Joernaliste drom saam voor Oscar se oom se huis

Joernaliste Dinsdagoggend buite Arnold Pistorius se huis in Pretoria. Foto: ANA

Joernaliste Dinsdagoggend buite Arnold Pistorius se huis in Pretoria. Foto: ANA

Meer as 100 plaaslike en internasionale joernaliste het Dinsdagoggend buite die huis van Oscar Pistorius se oom, Arnold, in Waterkloof in die ooste van Pretoria saamgedrom nadat die atleet sy eerste aand buite tralies in die huis deurgebring het.

Uitsaaikameras het al langs Lawley-weg gestaan, gerig op die hoofingangshek wat deur twee veiligheidsbeamptes bewaak word. Verskeie verbygaande motoriste het stadiger gery om foto’s van die groep joernaliste en fotograwe buite die huis te neem.

Pistorius se familie sal glo Dinsdag ʼn amptelike verklaring aan die media voorlees.

Pistorius is Maandagaand, ʼn dag vroeër as wat verwag is, onder korrektiewe toesig vrygelaat. Die departement van korrektiewe dienste het Dinsdagoggend sy vrylating bevestig.

“Die plaaslike bestuur van die Kgosi Mampuru II-gevangenis het Pistorius onder korrektiewe toesig vrygelaat,” het Manelisi Wolela, departementele woordvoerder gesê. “Die hantering van die plasing is ʼn operasionele aangeleentheid van die plaaslike bestuur en hoe hulle dit hanteer, is hul volste reg.”

Volgens Wolela is Pistorius se vrylating hanteer op ʼn manier wat in “die beste belange van al die betrokke partye, die slagoffers, die oortreder en die departement van korrektiewe dienste” sou wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

katereena ·

And the soapie just carries on. Genade asb genoeg wil nooit weer die van Pistorius hoor nie. Laat die lot miskruiers asb op hiul eie mishoop kuier ons is nou moeg om van hulle te hoor

Streicher ·

Kan ons nie maar die man en die gebeure agter die rug kry nie? Hy is lankal nie meer nuuswaardig nie. Ek sien al volgende week se Huisgenoot opskrifte.

Priscilla ·

Hoekom is dit nuuswaardig?
Los hom nou uit. Netnou moet ons lees wat hy vir ontbyt gehad het, wat hy vir middagete gaan doen en hoe laat hy gaan slaap…….spaar ons dit.

Ed ·

Ja nee – hierdie storie is nou al holrug en terug gery. Die man het sy straf gekry – of dit nou te min was of nie – kan ons asb aanbeweeg!

Irene Myburgh ·

Hoekom dink die media is hy gisteraand vry gelaat en vir hulle is genoem dit sal vanoggend wees. Ek stem saam los die man nou uit. Wat is nou so nuuswaardig? Die lewe in die tronk vir ‘n gestremde of wat sal die media se rigting wees vir hulle vrae aan Oscar.

charmaine ·

Die media is lekker geflous! Goed dat hulle hom al gisteraand laat gaan het.

Theresa ·

Ag genade tog – Hier gaan ons alweer………………………………………………………………………………..

BUSFARK VAN PLETSEN ·

Stem saam genoeg is genoeg los Ozie nou iut hierdie joernaliste is a klop aasvoels ons is nie sooa die Janks nie . Nou kan Ozie die res van die wereldbeker ook kyk

Hannie ·

Watse arme man, het nog altyd sy brood alkante gebotter gehad, ek het geen simpatie met hom. ‘money talks’

JoeV ·

Die is nou nuus. asb Maroela! Is daar nie lekker bedrog, roof, diefstal en moord iewers nie?

Naomi ·

“Damned if you do, damned if you don’t”… ai tog! Dankie Maroela Media.

pop ·

Ek kry die stomme familie van die mannetjie uit my hart uit jammer. Hulle beleef n nagmerrie. Gaan kampeer voor sy pa se woonplek. Hy het hom grootgemaak. Ag ja, en nou gaan huisgenoot weer vir weke met almal wat ooit met hom iets te doen gehad het onderhoude voer. Mens sou sweer daars nie ander goed wat in ons land aangaan nie.

Bets Bothma ·

Los nounet asb die Oscar/Reeva saak uit! Vir elke ouer in hierdie land is dit n tragedie en ek wil nie meer lees daarvan nie! Niks gaan die tragedie beter maak nie, albei hierdie mense het hul lewe verloor, niks kan ooit weer dieselfde wees nie!

Rina Pretorius ·

Ek dink hierdie man is genoeg gestraf deur mense, oordele het baie seer gemaak, niemand glo wat hy te se gehad het nie, ek dink as die liewe Vader darem nou moet kom en mense moet deur Hom geoordeel word soos wat mense Oscar geoordeel het gaan 90% van die mense oop oe hel toe. Laat tog maar asb die oordeel aan die liewe Vader oor waar dit hoort. Ons is nie een sonder sonde nie, ons almal bly in huise van glas. Ons staan almal agter die deur. Ek se ONS omdat ek ook nie sonder sonde is nie

Frikkie ·

Julle kla net! Het julle dalk sier druiwe ?.As ek geweet het wat is die adres van sy famielie het ek NOU my tent en verkuiker in gelaai en gekyk wat maak hulle. Dalk braai hulle??dis ‘n vry land los die mense UIT!!

Sarie ·

Hy is ‘n mens net soos enige ander mens, met foute. Hy is klaar gevonnis, skuldig gevind en tronk toe gestuur. Hy is gelukkig om op parool vry gelaat te word. Hy kan ook golf gaan speel en inkopies gaan doen – SO WHAT !!!!! hy is net ‘n mens. Dit is ons wat so aan die lippe hang van ander mense se wel en wee dat ons die “paparazzi” iets gee om oor te berig die dat hulle su agter hom aan jaag. Komaan – get over it. Ek kry hulle bure jammer want nie net is Oscar se familie geteiken nie, maar hulle bure is ook nou soort vang gevangenes in hulle eie huise, want het iemand ooit opgelet hoe die “paparazzi” die bure se tuine en eiendomme beskadig net om die scoop van die oomblik te kry. Ek wens iemand wil hulle weg jaag van hul persele af of dreig met die hof vir eiendom beskadiging? Ek sal so ‘n brokkie nuus waardeer dat iemand uiteindelik opstaan teen hulle wat net doen wat hulle wil en wegkom daarmee.

Marlene ·

my simpatie met al die families betrokke, dit kan nie lekker wees nie, en solank die media die dinge lewendig hou kan niemand regtig aanbeweeg met hulle lewens nie, wat ookal gebeur het daardie aand, feit is dat dit nie ‘n beplande moord was nie, wens die media wil so aangaan voor ander moordenaars se deure, wanneer soveel onskuldige mense teikens is van lank beplande moorde, boere wat uitgemoor word, mense wat gemoor word vir ‘n paar rand, bejaardes wat hulle self nie eers kan verdedig nie, kinders ag en so kan mens aangaan, ‘n vriend is die naweek vermoor op sy kleihoewe in PE, WAAR WAS DIT IN DIE NUUS???? iewers in die middel van DIE BURGER, klein opskriffie, SKANDE

wynand ·

Dit is nie meer nuus nie.Eendag sal hy moet rekenskap gee.Maar wie is volgende.kyk die man wat sy tweede vrou gesteek het met n mes.

Stuart ·

Klomp hiënas! Ruik bloed en maal kermend rond. Het hul niks anders oor om te skryf nie?? Polisie meot hul verwyder, ek is seker die bure verpes hul teenwoordigheid, hul versper toegang tot die huise en is net ‘n absolute NUISSANCE

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.