Joernaliste besteel terwyl hulle Durban-onluste dek

sapd-saps-polisie

Foto: SAPD/Facebook

Twee mans is in Durban in hegtenis geneem nadat hulle glo by ʼn voertuig van joernaliste van die SAUK ingebreek het terwyl die mediaspan besig was om die onluste in Durban te dek.

Die span was saam met die polisie in die Point-omgewing besig om oor die xenofobiese geweld te berig toe die diefstal plaasgevind het.

Die verdagtes het ʼn sak met drie selfone, ʼn beursie en geheuestokkies gesteel.

Die polisie was nog in die omgewing toe hulle van die diefstal in kennis gestel is en hulle het dadelik na die verdagtes begin soek. Die metropolisie het hulle in die ondersoek bygestaan.

“Die twee mans is kort daarna aangekeer en ondervra,” het kol. Jay Naicker, provinsiale polisiewoordvoerder, Saterdag gesê.

“Hulle het die polisie na ʼn plek waar hulle die gesteelde goedere verkoop het gelei en alles is teruggekry.”

Die mans, 21 en 23 jaar oud, word aangekla van diefstal uit ʼn voertuig en moet na verwagting Maandag in die Durban-landdroshof verskyn.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Peet Schabort ·

‘n Nuwe betekenis vir SAUK: “Sal Alles Uit Kar ” steel . . .

Peet Schabort ·

Sou my kommentaar dan beter wees om net te sê dat die joernaliste ‘n normale dag gehad het in SA.
‘n Abnormale dag in SA is wanneer niks verkeerd loop.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.