Joernalis van lug afgehaal ná belediging teenoor Malema

‘n Skermgreep uit die video wat op sosiale media versprei is. (Video: Twitter)

ʼn Senior joernalis van Eyewitness News (EWN) word deur dissiplinêre stappe in die gesig gestaar nadat hy Dinsdag op kamera vasgevang is waar hy ʼn neerhalende term gebruik om na EFF-leier Julius Malema te verwys.

EWN het in ʼn verklaring om verskoning gevra aan Malema vir die kru-taal wat sy joernalis, Barry Bateman, gebruik het. “By EWN vereis ons dat ons verslaggewers voldoen aan dieselfde hoë standaarde wat ons van ander verwag. Bateman is onmiddellik van die lug af gehaal toe ons van die video bewus geword het. EWN sal ʼn interne ondersoek doen wat op gepaste wyse die saak sal hanteer,” lui die verklaring.

Bateman se uitlating het aan die lig gekom nadat ʼn video op sosiale media versprei is van Malema wat buite die Valke se kantoor met joernaliste praat. Malema het kort vantevore met die Valke vergader waar hy na verwagting ʼn waarskuwingsverklaring moes aflê wat verband hou met aanklagte rakende sy afvuur van ʼn vuurwapen tydens ʼn byeenkoms in Oos-Londen.

Barry Bateman.

Malema staan ook op ʼn aanklag van aanranding tereg nadat beeldmateriaal aan die lig gekom het van hom en Mbuyiseni Ndlozi, die EFF se woordvoerder, glo in ʼn skermutseling met ʼn polisiebeampte tydens die begrafnis van Winnie Madikizela-Mandela.

In die video kan gesien word hoe Malema uitvaar oor “’n wit man” wat geweier het dat hy die perseel waar Madikizela-Mandela begrawe is, binnegaan. “’n Groot, wit Afrikaner man het my verhoed om Winnie Mandela te begrawe. Ek wou langs die kis wees en geen wit man sou my keer nie. As dit beteken ek moet tronk toe gaan, dan moet dit so wees.”

Op ʼn vraag van Bateman of Malema dus erken hy het die man aangerand, het Malema geantwoord: “Ek wens ek het, ek wens ek het hom aangerand. Dit is die werklike kwessie, ek wens ek het die regte ding gedoen, behoorlik. Ek is spyt ek het dit nie gedoen nie. Ek is nie bang nie boet, uniform of geen uniform nie. Afrikaner of geen Afrikaner. Wit of pienk, ek sal beslissend met jou afreken.”

Malema stap dan weg van die joernaliste en dit is dan dat gesien kan word hoe Bateman kru-taal gebruik om na die EFF-leier te verwys.

EFF-leier Julius Malema. (Foto: EFF/Twitter)

Die EFF het egter duidelik te kenne gegee hy beskou die saak nie as afgehandel nie, ondanks EWN se verskoning oor die aangeleentheid. In ʼn verklaring wat die party gister uitgereik het, bestempel hy die nuusagentskap se verskoning as “flou” en sê hy dat hy dit verwerp.

“Ons het al lankal gewaarsku joernaliste is verantwoordelik vir die giftige omgewing waarin die EFF moet werk binne die algemene media. ʼn Mens kan jou net indink wat sou gebeur het indien die EFF op die toneel gereageer het op Bateman se openlike uitlokking. Dit is voor die hand liggend dat baie die EFF sou blameer vir onverdraagsaamheid teenoor die media en onderdrukking van mediavryheid,” lui die party se verklaring.

“EWN moet [gepaste] stappe doen. As dit ʼn swart joernalis was wat ʼn wit partyleier beledig het, sou hy met onmiddellike effek geskors gewees het. Daar moet op dieselfde manier met Bateman afgereken word en nie met die kinderhandskoene van wit voordeel nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

83 Kommentare

EO ·

Ai Ai, Malema mag sê wat hy wil, en kom weg daarmee. Ek dink hy maak mense sooo kwaad, dat hulle nie anders kan as om hom dinge te noem en toe te snou nie.

BMW ·

Hoekom so n woord gebruik? Is dit nie die
selfde as geweld teen vroue nie?

Marie senekal ·

Dink net hoe gaan hy eendag voor God se Regtertroon staan. Dan is hy nie meer die ONAANTASBARE NIE.
Hou so aan asb. o grote meneer..Die ewigheid is LANK.

sweis ·

Hoekom kry hierdie voorwerp so baie media dekking ,stel ons werklik belang hy is n voorbeeld van wat verkeerd is in hierdie land .

