Joernaliste by gevangenis in hegtenis geneem

boeie 5Twee joernaliste is oor die naweek by die Westville-gevangenis in Durban in hegtenis geneem nadat hulle hulself glo voorgedoen het as familielede van een van die gevangenes om ʼn onderhoud met die persoon te voer.

“Die joernaliste se name en publikasie vir wie hulle werk gaan nie in die stadium bekend gemaak word nie,” het die departement van korrektiewe dienste Donderdag in ʼn verklaring gesê. “Die twee het hulself as familielede van die gevangene voorgedoen en is betrap toe hulle besig was om ʼn onderhoud met die oortreder te voer.”

Hulle het na bewering die Wet op Korrektiewe Dienste oortree. Die wet verbied onder andere  ongemagtigde publikasie, valse voorstellings asook winsbejag uit die publikasie van misdade waarvoor oortreders vonnisse uitdien.

Hulle is aan die polisie oorgegee.

Een van die joernaliste het aan Sapa gesê sy mag nie kommentaar lewer nie. Die polisie was nie onmiddellik vir kommentaar beskikbaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.