedeel.

“Sy onlangse TV-opname vir ons reeks “Die Huis Van Legendes” wat op 26 Januarie 2022 opgeneem is, sal later vanjaar uitgesaai word. Hy het ook “Patches” vir ons gesing.

Shaun Mynhardt en Jody Wayne in Januarie vanjaar. (Foto: Facebook / Die Suid Afrikaanse Legendes-museum)

“Dit was sy heel laaste TV-opname en ons is dankbaar dat hy dit kon doen al was hy toe al siek,” lui die inskrywing.

Wayne, oftewel Little Jo, was ’n vervaardiger, liedjieskrywer en vermaakster. Hy het langer as 60 jaar professioneel opgetree.

Hy het sy eie TV-program, Little Jo & Travellers in Rhodesië aangebied en saam met sterre soos Chet Atkins, Floyd Cramer en Jim Reeves getoer. Wayne spog met meer as 47 goue en platinum albums.

“Patches”, “The Wedding” en “Sixteen Candles” was van sy grootste treffers.

“Dankie vir die musiek en al die goeie herinneringe,” het Shaun Mynhardt, stigter uitvoerende hoof van die Legendes-museum, gesê.

Jody Wayne in sy jonger dae. (Foto: Facebook / Jody Wayne)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Perdeby ·

Ag nee dis nou baie slegte nuus, was en is nog steeds baie mal oor sy musiek gewees.

piet ·

Daar was twee Patches liedjies gewees. Patches en ek dink die opvolg was A Picture of Patches as ek reg onthou. Dis darem nou jare terug. Dit en The Wedding was baie gewild.

Sandra ·

Baie hartseer dag vir SA. Shame, en hy lyk glad nie gesond op die foto nie. Rus in vrede

Annamarie ·

Rus Sag Jody!! Dankie vir al die goue treffers. “The wonder of your love” , is baie “special”

sonneblommekie ·

Ai, wat ‘n hartseer dag. Groot musieklegende gewees van my kinderdae af.
Tyd het aangebreek vir al die gewilde groot-bome om te val – S A D !!
Rus in Vrede Jody. Ek sal altyd jou musiek koester.

Pokkels ·

En wat van sy pragtige lied: Tell Laura I love her, ja, Patches en Picture of Patches en Wedding en Tell Laura I love her……groot treffers toe ek nog ‘n jong vrou se klere gedra het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.