Wonner ·

Ons patetiese land het verval in n rasse poel van riool…nes ons water.En wie moet ons bedank daarvoor…..die patetiese malemas…zumas…ens

Gert van Wierdapark ·

Bateman kand dalkies vir oortreding van die “SA geheime” aangekla word na sy uitlating oor die Malema-sprokie!!!

TN ·

Malema , ek sal my adres vir jou stuur dan kom ” reken jy met my af ” sodat ek jou kop kan indruk waar hy hoort ___ jy is net ‘n keffertjie tussen werklike mans !

J ·

Arme treurige karakter, hy kan se en doen wat hy wil, maar huil soos n muishond as iemand iets vir hom se, soek net aandag soos n 2 jarige bedorwe kind

Malu ·

Sauce for the goose is sauce for the gander. Whoop whoop Barry Bateman! Al weet ek nie wat jy gesê het nie.

AmY ·

As hy darem moet weet wat almal in hulle huise van hom sê…

Willie Hamman ·

Ek wil vir Barry Bateman n bier koop. Klink of ek en hy iets in gemeen het.

Jan P ·

Die waarheid maak seer Malema! Ek kan n klomp ekstra woorde byvoeg! Sterkte met die verhoor Barry.

Lynette ·

Malema lewe in n waan. Alles wat hy se is eintlik net die teenoorgestelde. Malema en die EFF is verantwoordelik vir die giftige omgewing waarin joernaliste werk en witmense oor die algemeen moet lewe maar kyk hoe draai hy die situasie om net om hom te pas. Hy hoort in n inrigting vir delusionally unstable mense.

Hans ·

As jy leef by die swaard, moet jy bereid wees om te val met dieselfde swaard.

Bewys die teendeel ·

Dit was nie die K woord nie. So wat nou? Net kru taal, en die ou kan seker redeneer iemand is soos karton.

DI ·

Ek word skoon NAAR as ek net sien Malema is alweer in die nuus. BLA BLA BLA BLA BLA is al wat jy hoor dag in en dag uit

Spook ·

Ai hy het net gese wat baie van ons dink… Sterkte met Al’s joernalis! Maar hy het n lekker glimlag op my gesig gesit

SêMaarNet ·

Vloek toon gewoonlik ‘n gebrek aan ‘n goeie woordeskat. “You must be able to tell a person to go to hell, so that he looks forward to the trip”

Adam ·

SeMaarNet, jou aanhaling is die geykte “definisie” van diplomasie. Hoe dit ook al sy, Malema se normale waglike , uitdagende optrede lok sulke optrede uit en hy moet maar vat wat na sy kant kom.

My siening ·

Bateman se reaksie was net op Malema se aksie. Malema is reeds bekend vir sy beledigende en opstokende gedrag. Word tyd dat hy n keer op sy plek gesit word . Malema doen net skade aan ons land. Ons staan agter Bateman en ek glo die hele regdenkende publiek van SA.

Gemaskerde Sopbeen ·

Ag nee Barry man….jy leer ook nie, doen jy? Jy het vergeet om “Jou Ma se….” vooraan te sit? En hier sit ek en dink jy’s ‘n regte joernalis…

Gemaskerde Sopbeen ·

As jy nie sy naam in dieselfde sin gebruik het as jou uitlating nie, kon jy aan enige iemand anders gedink het terwyl jy dit sê!! Ek is amper seker jy was besig om te dink aan die “wit man” wat Juliass wou verhoed om by Winnie se graf uit te kom??

Johan ·

Net die EFF mag ander mense beledig. Dit is blykbaar hulle alleenreg. Andersins is hulle velletjies maar dun as ‘n belediging terugkom na hulle kant toe.

Vonkprop ·

Hy is te papbroekig om die wit man fisies aan te vat. Nou sê hy, hy wens hy het. Dit is hoekom aanvalle in groepe gebeur, want een een is hulle pateties.

