Joernalis gedreig wat Malema se adres bekendmaak

Die joernalis Jacques Pauw, die skrywer van The President’s Keepers, by die bekendstelling van die boek in Pretoria (9 November 2017). Foto: ANA

Die ondersoekende joernalis Jacques Pauw ontvang dreigemente op Twitter nadat hy Julius Malema, leier van die EFF, se beweerde Johannesburgse woonadres op Twitter bekendgemaak het.

Pauw het sedertdien dié twiet uitgewis, maar dit het geen einde gebring aan die dreigemente nie. “Op een of ander manier gaan jy kry wat jy verdien. Dit mag dalk nie vandag of môre wees nie, maar dit sál gebeur. Dit lyk asof jy nie die erns van jou aksies verstaan nie, maar jy sal wanneer die veiligheid van jou familie in gedrang kom. Mark my words,” lui een van die dreigemente.

Pauw het die adres in Hyde Park bekendgemaak waar Malema se vrou en twee kinders glo woon. Volgens berigte woon Malema slegs in dié huis wanneer hy in Johannesburg is. Pauw het die adres getwiet nadat EWN berig het die huis behoort glo aan Adriano Mazzotti, mede-eienaar van die tabakmaatskappy Carnilinx.

Mazzotti, wat wyd as ʼn vermeende sigaretsmokkelaar bestempel word, is voorheen van belastingontduiking beskuldig, maar het die bewerings ontken. Mazzotti het wel Maandag aan EWN erken dat die huis waarin Malema se vrou woon aan hom behoort, maar beweer daar is ʼn “ellelange huurooreenkoms” vir hierdie verblyfreëling wat deur ʼn onafhanklike verhuringsagentskap hanteer word. Mazzotti hou vol hy is nie ʼn begunstigde van Malema nie.

Pauw het intussen die twiet uitgewis nadat die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) hom versoek het om dit te doen. “Ek het gedink dit is geregverdig om die adres te publiseer aangesien dit in ʼn veiligheidskompleks is met hoogs gevorderde sekuriteit. Sanef meen dit was verkeerd om dit te doen. Ek aanvaar dit en het die twiet uitgevee,” het Pauw Maandagaand op Twitter gesê.

Julius Malema. Foto: Jonisayi Maromo/ANA

Die EFF het steeds woedend op die voorval gereageer en gesê hy is gewalg deur “die media” se bekendmaking van Malema se familie se woonadres. “Ons moet almal in die media waarsku ons sal nie hul onetiese, dubbele-standaarde en obsessiewe aanvalle op die EFF-leierskap duld nie. Die skending van die privaatheid van die EFF-leierskap en hul families, alles in ʼn poging om ons revolusie en sy doelwitte te diskrediteer, sal nie geduld word nie. Ons veroordeel dit met die walging wat dit verdien,” het die party in ʼn verklaring gesê.

Die EFF het ook na Pauw gekap omdat hy ʼn ruk gelede ʼn foto van Malema se minderjarige kind gedeel het en volgens die party die kind só blootgestel het. Die kind verskyn saam met Malema op ʼn foto waar hy saam met Mazzotti en sy sakevennote vir die kamera poseer.

Pauw het op dié beskuldiging gereageer deur te sê dat dié foto al ʼn ruk gelede op Facebook gepubliseer is deur iemand wat daar was toe die foto geneem is en dat die foto dus reeds in die openbare domein was.

Intussen word Pauw steeds deur talle dreigemente in die gesig gestaar. “Die EFF sal binnekort met jou afreken, Satan,” lui een van die twiets.

“Al wat ons vra is jou adres,” het nog ʼn Twitter-gebruiker aan hom getwiet. “Ons sal dit hier op Twitter publiseer en dit dan uitvee. Dit is al.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

IK ·

Weet die EFF dalk hoe dit werk dat veral bejaarde boere en ouer mense op dorpe aangeval, aangerand en vermoor word? Hulle woonplekke is dus bekend.

Aggie ·

Soveel haatspraak soveel dreigemente teenoor die blankes deur Malema en hy loop nog steeds vrylik rond. Wat beteken ons regering en ons regsstels

Willie ·

Omdat hy in n rampokker se huis bly, kan jy maar net dink.. Dink ook dan sommer wie befonds hom…. Klein lafaard!

Vat so.... ·

Nie heeltemal so lekker as jy bedreig voel nie ne Jules?!

Ivy ·

Wat maak hom so belangrik? Die land wat hulle vat het almal adresse. Die plaas Boere het almal adresse. Maar hulle is mos nie belangrik in sy oe nie. Nou word hy bang want hy weet daar kan dalk moeilikheid kom. Vat dit soos n Man !!!!

Kallie ·

Hierdie was nie ‘n slim twiet nie,hierdie tipe mens op wie die twiet gerig is dink net wraak,haat ens. Die joernalis moes weet hy is ook kwesbaar.

Robert ·

Kallie: Jacques Pauw is nie bang nie. Jy het seker al vergeet van Zuma se chronies wat vir Pauw geintimideer het met ‘n besoek aan sy huis and en die plek deursoek het. hierdie politici dink hulle is onaantasbaar en dat ons hulle moet bedien. Die feit is dis andersom hulle moet ons bedien want ons hou hulle verantwoordelik.

