Johan de Jonge se vrou praat op radio

Johan de Jonge. Foto: YouTube-kanaal.

Rugby is ’n onderwerp wat mense selfs rondom ’n doodgewone braaivleisvuur lekker warm onder die kraag kan maak; om boonop nie eens daarvan te praat as iemand op sosiale media gal oor jou geliefde span braak nie.

Johan de Jonge, ’n Suid-Afrikaanse All Blacks-ondersteuner – het vroeër opslae op sosiale media gemaak nadat hy in ’n video omtrént vuur oor die Bokke gespuug het.

“Vir al die Bok-supportertjies wat vir my en my vriende so op Facebook vloek: Dít is waarom julle span verloor. Hou aan om ons te vloek, dit is reg; julle span sál nie met ’n Wêreldbeker(trofee) geseën word nie,” het De Jonge in ’n All Blacks-trui gesê.

Hy het al vingerswaaiend voortgegaan en nogal heftig onderneem dat hy vir Italië in die Bokke se volgende groepwedstryd sal ondersteun.

“Ek hoop Italië trap julle en kry ’n bonuspunt teen Kanada sodat julle sommer uitvoertsek uit die Wêreldbeker nog voordat die kwarteindstryde plaasvind,” het hy gesê terwyl hy met tye ’n Italiaanse aksent (“That’s a spicy meatball!”) probeer nadoen het.

Die betrokke video het op 28 September sy pad na YouTube gevind en is meer as 58 000 keer gekyk.

Nodeloos om te sê, het die Springbokke vir Italië met 49-3 getroef en ’n paar weke later het hulle die William Webb Ellis-trofee in Jokohama omhoog gehou.

Nou het De Jonge se vrou, Martie, in ’n gesprek met Martin Bester op Jacaranda FM gesê dat hul gesin onder boelies deurloop.

“Aan al die Bok-ondersteuners wil ek net sê dat ons gesin genoeg geteister, geboelie en uitgehaal is op sosiale media,” het sy gesê.

“Julle het nou die Wêreldbeker gewen en nes julle ondersteun ons ook ons span. So, los ons asseblief net uit.”

Sy het verder gesê dat hul gesin onder geweldige druk is. “My kinders word elke dag by die skool geboelie. En emosionele goed … dit raak net rof.”

Volgens De Jonge verstaan sy waarom Springbok-ondersteuners vir haar man vies geword het, maar ’n saak het altyd twee kante.

“Al wat Johan gedoen het, is om sy span heeltyd te verdedig en die video was ’n reaksie op iemand anders se kommentaar.”

“Ek kan vir die mense sê dat ek en Johan nie die enigste All Blacks-ondersteuners in die land is nie. Hier is duisende in Suid-Afrika.”

Bester het die De Jonge-egpaar genooi om saam met hom in die ateljee op sy Breakfast with Martin Bester-program te kom gesels.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

331 Kommentare

oh please ·

As jy jouself as ‘n toffie wil uitgee moet jy maar bereid wees om gekou te word…

Kaz ·

Presies! Hy is verantwoordelik vir die nagevolge wat sy gesin nou moet deurmaak. Moes nooit video geplaas het in die eerste plek nie.

De Villiers ·

Ai Johan, wat jy saai, sal jy maai. Jy het skoor gesoek in jou eie land met jou eie mense. Jy moes aan die gevolge gedink het voordat jy so uitdagend was en die Springbokke en hul ondersteuners probeer verkleineer het, veral nadat ons teen die All Blacks verloor het. Jy het dit ook nie grappenderwys gedoen nie, want jy was knaend en daarop uit om die Springbokke en ondersteuners aanhoudend af te breek. My raad aan jou is om, net so manhaftig as wat jy was om jou eerste video op sosoiale media te versprei, net so manhaftig te wees en op te staan en te erken dat jou optrede nie gepas was nie, en dat die Springbokke verdien het om te wen. En dis die regte ding om te doen. Jy sal sien dat die dinge sommer weer beter sal gaan. Sterkte

Nico Strydom ·

Mense, is dit nou nodig om die ou so te kruisig. Ek is ‘n BOK ondersteuner in hart en siel. Het nog nie een van julle al ooit in jou drif iets ge-uiter nie? Al het hy die onbesoone daad gepleeg om ons aan te val, dink ek dit is onnodig om die ou nou te verskeur soos ‘n klomp wildehonde.

Johan ·

HAHAHAHA! Presies! Jammer ou pêl, jy’t vir jou eie g@t ‘n ordentlike lat gepluk. Nou moet jy maar jou houe vat!

Piet Claassen ·

Well said……nou huil hulle. Moes gedink het hy gaan uitgehaal word. Kry vir jou.

Pierre de Ridder ·

Johan de Jonge moet nie nou sussie martelgat trek nie. Hy en sy gesin is nie nou die ” vitems” nie. Hy het Springbokondersteuners gekoggel. Hy het hulle uitgetart en verwens. Hy het die bed gemaak en moet hom nou maar slaap. Feit is, hy kan ENIGE span ondersteun en dit is sy volste reg. Daarvoor hoef hy nie omverskoning te vra nie. Hy kan wel egter die eerbare ding doen en die Suid-Afrikaners en Springbokondersteuners omverskoning vra vir sy uitdagende gekoggel en getart. Martie, as jy en die kinders nou daaronder ly, help dit nie om radio te hardloop nie. Praat met jou man sodat hy die eerbare doen en omverskoning vra vir sy optrede. Dan sal die mense hom dalk vergewe. Op die ou einde is dit alles in die gees van rugby. Die ergste is dat hy nou ‘n tweede video gemaak het waarin hy net verder gaan met sy tirade. Toiletpaier en al. Die feit dat hy moerig is vir die situasie in die land, gee hom nie die reg om ons Springbokondersteuners aan te val nie.

