Joernalis gaan polisie toe ná EFF-dreigemente

Karima Brown.

Die veteraanjoernalis Karima Brown sal aanklagte by die polisie en die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) teen die EFF aanhangig maak nadat sy deurgeloop het onder verbale mishandeling van Julius Malema en sy ondersteuners.

“Ek sal ʼn amptelike klag by die OVK indien. En by die polisie,” het Brown gesê.

Sy meen die EFF oortree die gedragskode van die OVK, soos vervat in die Verkiesingswet, wat dit stel dat partye nie taal mag gebruik wat geweld aanhits nie en dat partye voor, gedurende en ná die verkiesing die rol van die media moet respekteer.

“Ons moet die OVK vra hoe so ʼn party op die stembrief kan wees. Die party dreig joernaliste. Die party moedig sy ondersteuners aan om verkragtingsdreigemente en dreigemente van seksuele aanranding te maak. Dit wil voorskryf wat ek as joernalis kan doen,” het sy gesê.

“[Die EFF] teister vroue. Die party val ons letterlik aan. Hoe kan so ʼn party toegelaat word om deel te wees van ʼn grondwetlike demokrasie? Dit is die fundamentele vraag.”

Partye wat die OVK se gedragskode oortree se registrasie vir die verkiesing kan teruggetrek word. Die vraag of die EFF verbied moet word om aan die verkiesing deel te neem is reeds verlede jaar deur mediavryheidsaktiviste geopper nadat Malema voorgesette aanvalle op joernaliste uitgevoer het, insluitend Brown, News24-redakteur Adriaan Basson en die Tiso Blackstar-joernalis Ranjeni Munusamy.

Die jongste aanval op Brown het begin nadat Malema haar op Twitter daarvan beskuldig het dat sy “spioene” na ʼn veldtogvergadering gestuur het wat die EFF met sy “oudstes” in Ekurhuleni se Wyk 6 gehou het. Brown wou inligting oor die geleentheid na kollegas by eNCA stuur, maar het dit per ongeluk na die EFF se WhatsApp-groep gestuur.

Malema het daarop gereageer deur Brown se selfoonnommer te publiseer, wat daartoe gelei het dat EFF-ondersteuners ʼn vlaag van verbale mishandeling, beledigings en dreigemente op haar losgelaat het. Sy is selfs met verkragting en aanvalle gedreig.

Die EFF-leier, Julius Malema. Foto: ANA

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) het met skok gereageer oor die boodskappe wat aan Brown gestuur is en geëis dat sy om verskoning gevra word. Mbuyiseni Ndlozi, die EFF se woordvoerder, het egter bloot ʼn verklaring uitgereik en Brown as ʼn “ANC-werker” bestempel.

“Die EFF sê al lank dat Karima Brown nie ʼn joernalis is nie, maar ʼn openlik erkende ANC-werker. Alle joernaliste wat werklike posisies beklee en wie se integriteit ooreenstem met joernalistieke etiek, moet omgee oor die rol wat Karima Brown in die media speel,” het hy gesê.

Brown sê die EFF teister vroue oor die algemeen en wil haar voorskryf vir wie sy as joernalis mag werk en hoe sy haar werk moet doen. Sy meen die party se gedrag het aanduidings van fascisme.

Sanef het op sy beurt gesê die aanvalle op Brown is deel van ʼn groter aanval op mediavryheid en Malema moet dit staak. Die forum sê Brown se boodskap was bloot ʼn standaard nuuskantoor-kennisgewing aan kollegas om te vra dat hulle ʼn oog op die geleentheid hou.

Vuyo Mvoko, eNCA se politieke redakteur, het ook in ʼn boodskap op die EFF WhatsApp-groep bevestig dat Brown ʼn weeklikse program oor politiek op die nuuskanaal aanbied. “Sy het ʼn span wat haar help om die program saam te stel. Deur die loop van die week help die span om ʼn oog te hou op gebeure in die politiek,” het hy gesê.