Wonner ·

Barry moes hom aangerand het en nie na die tyd gese het “ek wens ek het” nie hahaha

Poot ·

Ek verstaan die situasie. Maar as Juliaaaas nie soveel media dekking kry nie dan sal hy nie so n irritasie onder die vel wees nie. Hy “thrive” op hierdie tipe media dekking. Klein mannetjie sindroom. Wil graag sien hoe rand hy n “groot witman” aan.

juba ·

Stem 100% met jou saam, goed soos hulle floreer op media dekking, as hulle nerens genoem word nie verlep hulle.

Stormjaers ·

Ek kan nie hoor wat hy gese het nie. Kan ook nie lip lees nie. As die storie wat ek lees reg is, stem ek saam met Barry. Ek sal dit net beter gestel het.

Derick ·

Mr Untouchable allias Malema mag enige rassistiese aanmerkings maak en dis OK.

Francois le Cochon ·

Ek verstaan regtig nie hoekom joernaliste stroom na Maleme se pers verklaring uitnodigings nie. Hulle gee hom net gratis publisiteit. Was dit nie vir die media het, het niemand van Malema geweet nie, en sou hy baie minder steun geniet het,

En nou? ·

Want hulle werk dalk vir ‘n BEE agentskap en het nie ‘n keuse nie…

Koos ·

My grootste wens is om hom van aangesig tot aangesig te ontmoet. Ek sal alleen wees, dus moet hy ook alleen wees. Boeta, dan sal die poppe dans en die volkies koring sny. GLO MY.

Antoon ·

Orals waar ek rond loop, soek en kyk ek vir ‘n EFF tee shirt. Sien nooit een nie maar as ek wel een sien sal ek hom tog meedeel dat ek hier is om “decisively” mee gedeel te word :-)

Grassie ·

Ek het na daardie “toespraak” van Malema op TV gekyk. Dit was meer as net woorde. Die manier, die trant van sy woorde het absolute haat teenoor witmense uitgestraal. Dit is ‘n nie noodwendig wat jy sê nie, maar hoe jy dit sê wat belangrik is. My bloed het sommer dadelik begin kook. Ek is eintlik ‘n goeie outjie, ek vloek baie selde, maar ek het daar met ‘n paar beskrywende knope laat waai wat ek in my jong dae laas gebruik het, gelukkig in die privaatheid van my huis. Ek verstaan presies waarom mnr Bateman so ‘n bietjie uitgehaak het.

Martie ·

Nou ek is nie ;n kenner van vloekwoorde nie hahahaha nee ek lieg ek is. Maar ek is seker Barry het gese hy moet onthou om sop te koop.

Mariana ·

Ag shame arme Malema. Darem snaaks hoe hy sy sê mag sê, maar niemand anders mag ‘n woord rep oor hom nie. By word mos in watte toegedraai want o wee hy is mos baba. Verdomde stout kind wat sy speelgoed rondgooi. So moeg vir hom.

Anoniem ·

Toemaar die “slow puncture” doen sy werk. Hy sal soos Moses nie die beloofde land sien nie……

Gert J ·

Lee, nee jong die aktiviste in sirkusse laat nie meer toe dat diere daarin gebruik word nie, die diere in die sirkusse word nou almal in by hulle maats in die Amasone vrygelaat.

Snookums ·

Ek sal graag wil weet wat Bateman gesê het…..Hoop Soldariteit staan agter hom.genoeg is genoeg ons almal is foos baklei teen BULLY party soos EFF..

Afgereken word ·

Daar moet net hom afgereken word? Dit is Haat spraak teen wit mense.

Hanlie ·

Die mislike ou mannetjie!!! As ek hom in die hande kry…… glo my, hy gaan spyt wees!!!!

Lou ·

Barry kry vir jou ‘n goeie prokureur want Julias gaan nie die kans laat verbygaan om ‘n witman by te kom nie. Boonop sal dit die aandag aflei van al die ander sake teen hom.
Hy is ‘n veragtelike karakter maar moet hom nie vir een oomblik onderskat nie.

Klippie ·

Wat ookal Barry gesê het; die res van die land se mense voel nes hy.
Daai troffel het die IK van ‘n bruin brood.

Gert van Wierdapark ·

Miskien moet Barry die Sprokie van die meisie met die koets en die skoen herskryf vir die SA situasie!!! He-he-he!!

Carel ·

Klippie ek werk vir n bakery en jy beleedig nou ons brood verskriklik

Hendrik ·

Toe ek in die weermag was en my beret het so op my kop gesit, het ek ‘n kopklap gekry, die nar het paar kopklappe nodig ha ha ha

Comrade ·

Nou mag n mens nie eers meer die waarheid praat nie. Dis n algemene feit en sy vriende noem hom ook so. So what??