David ·

Ons het baie respek vir die All Blacks en vir hulle mense maar ons het nie respek vir iemand wat nie sy eie koester nie. De Jonge gaan egter nog verder as dit deur neerhalend te wees teenoor sy landgenote omdat hulle juis hul erflating beskerm. Hy het doodeenvoudig swak maniere.

CNel ·

Regtig! Altyd ‘n goue reel.. Doen aan ander wat jy aan jouself gedoen will hê.

Eugene ·

Nou moet sy vrou leiding neem en om hulp roep?
Johan ‘be a man’ en trek self terug jou woorde.
Flou plan om nou die arme kindertjies ook voor jou in die spervuur te hou as verskoning, jy het hulle hieraan blootgestel!
Gaan treur by die Rose of stel jou saak reg by die Bokke

Deon ·

Ek sal voorstel dat sy nie met die radio praat nie maar met haar man. SA is reeds verdeeld en dan is daar mense wat verder verdeeldheid skep deur dwars te wees en vir n ander span te skree. En dan boonop n video te maak met n goeie skoot aggressie en dit te versprei. Die reaksie daarop is mos voorspelbaar.

Johan Weideman ·

More Johan . Openbare media is baie gevaarlik . Jy het die hele Suid Afrika aangevat om jou se te se. Kom kuier bietjie in Suid Afrika dan sien jy regtig wat die mense van jou dink . Ons is trots Suid Afrikaans. Elke ras is trots Suid Afrikaans . Jy het elke mens is Suid Afrika aangevat . Die feit dat die mense jul in New Zeeland aanvat wys my net hoe verkeerd jy opgetree het. Gelukkig verstaan twee dogtertjies jy is verkeerd en jou mooi reg gehelp.

Wik ·

Moet hy nie maar liewers *SELF* praat nie, in plaas daarvan om vroulief te gebruik nie? Waar is al die woede en bravado nou? Ek het nie eers geweet wie die ou is totdat iemand die video vir my gewys het nie. Daar is baie All Black ondersteuners in SA, maar niemand het so ‘n slegte video gemaak nie.

Wanneer maak hy sy volgende video. Ek is seker as die Springbokke verloor was daar alreeds ene. Miskien moet mens hom ‘n kans gee vir sy volgende video . KANNIE WAG om dit te sien nie.

My ouma het altyd gese moenie begin wat jy nie kan klaar maak nie. Goue wysheid.

Mense moet nie so hard op die arme ou wees nie. Chip liewer almal in bestel vir hom ‘n woedebestuur

Mvn ·

Dis een ding om hom uit te haal maar ek stem glad nie saam daarmee dat sy kinders ook geboellie moet word daaroor nie.

Saartjie ·

Johan Weideman, die mense woon in Centurion. Hulle gaan juis Vrydag hulleself verder blootstel op radio.

Ek kry werklik sy kinders bitter jammer, maar die man en sy vroutjie, wat ook maar relatief aanvallerig op radio was, het geen simpatie nie. Hulle moet maar vat wat na hulle kant toe kom.

Jan van Staden ·

Hy moet verantwoordelikheid vat vir wat hy aan sy vrou en kinders gedoen het. Wees nederig en vra die volk verskoning anders gaan die wind nie vinnig le nie. Arrogansie in die openbaar het nog altyd n negatiewe nadraai. Ek kry net sy kinders en vrou jammer met so n windgat man wat hulle lewe n nagmerrie gemaak het.

TwaalfBoor ·

Johan de Jonge….. is jy die outjie wie se toebroodjies op skool altyd deur die boelies afgevat was?

Etienne ·

Die ding is: jy kan ondersteun wie jy wil, maar jy gaan mense kwaad maak as jy arrogant en neerhaelend is. So ek reken hy het dit verdien.
Sy kinders en vrou? Seker nie so ek sou se dis nou genoeg. Hy moet die hoeters hoor saterdag en dit sou hom baie meer seermaak as ons woorde.
Plus die volgende 4 jaar gaan hy hoor ons is wereldkampioene

Seg-mar-net-ook ·

Nee wat, ou Swarrie! Jy het hard en duidelik jou punt gemaak ons ou bok-supportertjies antwoord ook net goed, hard en duidelik. Wat get jy gedink gaan gebeur, hmmmm???

Martin Moolman ·

Ja nee kyk, as jy jouself so geesdriftig wil uitlaat oor iets wat ons as landsburgers so na aan die hart lê, moet jy mans genoeg weesbom vir die pak ook te staan. Wat het hy gedink, dat dit net n stille dood sal sterf? Foutjie, my outjie. En Me de Jonge, jou man is nie sie slagoffer hier nie. Ek hoel jammer vir jou kinders, dis nie reg dat hulle hieronder moet deurloop nie, maar ai, ou Johan versien alles wat sy kant toe kom en nog gaan kom. Die stof het nog lank nie gaan lê nie.

Stan ·

David, ek is so bly jy ’embrace’ ons-sê-mense dit is hoe dit moet wees. Mag jy lank gelukkig wees.

Jacques ·

Als goed en wel maar ek dink los die kinders uit die ding. Hul pa het die mense aan gevat. Die kinders is onskuldig in die saak

Pops ·

Ag asseblief tog. Dan moes hy nie sy ou video-tjie op sosiale media gedeel het nie, mev de Jonge. Hy moet nou maar sy pak soos ‘n man vat. Jy vat nie aan ‘n Springbok-ondersteuner se rugby span nie, maar dit het jou man nou seker te laat agtergekom ne??

Bokkie ·

Jammer jong, maar jou man moes 2 keer gedink het voordat hy belaglike video gepost het!!! Het hy regtig gedink hybsal nie verskeur word en ad verraaier gebrandmerk word nie? Baie jammer vir jou kinders, maar hopelik het hulle iets hieruit geleer!