“Dit was ʼn versoek om die geleentheid dop te hou en niks meer nie. Die feit dat dit per ongeluk daarheen [na die EFF] gestuur is, verander nie die feite nie en regverdig nie die ongevraagde en lafhartige aanvalle op haar nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Willie ·

Die woord “Fighters” in EFF verduidelik als. Hulle verwoes net. Ken nie demokrasie nie

Snowball ·

Willie, ook net fighters waar daar nie teenkanting is nie. Tyres brand, brandende beddens by koshuisvensters uitgooi, rommel strooi en individue intimideer sal nie oorleef in ‘n ordelike samelewing met behoorlike polisie nie; ongelukkig in ons piesang republiek het leë blikke die laaste sê.

ZAR ·

Die feit dat sy gesê het “who are these elders? Are they all male?” is ‘n duidelike bewys dat sy gif gesoek het waarvoor haar kollegas moes uitkyk en waaroor die enca moet berig. Ek is glad nie ‘n EFF fan nie, maar daai boodskap bewys haar vooroordeel. Sien ons dit nie al lankal nie?
Wat belangrik is vir die hoofstroom media is nie om die waarheid te publiseer nie, maar om moeilikheid te gaan soek in die netelige goedjies soos die oor-verteenwoordiging van ‘n sekere ras of geslag. Dis die grootste probleem wat ons het met die mediahuise, die beplanning van waaroor gaan geskryf word nog voordat die besonderhede beskikbaar is.

johan ·

en net mooi niks sal daarvan kom nie want die EFF is die ANC se puppets en is gestig om die ANC goed te laat lyk

Oupa D ·

Ai, Johan, dis so waar. Die man en sy gevolg is ‘n skande vir enige gemeenskap, maar hulle vind soveel aanklank by die jong, lui en nuttelose ‘demanders’ dat hulle onaantasbaar bly. Wat ‘n tragiese spul!

BlinkStephaans ·

Me Brown… sterkte met daai een. Die eff sal op die stembrief wees al maak jy wat. Kan jy jou voorstel wat ons land sal moet deurgaan as daardie groep nie hul prentjie op die stembrief mag hê?

Diefie ·

Gg girl go. Moenie terugstaan vir enige iets nie. Trots op jou.

Jared ·

Jy besef natuurlik dat me Brown ‘n openlike ANC-ondersteuner is?

willem Botha ·

Totale mors van tyd die kastige polisie gaan die klag “ondersoek”en dit is waar dit gaan bly …hoeveel sake het malema al teen hom ,en het hy al n halfuur in n aanhoudings sel deurgebring?

Cherokee ·

Is nou maar tough as twee verskillende faksies van die vyand mekaar aanval en jy dring daarop aan om een van die twee te ondersteun.

Grys ·

Hiers die probleem, dit het al oor en oor gebeur, niks daai tyd gebeur nie, niks gaan nou gebeur nie.

Jan pierewiet ·

Daar is mos n interdik teen hom oor joernaliste wat hulle geteister het by hul huise.
Sluit toe asb. Maak n voorbeeld.
‘n Parlementslid…. afrika joh!

Ena ·

Niks sal daarvan kom nie. Hul lag vir almal wat hul wil aankla, want hul weet daar sal niks van kom nie, so hul hou net aan en aan. Maar laat dit nou een van ons wees…

George in Bloem ·

Daar sal ongelukkig soos gewoonlik net mooi niks daarvan kom nie. Hierdie rooi beret narretjie is beskermde wild. Hy en sy party is eintlik maar ‘n arm van die ANC wat gebruik word om die politieke waters te toets. Hy se en doen dinge wat die ANC eintlik wil doen en se maar nie kan nie want dit sal nie internationaal goed ontvang word nie. En die bonus is dat die ANC dan kan sien wat die reaksie plaaslik en internationaal is op die soort radikalisme. Watter ander rede kan daar tog wees vir die feit dat die ou wegkom met net mooi alles? Hulle maak ‘n absolute grap van die parlement,die masjiengeweer saak,sy aanhitsing tot grondbesetting sake,sy uitartende uitsprake en ook die talle waar hy chaos en geweld teen blankes,en boere spesifiek,aanhits en in nie een van hierdie gevalle word hy aan die bek geruk daaroor deur die ANC of die president spesifiek nie? Dis so duidelik soos daglig.Die ANC en EFF is soos vinkel en koljander……

