Johan Booysen en polisie se paaie skei

Johan Booysen, Valke

Johan Booysen, Valke

Die polisie wou nie bekend maak waarom hulle besluit het om te skik met die geskorste KwaZulu-Natalse Valke-hoof, genl.maj. Johan Booysen nie, terwyl hy oor ʼn paar maande sou aftree.

Brig. Sally de Beer, woordvoerder van die polisie, het gesê “die SAPD sal nie enige werkgewer/werknemer-sake voor die hom met die media bespreek nie”.

Booysen het op sy Facebook-blad bekend gemaak dat hy die polisie verlaat het ná byna 42 jaar se diens.

Hy was die afgelope vyf jaar grootliks geskors uit sy amp sedert sy inhegtenisneming in 2012 oor beweerde korrupsie en swendelary. Hy het op Facebook gesê hy het ʼn skikking met die polisie bereik, maar kan nie besonderhede daaroor bekend maak nie.

“Gister, 28 Februarie 2017, was my laaste dag met die SAPD (Valke). Die SAPD het besluit om met my te skik. Die ooreenkoms bepaal dat ek nie die besonderhede mag bekend maak nie. Ek is dankbaar vir die geleentheid wat ek gehad het om my medelandsburgers 42 jaar (wel, kort van twee maande) lank te kon dien.”

Booysen sou in Julie aftree.

Hy het tereg gestaan op aanklagte van korrupsie en swendelary wat verband hou met bewerings dat hy ʼn “moordbende” vir eie gewin bedryf het terwyl hy aan die hoof gestaan het van die Cato Manor-eenheid vir ernstige en gewelddadige misdaad.

Booysen ontken steeds alle bewerings. Hy hou vol dat hy ’n teiken is omdat hy korrupte sakelui in KwaZulu-Natal ondersoek en die NVG sy storie verander het na gelang van wie aan die hoof van dié instelling is.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder vir die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke, beter bekend as die Valke, het alle navrae na die nasionale polisiewoordvoerder brig. Sally de Beer verwys.

De Beer het gesê die waarnemende polisiekommissaris, lt.genl. Khomotso Phahlane, het gesê hy het hoë agting vir genl.maj. Johan Booysen. “Hy het ʼn groot bydrae gelewer tydens sy 42 diensjare en ons wens hom alles van die beste toe vir sy toekomsplanne,” het Phahlane gesê.

Lees alle vorige berigte oor Johan Booysen op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Johann ·

Al weer Brig. Sally De Beer aan die woord. Jy kan net sowel die mikrofoon vir Zuma gee.

Johan. H. ·

Stem,, Hulle dink die publiek is dom…Hulle is goed met woorde!!!

Francois ·

Ek hoop genl Booysen skryf ‘n boek oor sy diens in die polisie. Behoort interessant te wees.

Lindie ·

Francois,

Sy boek se naam is ” blood on their hands” baie intressant, die verraad is skreiend. Soos ook met Judasbok van Wynand du Toit. Ek het respek vir hierdie mense wat net nooit opgegee het nie ten spyte van uiterste beproewing.

Lindie ·

Francois,

Sy boek se naam is : “blood on their hands” soos met Wynand du Toit se boek Judasbok, is die verraad skreiend. Gee mens ‘n kykie in die verraad van die ou en nuwe regering amptenare.

Carol ·

Gen. Booysen het reeds n boek geskryf Blood on their hands Booysen tell his truth…… Baie baie insiggewend.

Pieter Ellis ·

Hy het reeds een geskryf, Blood on their Hands, en dit skets n prentjie van uiterste eie gewin en patetiese aanstellings wat gedoen was. En nog groter blapse met hofsake waar die SAPD op hulle neus gepot is, telkens waar hulle Booysen probeer aankla het.

Francois ·

Van ons land se staatsamptenare het baie opgeoffer en tot stand gebring. Dink aan ons staatsveeartse se deelname aan tsetsevliegbestryding in Angola en Mosambiek in die 60’s. (Sarcus)
Daar is selfs op n staatsveeartskantoor, ek dink dit was op Nongoma, geskiet. Die koeélgate kan glo nog gesien word.

Janneman ·

Francois, hy is eintlik n majoor.

Ons saluut U dat U terug geveg het vir so lank om staatskaping aan die lig te bring. Die swape dink hulle is onaantasbaar en dat die gepeupel verewig vir hulle sal stem!
Die onlangste ontnugtering was wreed dat die gepeupel, desonondanks SADTOU se pogings om hulle dommer te maak, uiteindelik die lig begin sien het.

Ek wens U alle sterkte en rus toe met U aftrede.

AL ·

Hy het baie lank uitgehou met die boeliery en heksejag teen hom. Hy het gestaan vir reg en geregtigheid – n baie skaars eienskap onder hoë polisie offisiere en politici.

w ·

Sjoe dalk kan Afriforum van sy skills gebruik maak. Regerings amptenare ontsien nix of niemand om met hul korrupsie voort te gaan nie en oe wanneer iemand op hul tone trap moet daardi persoon uit die pad

CAROL ·

MMMM IN DIE POLISIE EN AANGEKLA VAN KORRUPSIE EN SENDELARY???? LAAT MENS DINK NEH

Carolientjie ·

Ja daar was sake teen Gerrie Nel ook. Net soos mense nie meer doen wat sekere mense (politici) verwag nie, of dinge help toesmeer nie, kom hulle met allerhande vals klagtes, mens noem dit ‘n heksejag. As hy skuldig bevind is aan iets, hoekom is hy dan nie gevonnis nie? Enige persoon kan sien dit was ‘n set-up.

Piet van Niekerk ·

Gaan werk by Afriforum vanwaar hierdie korrupte spul aangevat kan word.

Koos1 ·

Generaal, dankie vir alles wat jy opgeoffer het in jou persoonlike lewe om geregtigheid te laat probeer geskiet. Jammer dat u nou moet loop. Ek is 100% oortuig dat al die sake waaraan u gewerk het, nou in die asdrom sal beland. Deel asb u kennis met die regte persone dat die sake aan die groot klok gehang kan word. O ja, trek asb uit KZN want ek is ook oortuig dat u lewe nie so veilig gaan wees as u daar aanbly nie.

mensie ·

hoekom se almal dankie vir die man, was hy nie aangekla van bedrog nie en bewerings van ‘n moorbende. vlgs my het hulle dit gedoen om albei kante skoon te hou. so ek weetie hoekom die man bedank moet word nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.