Theresa ·

Dan kruip hy nog agter sy vrou weg, sy was die een wat op radio gepoog het om simpatie te wen. Wat ‘n patetiese wese wat homself ‘n man noem.

Johan ·

Seker waar oor die toffie en bereid moet wees om gekou te word. Maar ek dink ons Suid-Afrikaners moet dan leer om die betrokke individu te “kou” (as ek die toffie beeldspraak gebruik). Kom ons los die man se kinders en vrou uit – asseblief.

Lizelle ·

Ek stem saam Johan. Laat dit nou gaan en los die man se vrou en kinders uit. Dis erger dat mense nou sy onskuldige gesin teiken. Dit se vir my dat die mense wat so reageer veel erger swak karakter eienskappe openbaar. Ja jinne, die ou het mense kwaad gemaak, so gaan ons nou vir hom en sy hele onskuldige gesin verneder? Dink asseblief aan hoe moeilik dit vir sy kinders moet wees en los dit nou. Skade is klaar gedoen….

All Black Pel ·

Sterkte my ou maat. Die stof sal weer gaan lê en die Kiwigras sal weer daaroor groei!

Riaan ·

Ha ha ha!

Dit is wat julle ‘n maand terug gedink het, en toe …?

Bren ·

Laat die kiwigras lekker groei, die bokkies sal dit weer kom kort eet.

Elize ·

Daar is ander wat die ABs ondersteun en ander lande, maar niemand is so afkrakerig soos jy nie. So sorry, Ieef maar met die nagevolge

Ek ·

Die bokke het die beste vir laaste gelos nie net almal se ou groen grassies kortgeknip nie, maar sommer daarop geblêrts.
He he!

Azil ·

Ook ‘n All Black ondersteuner in SA – hulle bly TOPS !!!

MP ·

Laat dit vir hom ‘n les wees. Ons almal het reg op jou eie opinie maar deur die video het hy homself oopgestel vir kretiek. As jy nie wil hê mense moet jou aanvat nie moet jy liefs nie op sosiale netwerke dinge kwyt raak nie. Hy was vining om die Bok ondersteuners te beledig maar nou kan hy nie sy eie medisyne terug vat nie. Nee wat Johan. Ek dink jy moet maar trek. Ek is trots om ‘n Bok ondersteuner te wees.

Phillie ·

Lees al die kommentare en sien ‘n enkele Christen tussen almal nie
Net mense wat nie wil toelaat dat iemand anders as hulle mag dink of voel nie
Seker ook selfde wat nie toelaat dat iemand bane in druk verkeer verander nie

Stephan Steyn ·

Phillie, ou broer, hierdie gesprek heers juis as gevolg van oordadige vingerwysing en astrante mannetjies wat soos bak-arm adolossente die wêreld en sy maat wil uitdaag oor letterlik alles. Ek vermoed jy het die draad van die gesprek iewers opgetel sonder om die oorsprong vas te stel. En Phillie, godsdiens en christenskap behoort ‘n passie te wees, maar nie alle passie hou verband met godsdiens en christenskap nie. Kom ons los asseblief die christelike veroordeling buite hierdie debat…

Yvonne ·

As jy kan uitdeel kan jy ontvang ook. Hy het nie op ‘n spesifieke persoon se boodskap uitgevaar nie maar in meervoud gepraat….”julle bok ondersteunertjies”.

Sy eie skuld dat dinge so hand uitgeruk het en sy kinders nou geboelie word. Hy het met die verkeerde mense moeilikheid gesoek.

Vra eerder omverskoning en vat jou pak soos ‘n man

Vrystater ·

Martie, moenie met die “Springbok supporters” raas nie.

Laat hierdie nou maar vir jou en jou man n les in nederigheid wees. Jou man was vreeslik hoogmoedig en nou dat die skoen aan die ander voet is wil julle huil.

Die ding sal oorwaai met tyd, maar moenie verwag dat trotse Suid Afrikaners julle enige toegewing gaan gee. Johan het gif gespoeg en dis sy eie gif wat hom nou verstik.

Nederigheid is soms n goeie eienskap. Kyk maar net hoe nederig is die All Blacks as n span. Jou man kan gerus by “sy span” daarvan leer.

Janneman ·

Presies. Sy skuld. Nie sy kinders of vrou s’n nie. So waarom moet hulle geboelie word? Moet daar nou eers n tragedie plaasvind voordat dit stop?

HESTER ·

Sit n wag voor jou mond As julle so vreeslik geboelie word op sosiale media , miskien moet jou daaraf bly. Dit wat hy ons Springboke toegewens het was baie common

Desiree Meyer ·

Ek stem nie noodwendig saam met die uitlatings wat op sosiale media geuiter word nie. Ons moet versigtig wees om die woord common te gebruik want mense interpreteer dit nie almal dieselfde nie. Ek byvoorbeeld voel dit is ” common” om ‘n koninklike, maak nie saak hoe liberaal hy is, te ontmoet in jou speedo. Ander weer vind dit amusant. Dit is en bly almal se keuse hoe hulle situasies sien en hanteer maar dit is onaanvaarbaar om diegene soos sy vrou en kinders te teroriseer omdat hulle “skuldig is deur assosiasie”.

Marita ·

As n persoon sulke videos op FB plaas is die enigte doelwit om reaksie te kry? Veral as jy Suid Afrika se nasionale span aanvat. Dan, wanneer dit gebeur, tree jou vrou in!! Ag nee man, vat jou pak en beweeg aan. Jy het nie n oomblik gedink aan die gevolge hiervan nie.

Dennis jones ·

Hy moes nie gesê het die bokke en by implikasie al die bok ondersteuners moet uit die wêreld beker voertsek nie ,ek glo as hy dit nie gesê het nie was daar nie so n heftige reaksie nie

Xxx ·

Desire Meyer.

