Joernaliste toenemend deur polisie geboelie

Lede van die polisie en weermag op patrollie tydens die staat van algehele afsondering. (Foto: SA Weermag/Twitter)

Die Suid-Afrikaanse Redakteursforum (Sanef) het sy kommer uitgespreek oor wat hy beskou as ʼn toename in die aantal voorvalle waartydens lede van die Kaapse metropolisie en die polisie joernaliste verhoed om hofsake en ander nuusgebeure te dek.

In die mees onlangse voorval, sê Sanef, is die media verhoed om die hofsaak van die 55-jarige Stephen Birch van Parow te dek. Hy is gearresteer nadat hy ʼn video geplaas het waarin hy beweer dat Covid-19-toetstoestelle met die virus besmet is.

“Polisie het nie die media toegelaat om Dinsdag die hof te betree om sy hofverskyning te dek nie. Hulle het joernaliste wat reeds in die hof was fisiek verwyder en boonop nie ʼn rede vir hul verwydering verskaf nie,” sê Mahlatse Mahlase, voorsitter van Sanef.

ʼn Poging om ʼn hofbevel te kry oor die kwessie of joernaliste toegelaat word om die hofsitting by te woon, was ook onsuksesvol. “Soos ons verstaan het nie die landdros of die departement van justisie opdrag gegee om joernaliste die hofsaal te weier nie,” sê Mahlase.

Foto ter illustrasie: Pixabay

Dit is blykbaar die jongste in ʼn reeks voorvalle waar die media deur die polisie of metropolisie verhinder is om oor bepaalde voorvalle te berig. “Op dieselfde dag het die polisie ʼn fotograaf verbied om die verwydering van asielsoekers uit ʼn kerk in Kaapstad te dokumenteer. Hulle het hom rondgepluk en geëis dat hy foto’s van ʼn afstand af neem.

Ons is ook besorg dat verskeie joernaliste toegang geweier is tot die Strandfontein-sportsentrum waar die Stad Kaapstad haweloses huisves. Hierdie soort hardhandigheid deur lede van die polisie het ongelukkig die afgelope 12 maande toegeneem.”

Mahlase sê die verhindering van joernaliste om hierdie gebeurtenisse te dek is teenstrydig met die regulasies van die tydperk van algehele afsondering, wat juis joernaliste as noodsaaklike dienste beskou. “Joernaliste het ʼn grondwetlike mandaat om die publiek in te lig, nou meer as ooit. En enige vorm van sensuur deur oorywerige beamptes behoort nie verdra te word nie,” sê hy.

Sanef het weer ʼn beroep op die regering gedoen om te verseker dat alle staatsinstellings joernaliste sal beskerm teen teistering terwyl hulle hul werk doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Rodger17 ·

Polisie is bang waarheid kom uit.Só boelie hulle almal,van publiek tot joernaliste

daniel ·

Ek is nie seker wat presies nie, maar iets is definitief nie reg nie.

D ·

Hulle het seker iets om weg te steek want die joernaliste is ons oe en ore in n tyd waar ons nie weet wat aangaan lyk of hulle wol oor ons oe wil trek

Fedup ·

You should go and ask cele what he and his cronies are up too. Iets sê vir my hier kom nog groot moeilikheid for power in die land. Elke deputy something wil nou begin nekkie skiet vir algehele power in die land. Geen reporter of nuus fotograaf mag enige toegang geweier word by sulke plekke nie. Sleep hulle aan die ore hof toe. Hulle is baie geheg aan hulle fortunes. Slaan die sak, dit het ń longer lasting affect wat hulle nie sommer vergeet nie.

Cherokee ·

Snaaks dat die DA geen woord sprak daaroor. Die Kaap is immers DA wêreld.

Michael 1 ·

Die joernaliste word oor die algemeen gemuilband, het julle al gesien dat hulle verwys na swart verdagtes, nee want hulle mag nie,so hulle kan nie hulle werk doen en die feite gee soos dit is nie.Hulle president lieg openlik en hulle los dit net so ,so waar is die joernalistiek se geloofwaardigheid Die joernaliste het n groot aandeel gehad voor “demokrasie” om apartheid tot n val te bring hoekom nou n blinde oog draai agv vrees en die verfoeilike polities korrektheid.

Barry ·

Hulle probeer die “staats greep” weg steek, die hele lockdown word verkeerd gedoen, my opinie!

Werner ·

Hier begin die ware redes vir die grendelstaat duidelik word… ANC soek meer mag

Anel ·

Die ANC is besig om ons in ‘n komunistiese staat te verander sonder dat enige iemand kans gaan hê om iets te doen. Baie goed beplan.

twaalfboor ·

Anel ons is lankal ñ kommunistiese staat. Die lockdown is ñ wêreld wye tendens agv die pendemie.

JM ·

Amptenare wat só ingenome is met die mag wat aan hulle verleen is, maar te onnosel is om dit beskaafd te gebruik. Die vooraf opvoeding en opleiding ontbreek totaal. Té veel wat in magsposisies is, is onopgevoed.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.