Joernalis glo gedwing om foto’s uit te vee by parlement

Gerber het die foto geneem kort voor hy glo hardhandig hanteer en gedwing is om foto's uit te vee.

Gerber het die foto geneem kort voor hy glo hardhandig hanteer en gedwing is om foto’s uit te vee.

Jan Gerber, ʼn joernalis van Media24, is glo Woensdag voor die parlement hardhandig hanteer en gedwing om foto’s van sy kamera af te vee, het die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) gesê.

Volgens Sanef is Gerber hardhandig hanteer deur mense in wit hemde, wat glo polisiebeamptes is. “Gerber het foto’s geneem van die ongeïdentifiseerde polisiebeamptes en die openbare orde-polisie se vangwaens,” het Sanef getwiet.

Die voorval het glo plaasgevind twee ure voor pres. Jacob Zuma om 15:00 vrae in die parlement sou antwoord. “Die vyf polisiebeamptes het hom oorkant die SAPD-kantoor in Pleinstraat grond toe getrek en hom gedwing om sy foto’s uit te wis.”

Gerber het glo krapmerke en kneusplekke opgedoen. “Sanef is ontsteld deur hierdie onwettige optrede, wat strydig is met polisiebevele wat polisiebeamptes verbied om foto’s uit te vee. Hierdie onwettige optrede is ook ‘n aanval op vryheid van uitdrukking soos verskans in die Grondwet.”

Volgens Sanef sal hy met Riah Phiyega, nasionale polisiekommissaris, se kantoor in verbinding tree oor die voorval. Phiyega se woordvoerder kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

Janet Heard, Media24 se parlementêre redakteur, het gesê die behandeling waaraan Gerber onderwerp was, laat vrae ontstaan oor veiligheid by die parlement en wie daarvoor verantwoordbaar gehou gaan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

ladybug ·

Dis altyd maklik om die polisie te skuld vir als te gee, neem net in ag dat soos met enige ander werk tree hulle op volgens instruksies, nie uit hul eie wil nie.

zahn ·

Dit mag so wees, maar hoekom die man op die grond vasdruk en hardhadig behandel? Volgens die berig het hy ‘n kamera gehad, en nie ‘n wapen nie. Ek stem saam, van hierdie fotograwe en joernaliste kan peste wees, mens sal sekerlik na elke situasie moet kyk afsonderlik, maar in hierdie geval is dit duidelik dat die nommer een idioot beskerm moet word teen alle koste, en dis onregverdig.

CHRISTA ·

Suid-Afrika word erger as ‘n kommunistiese staat. Die ANC kan maar ons land se naam verander na ZIMBABWE EXTENSION. Hulle is mos so goed met naamsveranderings!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.