So die springbokke moes skielik hulle formele pakke uitruk direk na n wêreldbeker eindstryd, om ñ liberale Koninklike te ontmoet? Hoorie ouens, onthou julle suits, net ingeval Ons wen en Harry wil Ons hande kom skud. Die koninklike stap bloot in die aantrekkamer in, wat verwag hy dan?

J. D ·

Daar is n groot verskil tussen ondersteun en n ander span (jou eie land se nasionale span om presies te wees) te probeer sleg maak. Ek verstaan dat hy n AB ondersteun is maar om self te hoop dat italie o s wen is n heel ander storie

Lee ·

Dis sy eie skuld en hy moes na die nagevolge gedink het. Jy sê nie die Springbokke sleg in SA nie!! Hy wou aandag hê deur sy video wyd te share op social media, so nou moet hy maar die gevolge dra. Sorry Johan! Dis maar wat gebeur…..

Dorinkie ·

Nee dankie ons soek nie soort hier in NZ nie. Dis een ding om passievol oor jou span te wees en ‘n ander om mense te beledig. Soos dit is, is rugby een van die min dinge wat die afrikaner volk bymekaar bring, moenie dit gaan vertrap en ‘n volk beledig nie. Skree vir die AB”s, dis ok, maar gun ander dieselfde!

Springbokvrou ·

Dalk moes jou man aan julle gedink het voordat hy ons aangeval het Mev. ek is jammer hy het al julle moeilikheid op homself gebring, niemand se ons en ons Bokke sleg en dink alles gaan maanskyn en rose wees nie. Jou man moet homself skaam

Jackie ·

Ai Johan jy moes maar liefs net jou lelike kommentaar vir jouself gehou het…nou moet jou familie daaronder ly. Rugby is n game my genade geniet dit en ja ondersteun jou span en laat ander hulspan ondersteun. Jy gaan tekere asof dit groot politieke saak is. Ons land so gewikkel en verdeeld deur politiek…kom ons geniet ons sport!!!!!

kokkie ·

Kom ons begin ‘n noodfonds om hom en sy gesin te help om in NS te vestig.

MevB ·

As ek kyk hoe waardig die AB’s verloor het, dink ek hle sal skaam wees om hierdie ou ‘n ondersteuner te noem. Niks van wat en hoe hy gal gebraak het, sal enige span trots maak om hom aan hle kant te hê nie.

Netta ·

Nou net gewonder wanneer gaan bly hy in NZ? Vat jou goed en trek, Johan.

Karl ·

Ja nee, hier steek die goeie weers Bok ondersteuners hul koppe uit.

lynette ·

toe nie – ek is en bly ‘n bok ondersteuner – wen of verloor!!!!!

Chris ·

Johan, jy het jou familie in die gemors gegooi en nou moet hulle soos n muur staan en jy kruip agter hom weg. Ons almal maak foute en dan leer ons ook daaruit. As ek vir jou goeie raad kan gee Johan, gaan op sosiale media, dieselfde een waar jy jou eerste uitlating oor die bokke gemaak het, trek met trots jou AB trui aan en vra onverskoning. Ons Groen bloed bok ondersteuners sal jou met ope arms vergewe. Sterkte Johan.

Afrikaan ·

Hierdie is nie net ‘n aksie teen ‘n Bok-hater nie. De Jonge het met sy tirade elke SuidAfrikaner wat omgee vir sy land en sport aangeval. Nie ‘n enkele een van die sg. “Goeie weers” bok ondersteuners het publieke stellings gemaak waarin hulle neerhalende opmerkings gemaak het nie. Hierdie vent is te veel van ‘n slap rug om verantwoordelikheid te aanvaar nie; moenie soos hy raak met hierdie agteraf opmerkings nie.

Mike ·

Elke persoon het die reg om n span te support wat hy wil, dit is sy reg! Maar as jy op sosiale media te kere gaan soos jy te kere gegaan het wat verwag jy. Jy het elke Bok ondersteuner onder dieselfde kan geskeer en nou wil jy huil aan shame. Ek voel jammer vir jou vrou en kids…….

Marita ·

As n persoon sulke videos op FB plaas is die enigte doelwit om reaksie te kry? Veral as jy Suid Afrika se nasionale span aanvat. Dan, wanneer dit gebeur, tree jou vrou in!! Ag nee man, vat jou pak en beweeg aan. Jy het nie n oomblik gedink aan die gevolge hiervan nie.

Hanlie ·

Jammer Mev. Jou man het dit oor homself gebring. Hy moet vir jou en jul kinders omverskoning vra. Dan daarna nog ‘n video op FB te sit en nog ‘n persoon te kritiseer is mos nou vir moeilikheid soek. Wat van jammer sê vir al die bok ondersteuners oor hy so afgegaan het.

Louise Jordaan ·

Wel JOHAN!!!!….Jy het gesien wat se gemors jou eerste aanvallende video op sosiale blad veroorsaak het…soos jou vrou se jul is nou onder baie druk..jou kinders word geboelie(wat ek heeltemal teen is en hul regtig baie jammer kry dat hul deur die gemors moet gaan en onder lei wat hul pa veroorsaak het..hul nie gevra vir n pa wat hom soos n kind gedra…jy is veronderstel om n VOORBEELD vir hul te wees)….EN WRAGTIG…..jy gaan sit NOG n aanvallende video op…..DINK ASB!!!!…JY IS MOS N GROOT MAN!!!!!…so nou moet jy dit maar vat pappie!!! Het jy nog nooit geleer stil bly is ook n antwoord!!! Weereens WORD GROOT! (Vir jou gesin se onthalwe en los sosiale media uit in die gevolg!!!!)

toy ·

Hy moes gedink het aan jou en die kinders voor hy so uitgevaar. Wees kwaad vir jou man hy het hom en julle blootgestel.

MC ·

Stem saam met jou, toy, hy moes gedink het aan sy vrou en kinders.