George in Bloem ·

Daar sal ongelukkig soos gewoonlik net mooi niks daarvan kom nie. Hierdie rooi beret narretjie is beskermde wild. Hy en sy party is eintlik maar ‘n arm van die ANC wat gebruik word om die politieke waters te toets. Hy se en doen dinge wat die ANC eintlik wil doen en se maar nie kan nie want dit sal nie internationaal goed ontvang word nie. En die bonus is dat die ANC dan kan sien wat die reaksie plaaslik en internationaal is op die soort radikalisme. Watter ander rede kan daar tog wees vir die feit dat die ou wegkom met net mooi alles? Hulle maak ‘n absolute grap van die parlement,die masjiengeweer saak,sy aanhitsing tot grondbesetting sake,sy uitartende uitsprake en ook die talle waar hy chaos en geweld teen blankes,en boere spesifiek,aanhits en in nie een van hierdie gevalle word hy aan die bek geruk daaroor deur die ANC of die president spesifiek nie? Dis so duidelik soos daglig.Die ANC en EFF is soos vinkel en koljander…….

Realis ·

As ek so na die mannetjie kyk lyk dit vir my of hy dalk ook die grootoog siekte onderlede het. Sy lyf is heeltemal te maer vir iemand wat so gemaklik leef. Gee net die natuur ‘n bietjie kans.

Andreas ·

Vir hoe lank dreig die perd witmense en witboere terwyl die media sweig of dit probeer regverdig? Nou dat dit die einste media se beurt is om deur te loop wil hulle wolf skreeu?

Zumie ·

Is dit nie snaaks wanneer diep deurdrenkte linkses na jarelange gekruipery agterkom dat hulle Etopia ‘n Ethiopie is nie…..

HPV ·

Dit is maar 6% malema en sy rooi afbrekers se laaste stuiptrekkings en hulle besef dit. Hul idees het opgeraak, nie dat hulle enige idees gehad het nie. Maar net ‘n klomp morsende, skreeuende, niksseggende narre in hul rooi narpakke.

Mariana ·

Ag nee wat sy gaan haar tyd mors. Malema en sy trawante is mos onaantasbare kriminele. Dit is mos nou al oor en oor bewys. Sy as ANC ondersteuner behoort te weet sy gaan nêrens kom nie.

Ansa ·

Ek sal baie breed glimlag as hulle nie aan die verkiesing mag deelneem nie.

Cherokee ·

Die munt het egter twee kante en die ander kant sê dat dìt die anc se stemtotaal sal versterk.

Juanita van der Merwe ·

Ek gee nie om nie. Solank hulle onder hulself maai gaan dit goed met my

Die Skim ·

Publiseer hierdie man in rooi se huis adres en haal hom uit

Willie ·

Gee bietjie sy cel mommer uit… wonder hy sal voel as sy familie n teiken raak… Hy is ANC, kyk maar gerus, die ANC jeug liga bestaan nie eindelik meer nie…

Ore ·

Waarom hou joernaliste aan om EFF vergaderings by te woon en inligting te pupliseer?
Die EFF is die party wat tans die meeste TV en ander dekking kry.As die party geignoreer word,sal dit ‘n stille dood sterf. Dit is presies wat die EFF wil vermag,enige publikasie, goed of sleg pas in hulle kraal. Malema weet die regstelsel vrees hom en sy party,daarom maak hy/hulle wat hulle wil.

Dries ·

ONAANVAARBAAR EFF!

Maar sê my, hoe het sy op julle Whatsapp-groep gekom…?

Marietjie Stander ·

Dink hoe ons land gan wees as die EFF aan bewind is….

lanie ·

Rerig Malema??? Onskuldige vrouens. Volgende gaan seker kinders wees.

chrisjan ·

So much for whatsapp!I’ll never download it into my phone!Gets you into warm water when you dont need it!I’ve heard of that too many times.
Yes the eff IS an anc sidekick party!Nothing will come of this issue!

a ·

Hy maak orals moeilikheid want hy weet sy dae is getel. Hy het ‘n “speed trap” geslaan

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.