Adres Tydens Grond Onteining ·

Nou hoe het Malema gedink gaan adresse werk na Grond Onteining..dan maak dit mos nie saak waar jy bly nie!! Of is ek verkeerd?

Stephen Namibia ·

As witmense die helfte van die goed se wat hierdie persoon kwytraak word hulle seker lewenslank toegesluit

Andre Kaap ·

So dis reg as die EFF mense se huis en werks adresse openbaar maak, maar nie hulle sin nie. Dis goed dat hulle nou bietjie van hulle eie medisyne kry. En Sanef vind dit goed om Pauw oor die vingers te tik, maar EFF kan se net wat hulle wil.

Colleen ·

Dit gaan nie oor die adres nie, maar die groot weelderige huis waarin hy bly. Sy mense dooi aan siektes en peste en bly in hokkies en hy ry die gravy train.

Nadia ·

aangesien sy adr bekend is… kom ons gaan vat ons grond… lol

Anoniem ·

Eendag is eendag, gaan Malema sy hand oorspeel en die gevolge van sy optrede moet dra.

HPV ·

Malema is net dapper as hy omring is van veiligheidswagte EN die polisie. Moet ook nie die media vergeet wat aan sy lippe hang nie, die mense wat hom eintlik geskep het. Sonder dit is hy maar net ‘n bevreesde mannetjie met ‘n klein bankrot partytjie.

ZAR ·

Eerstens glo ek dis verkeerd om iemand se adres en/of telefoon nommer op sosiale media te sit, sonder die persoon se toestemming. Die gevolge is net te ernstig. Tweedens kan ek nie die eff se houding verstaan nie, hoeveel name, adresse en telefoon nommers het hulle al op sosiale media gesit met dreigemente daarby? Die hoeveelheid mense wat hulle al by hul huise gaan “besoek” het. As jy kan gee dan moet jy kan vat ook.

frenchpeteers ·

Sorry Malema, die goed is nie veronderstel om aan die publiek bekend gemaak te word nie, want jy is dan juis die een wat die geld monopoly base aanval want hulle vat al die geld wat jou arm ondersteners toekom. Jammer jou geld monopoly waarhede word nou sommer so openlik bekend gemaak. Gee vir elkeen ‘n stukkie grond dat hy net daarna kan sit en kyk, dit sal jou situasie vergete maak en veronskuldig jou. Aai Malema die diktator houding haal almal in wat dit nastreef.

T ·

Ek gee op hierdie kinders wat Monopoly speel met ons belasting en ons land maak my moeg

L ·

Iets se vir my dat ons wat twakkie rook en geniet, die EFF finansieel ondersteun….. Sopas my laaste siggie dood gedruk. Waar is my Twisp nou weer?

PJC ·

Dit is baie goed dat Malema ń bietjie van sy eie medisyne kry sodat hy kan voel wat hy en sy party elke dag aan ander mense doen.

Irma ·

Dit pas Mazzoti soos ‘n handskoen om malema te ondersteun want terwyl hy geraas maak en alles destabiliseer kry die smokkelaar geleentheid om sy besigheid sonder inmenging te bedryf.

Kloekie ·

Julius en sy maats help hom seker met smokkelary daar in noorde en inruil daarvoor n ou plekkie in sandhurst.

Jerry ·

Sjoe, ok as julle so se! Die EFF is kapabel en maak alle joenaliste se privaat adresse bekend. Die EFF het volgelinge en …..bendes wat nie sal huiwer om te intimideer en te ….! Wetstoepassers en wetstoepassing kan nie vertrou word nie. Jacques Pauw het net die howe en seker privaatbeskerming wie hulle gesigte en voertuig registrasie nommers sal moet bedek anders gaan iemand by hulle gesinne ook n draai maak. Jacques Pauw het nou iets begin wat hy liefs moes gelos het.

Jerry ·

Dit waarvoor Jacques Pauw homself en mede joernaliste nou ingelaat het dui vir my daarop dat hy die gevolge totaal en al onderskat. As jy dink jy vat vir malema aan maak jy n fout, jy vat die massas aan wat honger is! Die eff is kapabel en maak alle joernaliste se privaat adresse bekend en se vir die massas, gaan vat hulle!

Anoniem ·

Ja Johan die boere sal vir hom sy wereldjie so ‘n bietjie warm maak. Ons sal dan sien of hy nog so ‘n grootbek is.

Francois ·

Julle kom nou reg ne ‘
Julle begin kry rigting…
Uiteindelik !

Alida ·

Sy adres is tog op die kieserslys en om iemand se adres te bekom is baie maklik. Waaroor tjank hy nou. Hy het moeilikheid gesoek en nou kry hy dit. Lekker.

Michelle ·

Daar is min mense wat sal doen wat gedoen moét word. Ons noem hulle casualties of war, die stille oorlog wat aan die gang is is so stadig maar seker besig om sy voete te vind en gewoontlik is joernaliste wat ruggraat het mooi in die middel daarvan. Sterkte vir dit wat voorlê mense.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.