Maddy ·

Mev De Jonge
1) jou man het mense omgekrap met sy aanvallende video
2) toe Johan Lee hom aanval toe kom hy terug met ‘n ewe aanvallende video
3) as hy die ondentlikheid gehad het om op sosiale media omverskoning te vra, sou dit nie erg gewees het nie
4) hy is ‘n papperd, want hy het nou net verdwyn
5) nog meer ‘n papperd, want hy kruip agter sy vrou weg
6) as jou kinders geboelie word, vra jou man hoekom dit gebeur – hy het die aangewakker
7) ek herhaal punt nr 3 – hy kan nog steeds dit doen, maar dink nie dit sal die gewenste uitwerking meer hê nie, want … punte 4 en 5 kom is van toepassing

Bokkie ·

Hy het verseker nie net sy span verdedig nie – hy het die Springbokke en die Springbokondersteuners sleggesê. Die woord “jammer” sou in hierdie geval ook baie gehelp het.

Lucy ·

Wat in die lewe het hy verwag? Ek is jammer vir die kinders maar vir Johan het ek geen simpatie nie. Hy was n boelie en vrek ongeskik. Nou kry hy sy vrou om op radio te se kinders word geboelie. En sy se hy het net sy span ondersteun. TWAK. Dalk moet sy die video weer kyk. Jy saai wat jy maai ou maat.

Posduif ·

Jy kan nie verwag om mielies te oes as jy dissels gesaai het nie (veral nie met SA se rugby publiek nie)!!! Miskien is van die kommentare hierbo korrek. Dalk as Mnr De Jongh die moed bymekaar skraap, nie sy vrou voorstoot nie en nederigheid aan die dag le deur omverskoning te vra vir sy uittartende video insetsel, mag hy dalk minder “vuur trek” (of hy gaan kan sien om dit in ‘n landsvlag-onderbroekie te doen, sal ons moet sien)!!!!
Vir die interm, laat dit vir ons almal ‘n les wees!!!

Tinkerbell ·

Ai en hier sit en wag ek vir n op volg video van Johan af . Jy moet jou pak soos n man vat. Ek hoop Johan het die 2 video’s van daai 2 pragtige dogtertjies gesien, johan de jonge daar word jy lekker uit gehaal. Ek kyk dit gereeld…
Shame man tot die kinders lag nou al vir jou en dink jy is die grap van die jaar????????

Anoniem ·

Nou wat het hy verwag. Hy kan vir 4 ure bok ondersteuners sit en sleg maak en nou dat hy sy eie medisyne terug kry nou vra hy vir mammie om asb vir die mense te vra om hulle uit te los. My vriend ek deel nie in jou seer nie, maar jy het hiervoor gevra staan nou op soos n man en gaan na Martin Bester se program en vra alle bok ondersteuners omverskoning en hou op om agter jou vrou te skuil.

Grens ·

Ag siestog, lekker grootbek gewees toe die All Blacks bo aan die lys was, nou skreeu ons boelie. Kry tog bietjie ruggraat en vat jou pak man.

Katryn ·

Engelse spreekwoord wat sê: “Those who stir the pot have to lick the spoon..” Kry vir jou

Morne ·

Ek gaan gaan dit sê die man Johan De Jong het ons land verwys na n rol toilet papier hy het ons springbok span sleg gesê en dit alles op FB ek weet ons land is nie perfek nie. Maar ons het darm die groot vyf ons het n mooi tafel berg ons het darm mooi waterfalle ons het van die beste swem strande ons het darm van die lekkerste weer. As hy man genoeg is en dalk weer respek van ons Suid Afrikaners wil moet hy onverskoning vra vir die land die mense in die land die bokke ook hulle geluk wens. Dan sal die mense van die mooi land hom respekteur en hom uit los.

Malie ·

Hy verdien alles wat sy kant toe kom, maar, ek kry sy kinders jammer. Hy het nie aan hulle gedink nie… punt, hy HET nie gedink nie. As jy so iets doen, moet jy die gevolge vat wat daarmee saam kom

Liza ·

Maddy dankie vir jou kommentaar, dit is so waar wat jy se………hy het vir hom self ‘n gat gegrawe, ek kry net sy kinders jammer………..

Tiger ·

Ek en my man is een maal na ‘n sport kroeg waar ons die wedstryd tussen die Wallabies en die Bokke gaan kyk het.Ek was geklee in my Wallaby rugby trui want ek ondersteun hulle.Die manne se gesigte was iets om te sien toe ons daar instap .Die Wallabies het toe boon op daai dag gewen en ‘n hele paar manne het vir my ‘n drankie aangedra na die tyd!Die gees was baie lekker en daar is groot gespot met mekaar se spanne. Maar van vloek en lelik wees was daar geen teken nie.Almal was beskaafd.

Annemarie ·

Ha ha ha hoe lekker lag ek nou! De Korte het De Jonge se tjank afgetrap

Genieve ·

Gou wees om te luister stadig wees om te praat..sal jou leer hou jou tong in toom en los ons bok ondersteuners uit.

Sannie sê ·

Jong, as jy agter jou vrou en kinders wegkruip, is jy nie ‘n man nie. Nog minder ‘n boerseun, want hulle staan hul man. Moenie nou huil. Wat dink jy gebeur op sosiale media? Mense gaan jou uithaal. Ek skaam my vir jou Johan!!! Geen ma se trots.

Ander Annie ·

Nee wat mevrou. U man het dit oor homself en sy gesin gebring. Sy houding in die video was regtig onaangenaam. My vriendin ondersteun ook die All Blacks, maar sy respekteer almal om haar. U man mevrou was ongeskik en eintlik arrogant. Die gat het hy vir homself gegrawe en nou val julle saam met hom daarin.