MANIE ·

Wanner die ou so braaf word daar tussen sy rooipakkies is ek seker die enigste mense wat skrik is sy eie rooipakkies. Hulle weet hulle moet tekkies aanhe sodat hulle vinnig die pad kan vat as iemand hulle gaan bykom oor die klein brakkie se lawaai langs hulle

Renee ·

Maar jy weet een ding is ek so bly. Almal dink hulle kan doen wat hulle wil. Mense kom ons bid tot GOD om iets te doen????????????????????????????????

Sonskyn ·

Mnr Malema
Jy sit die pot heel mis.
As dit n swart joernal was teenoor n wit ou sou hy NIKS oorgekom het nie!!!! Dit weet ons almal!!!
Bou n bruggie MNR…hou op lewe in die verlede en los jou rasistiese en haat maniere!!!!
Ek bid vir jou en so ook vir al die ander mense wat in posiesies is soos wat jy is. Mag God julle aanraak en al hierdie haat ens wegvat!!!
God seën ons pragtige land!!!

Baie sterkte aan die betrokke joernalis!

Gert J ·

Tyd vir hom om n droe doek te kry en in sy wieggie in die tronk te gaan slaap.

Ruiklont ·

Politisie sê net wat hul wil maar die media reageer polities korrek. Wat ‘n skande in die totale liberale media dwars oor die Wêreld. Straf die wat die die waarheid prat en laar alles gaan wat polities korrek is maar nie die waarheid

Johanna Botha ·

Ummm wat van JM se haatspraak en aanhitsing ! Barry en joernaliste julle het die man se platform ook geskep deur elke piep uit sy mond te verkondig …so vatso SA media !

Erika ·

Barry moes uitgelok gewees het om soo iets te sê wat die waarheid is.
Malema maak geen geheim daarvan dat hy een is en dat hy witmense haat nie.
Wat het van die man geword wat ‘n foto van hom indie vliegtuig geneem het?
Wie dink Malema is hy, maar hy moet onthou die wiel het begin draaaaai….

HPV ·

Met Malema sal hierdie land versoening nooit sien nie, rasseverhoudings sal daagliks versleg, emmigrasie neem reeds toe wat weer tot meer werkloosheid lei. Mense soos hy stoot die land oor die afgrond en belemmer welvaart vir alle Suid Afrikaners.

Petrus ·

Stem Francois, hy kry veral deesdae besonder baié TV dekking ook!

Jeremia ·

Gaan weer groot bohaai wees vir weke (nee, maande), want dit was nou gratis ekstra petrol op windlawaai se opgestookte vuur gewees.
Een ding is seker -as die rook eendag wegwaai , hoop ek Barry het ‘n joppie.

Delia ·

Nie aanvaarbaar vir Bateman om so n woord te gebruik.
En geen man keur dit af nie.
Wonder wat dink hy van sy ma of sy suster as hy een het.

jakes ·

Asb Malema, ek sal graag wil sien hoe jy kamtig iemand wil aanrand. Gaan jy die persoon met jou handsak slaan? Komtog by, ware mans sien reg deur jou. Bateman, jou yster.

Betsie ·

Nou toe nou. Daar gooi hy weer sy toys uit die kot uit. Is reg hy kan Ons sleg sê en dreig soos hy wil kom niks oor nie. Hier gaan n paar mense hulle toys uit haal en glo my jy sal moet bont staan of hol

Pieter ·

Die anc se kind dit wat barry vir hom gese het is presies wat hy is

George in Bloem. ·

“As usual this little red beret wannabe talks a good fight”. Was glad nie so “tough” ‘n ruk gelede toe die vuiste begin klap het en hy ,en ‘n paar kamerade, hardhandig uit die parlement gegooi is nie. Daar is ‘n hele paar,nie so vleiende fotos,van die “fighter” komediant op sosiale media versprei. Nogal heel komies.

Jannie ·

Ek dink sy oorfone en mikrofoon het vasgehaak toe hy dit afhaal. Daar is nie ‘n naam genoem nie, so hy het met homself gepraat. Sal graag die rooikepsie man tot man self die woord wil toesnou. “Pack hounds” maak sterk, alleen is hy ‘n absolute ….wat is die woord nou weer?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.