Joemat-Pettersson stel taakspanne aan

Pelindaba-kernkragnavorsingstasie wes van Pretoria Foto: NJR ZA gelisensieer onder CC 3.0 via Wikimedia Commons

Pelindaba-kernkragnavorsingstasie wes van Pretoria Foto: NJR ZA gelisensieer onder CC 3.0 via Wikimedia Commons

Tina Joemat-Pettersson, minister van energie, het taakspanne aangestel om bewerings teen die Suid-Afrikaanse Kernkragkorporasie (Necsa) en die nasionale radioaktiewe afvalverwyderingsinstituut (NRWDI) te ondersoek.

“Hierdie uitdagings belemmer die groter mandaat van albei instansies,” het haar woordvoerder, Zodwa Visser, in ʼn verklaring gesê.

Die ondersoek volg nadat verskeie klagtes en bewerings ontvang is wat verband hou met ernstige wanbestuur.

Joemat-Pettersson het gesê die besware moet ondersoek en opgelos word gegewe die belangrike rol wat hierdie twee instansies speel.

Die taakspan sluit personeellede van die departement van energie, die departement van minerale hulpbronne, die departement van internasionale betrekkinge en samewerking, en die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika.

Die taakspan sal na verwagting voor of op 31 Maart 2015 die verslag by die minister indien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

scalla ·

Want sy is onbevoeg vir haar job soos al die vorige mislikkings wat plaasgevind het. Loop hulle met oogklappe. n donkie stamp nie sy kop 2 keer teen dieselfde plek nie.

Kitsie ·

Alles waaraan Tina raak of waar sy betrokke is is gewoonlik ‘n bokkerop

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.