Henk ·

Julle het daarvoor getender met jou man se uittartende en vieslike video waarin hy onbeskaamd die All Blacks ondersteun. Julle het jul bed opgemaak, julle moet nou maar daarin slaap. Geniet dit.

Pernankie ·

Johan, jou ego het duidelik jou denke oorheers, nie gedink aan die gevolge van jou video nie en nou moet jou gesin die gelag betaal. Wat het jy gedink gaan gebeur? Dat almal gaan stil bly en niks sê nie? Toe kry jy ‘n nare verrassing! Jammer ou maat, jy sal maar moet regmaak wat jy verbrou het. Mevrou, jou man het nie maniere nie, nou is julle vies vir almal? Leer jou man om respek te hê vir ander, anders gaan jy nog baie kwaad word. Hoekom het hy nie die persoon wat dan nou sy span so aangeval het uitgesorteer nie? Ek kry jou bitter jammer.

Shorty ·

Geagte Mevrou De Jonge
Jou man moet dink voor hy praat en voor hy homself ‘n gek hou op sosiale media. Het hy een oomblik gedink dit wat hy kwytgeraak het met soveel passie op sosiale media nie versprei gaan word nie. Ek dink hy het gedink sy span gaan wen dan kan hy vir al die Bok supporters n toffie gooi en dat hierdie videos hom op ‘n nice manier “popular” maak. Nee toe het dit n heel ander uitwerking want sy span het verloor en die ander span soos Italie wat hy ook voor geskree het. Ek kry u en u kinders jammer maar regtig jou man moet bietjie een van sy chill pille geneem het of gaan oefen het vir sy “comrades” om van sy stres ontslae te raak en sy kop skoon kry voor hy julle in die skande steek op sosiale media!
Kyk waar het sy hipersensitiwiteit hom nou gebring.

Ai ja jai

Anoniem ·

Shorty as hy die comrades hardloop beter hy vir hom n masker kry want die ouens gaan hom uithaal. Hoop net as hy n masker kry dan is dit nie een van die All Blacks nie.

Adk ·

Doen asb n onderhoud met Bokradio se breakfast span Johan de Jonge……
Net n bietjie raad, dink voordat jy praat al is dit net vir jou kinders.
Kan nie verwag mense wat jy aanvat moet stilbly nie.
Nou praat jou vrou en jy is stil.
Dis swak ou baie swak vir n groot mond
.

Anna ·

Ja-nee, nou moet kinders daar onder lei, omdat “Pappa nie gedink het nie”!! dade het gevolge, boet !!!!

Elsabie ·

Hahahahahaha………….. Lekker lag ek nou. Seker familie van Marelize en al daai spul??? Haha

Liza ·

Ons sit ook met van daai Kiwi ondersteuners in ons familie, en dit raak onsmaaklik! Ons praat nie meer as ‘n familie oor rugby nie want iemand trap op iemand se tone. Iets wat ek nie verstaan nie is dat hierdie mede Suid-Afrikaners een of ander haat het teen ons Bokspan? Hulle ondersteun enige ander span wat teen ons speel. Dalk moet julle almal gaan google “How to emigrate to New Zealand?”

Dink daaroor. ·

Mense, hier is kinders betrokke en ‘n vrou wat (ek is seker) baie skaam kry! Ons doen nou presies wat hy gedoen het. Kom ons wees beter as dit. Respekteer die kinders genoeg en los die mense uit. Het ons niks beter om te doen met ons tyd as om iemand anders se lewens hel te maak nie. Ons is die boelies waarteen ons, ons kinders wil beskerm.

Paul ·

Dit le by hom om orals omverskoning te vra en sodoende die druk van sy kinders af te kry want hy is die oorsaak Nie die bok ondersteuners nie Old Irish saying” Keep your mouth shut and let people think you’re a foolinsyead of opening your big trap and proving you are one

Ondersteuner ·

MOENIE iets begin wat jy nie end uit kan voer nie ou maat. Hier sal jy jou moses teekom as daar nou een plek is wat ons klomp hier aan die punt van Afrika kan saamstaan is dit met ons nasionale sport manne

Martie ·

Ai tog nee, nou moet die vrou die kastaiings nog uit die vuur krap ook :)
Ja mense asb los die kinders uit.

johanna ·

@Martie … vra sy vrou hoekom sy die kinders bygevoeg het toe sy vrou Martie de Jonge die video geneem het …

Neef ·

Hie hie, almal sê wat ek wou sê.
Dalk een ding, hoekom het hy sy land verraai en ‘n AB geword?
Was dit oor die bokke ‘n paar droë jare gehad het? Of is dit maar net ‘n slap houding wat wag om te sien wie die wereldbeker wen? Gaan hy nou weer ‘n boktrui koop?

JJ van Niekerk ·

Ek kyk na beide kante.

Dit is hartseer dat die ondersteuning van ‘n Sport (Rugby span), iemand die reg gee om iemand anders se te veroordeel en sover gaan om sy menswees so af te breek

As jy nie iets kan sê om iemand sy mens wees te ondersteun nie (nie noodwendig sy opinie nie) is dit tyd om dalk introspeksie te doen

Aan beide kante. Is dit goed genoeg om een span so op te hemel ten koste van die ander span.

Dit geld vir beide spanne.

Daar is massiewe fout aan beide kante

Wat maak dit verskil… 1 jaar, 10 jaar of 50 jaar later. Net nog ‘n statistiek.

Die water waar mee die meul me gemaal het sal nooit weer mee gemaal word nie

Waarom word die sukses van ‘n jaar uitgesonder. Albei spanne is goed.

Die een net beter 1 jaar as die ander. Ek sê weer albei spanne of al drie spanne is goed.

Is ons kinder (skool) mentaliteit, van wen ten alle koste, die baas? Dit sonder om enige greintjie van volwassenheid by die huis agter te laat

Hoe laag moet ons daal? Dit aan na al drie kante gemik.

