Joernaliste in Alexandra beroof

Lede van ʼn verslagspan van die SAUK is Dinsdag van hul uitsaaitoerusting beroof terwyl hulle oor ʼn voorval in Alexandra in die noordooste van Johannesburg berig het.

Die SAUK het die gebeure in ʼn verklaring bevestig en gesê die voorval is reeds by die polisie aangemeld.

Die SAUK sê hy is uiters bekommerd oor die gepoogde kaping en roof van sy joernaliste terwyl hulle bloot hul werk gedoen het. Hy het wel sy verligting uitgespreek dat niemand in die voorval beseer is nie.

Die SAUK sê daar het al vantevore soortgelyke voorvalle plaasgevind waar spanlede onder misdaad deurgeloop het gedurende beriggewing.

“Terwyl ons joernaliste verslag doen oor politieke veldtogte oor die hele land voor die verkiesing in Mei, versoek die SAUK die publiek om joernaliste toe te laat om hul werk te verrig sonder initimidasie of leed,” het die openbare uitsaaier gesê.

Maroela Media het vroeër berig ontevrede inwoners van Alexandra betoog al byna twee weke lank oor swak dienslewering in dié buurt.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

marous ·

Dalk gaan die rowers moet inbetaal as hulle die toerusting wil verkwansel .

jakes ·

Dit is geen verrasing nie. Natuurlik sal hulle beroof word in so n gebied. Dis die stokperdjie van kriminele.

Gert van Wierdapark ·

Dis bloot n voortsetting van staatskaping, genoem stadskaping of regstelende aksie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.