Die senior joernalis van Eyewitness News wat op kamera vasgevang is waar hy ʼn neerhalende term gebruik om na EFF-leier Julius Malema te verwys, is vir ʼn maand sonder betaling geskors en het ʼn finale waarskuwing ontvang.
Barry Bateman se uitlating het aan die lig gekom nadat ʼn video op sosiale media versprei is van Malema wat buite die Valke se kantoor met joernaliste praat. In die video kan gesien word hoe Bateman glo die p-woord uiter met verwysing na Malema.
EWN het onmiddellik nadat die voorval rugbaar geword het in ʼn verklaring Malema om verskoning gevra vir die kru-taal wat Bateman gebruik het. EWN het ook toe aangekondig dat hy met dissiplinêre stappe teen Bateman begin het.
Bateman het Dinsdag ʼn verklaring op sy Twitter-profiel gepubliseer waarin hy om verskoning vra en ook die straf wat hy opgelê is bekend maak.
Volgens Bateman is hy vir een maand, naamlik Oktober, geskors sonder betaling en het hy ʼn finale geskrewe waarskuwing ontvang wat vir 12 maande geldig sal wees.
In die verklaring vra Bateman onvoorwaardelik om verskoning aan alle Suid-Afrikaners, alle vroue, Malema, sy werkgewer en almal anders wat aanstoot geneem het oor sy uitlating.
“As ʼn senior joernalis en ʼn burger van Suid-Afrika het ek ʼn plig om die hoogste etiese standaarde en professionele gedrag te handhaaf, ongeag die omstandighede of verskille wat ek dalk met ander nuusmakers mag hê.”
Bateman sê verder sy gedrag was onregverdigbaar. “Ek sal tydens my tydperk van skorsing voortgaan om oor my onbetaamlike gedrag na te dink.”
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
92 Kommentare
Barry, die enigste fout wat jy begaan het is om omverskoning te vra.
Malema kry seker vreeslik lekker of hy is kwaad want hy het gewens vir ‘n groter straf.
Ons is nie kwaad vir jou nie. You were just stating the obvious.
Dis jammer. Barry moes eintlik ‘n verhoging gekry het. Hy’t maar net gesê wat almal dink.
Give that man a bells