Ek wonder maar net…

Riaan ·

JJ, ek dink jy moet maar aanhou wonder want jou “argument” maak nie sin nie?

Askies ·

JJ ek verstaan nie jou redenasie. Watse foute het albei kante gemaak? JdJ het blatant en met opset n video gemaak en iets nasty te sê gehad oor Springbok ondersteunerd en ons kaptein. Hoe dom kan jy wees? Is nie iets wat hy in privaat gesê het en een van sy BAIE vrinne het dit gepost. Hy het aspris gedoen om aandag te kry. En pappie het hy dit gekry. Nogal met interest by. Sê maar eerder volgende keer hoe baie hou jy van die AB span sonder die toilet papier ha ha

Jolandi ·

Sorry ou tjomma.. Jy moes gedink het voor jy jou soos i boks gedra het, nou moet jy maar vat wat jou kant toe kom aangesien dit jy was wat dit so mildelik uitgedeel het.. Al uitweg wat ek vir jou kan sien, is om weer jou allblack jersey aan te trek en weer i video te maak en almal onverskoning te vra.. Miskien hou dit dan op.. #moenieuitdeelasjyniekanontvangnie

Kyk nie eers rugby nie ·

Ek wonder net hoe sou hy opgetree het as sy span gewen het??

Adel ·

Hahahahahahaha- dis hy wat die hele storie begin het en nou wil hy huil…… ag siestog kom oor jouself, as jy nie so arrogant en vieslik was nie, sou niemand iets gesê het nie.

Elke daad het sy gevolge…..

Onnie ·

Ek sien daar staan die borg AIG op die All Blacks se truie. Ekt nie geweet Afrikaans Is Groot borg die All Blacks nie?? Lol! Wel deesdae is enige moontlik in SA!

JR ·

Genoeg is genoeg ek ondesteun ook die All Blacks want die SA government ondersteun my nie die All Blacks het beter en mooier maniere nou kan julle my ook maar steunig ek vat dit van wie dit kom

Gesiggie ·

Ag shame…. Jou man moes daaraan gedink het voordat hy so Gal gebraak het oor die Bokke. As hy iets wou se, kon hy sy boodskap bietjie beter oorgedra het… Nou moet die hele gesin die prys betaal…. Dis nogal SAD !!!

Meraai ·

Ons het almal iets te leer uit Johan se fout. Dink voor jy iets op Sosiale Media plaas. Daai reel van as jy kwaad is, gaan sit en dink eers daaroor geld ook hier. Want nou sit hy met die rooi gesig.

Hennie ·

As jy dab so n groot AB ondersteuner wil wees en BOK ondersteuners sleg se wat maak jy dan nog hier. Emigreer NZ toe en doen dit blerrie vinnig.

Corne ·

Wat ek glad nie kan begryp nie is.. hoe n gebore Afrikaner vir NZ, Aus of seker maar enige ander land kan ondersteun nie, ek kan dit net nie verstaan nie, al het ek in watter land ookal gebly sou ek nog steeds die Springbokke ondersteun het.. veral as ek nog steeds hier bly (afgesien van al die negatiewe dinge in die land)

IerseBoer ·

Johan, Martie en al die AB ondersteuners is absoluut dislojaal teenoor SA. Sulke mense moet hulle goedjies pak en hul in NZ gaan tuismaak. Ons soek mense wat saamwerk om ʼn beter SA te bou – nie veraaiers wat verdeeldheid saai nie.

Penellope Jones ·

Genugtig, dit klink darem baie erg. . . .
Dis net ‘n sport, ‘n balspel!

Gertryda ·

Jy spoel nie jou mond uit oor Bokke hier in SA nie.
Jou aksies het gevolge.. moenie agter jou vrou wegkruip nie…. vra omverskoning op sosisle media…. gaan aan met jou lewe

E.K. die eerste ·

Dis hoekom ek nog altyd sê dis nie sosiale media nie maar sosiale euwel. Kyk nou waarop loop dit uit..ai

Amanda ·

Mevrou, jou man het hierdie probleempie oor julle gebring, leef maar daarmee saam want simpatie gaan jy van bitter min mense kry…

Jaco ·

Ek kan nie onthou dat ek ‘n video of boodskap van ‘n Bok-ondesteuner gehoor, of gesien het wat die All Blackspan en hulle ondersteuners so probeer uithaal, verneder, verkleineer, versvloek (gaan nie geseën word nie) oor die wêreldbeker nie.
Hy moes gewag het tot sy span gewen het en dan lekker gelag het! Hy moes ook daaraan gedink het dat hy “binne in die middel” van Suid Afrika en rugbyondersteuenrs bly. Het hy verwag hulle gaan nou terug sit en sê hulle is jammer om te lewe en hulle sal nooit weer die groen en goud ondersteun nie??!!
As hy man is sal hy weer op die lug kom en verskoning vra en sy vrou en kinders verdere verdriet en pyn spaar en effe verligting gee! Nee, hy kruip nou weg soos ‘n rot wat nat gereën het. Hulle moet maar self sien en kom klaar, nè gesinshoof?! Nee mevrou, sê vir daai slapgat hy moet sy vernedering en “trots” in sy sak steek en doen wat hy moet doen!

Riaan ·

Wat sou Johan gedoen het as die AB die wêreldbeker gewen het?. Ek is seker daarvan dat hy nog ‘n plasing op Facebook sou maak, moontlik meer as een.

Feit van die saak is dit was hy wat op Facebook ‘n video geplaas het wat die hele miernes oopgekrap het, en ou wil hy nie die verantwoordelikheid daarvan vat nie. Hy hou baie duidelik daarvan om die houe uit te deel maar kruip vinnig agter mamma weg as daar teruggeslaan word.

Absoluut ·

Absoluut Riaan, ek kon dit nie beter stel nie!!! Letterlik agter Mamma se rok.

Randelph ·

Johan soos ons ouers altyd vir ons gese het as ons pak gekry het. “JY HET GEVRA VIR DIT”. Dis n jammerte dat jou kinders nou moet deurloop deur jou besluite en “responses”. Maar as jy kan uit deel kan jy ontvang.

DL Villoen ·

Ek lees so die boodskappe hierbo. Ek is ‘n trotse springbok ondersteuner maar is baie bly ek het nie betrokke geraak by die wat die man probeer uithaal het nie. Maklik vir ons om te praat en te oordeel dat hy dit oor homself gebring het, maar sy kinders lei ook en elkeen wat op hom gereageer het is weer op hulle eie verantwoordelik vir die gedrag wat tot die kinders se boelie bygedra het. Wat skokkend is, is dat daar dames is wat moontlik self moeders is, wat die optrede van mense wat hom uithaal probeer goedpraat, sonder om te dink wat die gevolge op sy gesin is. Maklik om te se dit is sy skuld en ons eie optrede dan daardeur te probeer regverdig. Kom ons neem ‘n trappie terug en dink oor hoekom hy so optree en dan sal ons besef baie van ons is ook in daardie bootjie. Hy is ‘n blanke middeljarige man wat moontlik al erg deurgeloop het of kon geloop het onder regstellende aksie of ander soorgelyke diskriminerende optrede teenoor hom en sy kinders en dus is sy optrede en sy sienings, alhoewel ons nie daarmee hoef saam te stem nie, dalks nie so verregaande nie. Hy is moontlik kwaad oor verlede dinge. Was sy tirade aanvaarbaar? Moontlik nie, maar was die optrede van die mense wat daarop gereageer het enigsins beter? Het hulle maar nie ook tot op ‘n laer vlak gedaal nie? Wonder maar net daaroor.

Rushnia davids ·

Ag Johan Moenie jou steur aan almal se lelike kommentaar nie
Ons support ook all blacks en steur my nie aan enige iemand nie Dis my reg om te onder steun wie ek wil

MK ·

Persoonlik het ek n kleintjie dood aan mense wat ander lande ondersteun by sulke geleenthede. Dis onpatrioties en verdelend. Hierdie mense is dan ook gewoonlik baie arrogant oor hul span se prestasies. Hierdie tipe mense ondersteun ook gewoonlik n span wat deur die gewone mens beskou word as “besonders” of “die beste”. En hul besluit om spanne soos die (van lande waarmee hulle geen bande het nie) te ondersteun dui op n behoefte om belangrik te voel, n behoefte gesien te word. Amper soos die tannies wat so vir dominee tuisgebak aandra. Anyway dis my 2c oor dié onderwerp.

Vir Johan se kinders voel ek bitter jammer. Maar ek dink of nou slegs 100 mense in hul dorp, of 58 000 reg oor die wêreld nou daardie video gesien het, hul vernedering sou niks minder gewees het nie. Daarvoor is hy alleen verantwoordelik.

So vriende, wees bewus van die tye waarin ons leef. Die invloed van sosiale media kan nie onderskat word nie. Vra maar vir Margaret en Marelize. En Piet en Hugo. En natuurlik nou ook vir Johan.

Mooi bly

Corne ·

Presies, ek verstaan nie daai ndenkwyse nie, al het ek waar ookal in die wereld gebly sou ek steeds agter my span gestaan het, en wat ek altyd baie graag wil se elke keer as ek iemand ontmoet wat vir NZ skree is: dink jy regtig hulle gee enigsins om dat jy hulle ondersteun as n suid afrikaner? Ek glo nie.

Melanie ·

Jou kinders kry die swaarste, want hul het nog nie n keuse nie.. Laat jou man nou opstaan en mans genoeg wees en weer n video maak, waarin hy die bokke geluk wens en die keer nie so kinderagtig is nie. hy sal jou en jou kinders moet onverskoning vra.. het hy dan nog nie geleer dat wat jy saai jy sal maai nie?? jou kinders gaan die swaarste kry, ek stel voor hy vat hul vir n lekker vakansie binnekort.

Alwyna ·

Blinde sambok boetman. Miskien moet jy maar NZ toe immigreer. Ons soek jou nie in ONS land nie…

Jacques ·

Nee magtig ons soek hom ook nie hier nie, asseblief hou hom daar

Boer ·

Kyk net hoe staan ons mense saam wow … net sad julle is groot bek om saam testaan vir twak … maar plaas moorde in die wonderlike land van ons kry nie die selle opstand nie . Rugby word gespeel geld loop vry maar ons boere kry swaar

JR ·

Hoor Hoor ek stem 100% saam met jou Boer Jy slaan die spyker op sy kop Rugby is nie alles nie ons moet meer saam staan om ons Boere te help

Sjoe ·

Sjoe jy het nou omtrent die aandag gekry wat jy wou hê en nou is dit nie goed nie. Ek wonder net wat vir ‘n Suid-Afrikaner is jy, jy bly in die land, maar verklaar oorlog teen jou eie landsmense en ondersteun mense en ‘n span waar jy nie eens woon of ken nie. Soooo ongelooflik moeilik om te verstaan. Jy skuld jou vrou en kinders ‘n groot verskoning as hul nie jou siening deel nie. Verder voel ek ook die kinders kan nie geboelie word vir hul Pa se tekortkominge/ swak gedrag. Dalk moet jul maar net spaar en emigreer, alhoewel die All blacks self is ‘n nederige span en het goeie karakter gewys………

Fire Girl ·

Dis waaraan ek ook dink. Hyt ons sleg gesê dat die spoeg spat. En ogies en tongetjie geklik vol self vertroue… Nou moet sy vroutjie die media face en sy strooi uitsorteer. Baie swak eienskap. Hy mket ons Bokondersteuners eintlik omverskoning vra…

Wielspore ·

Daar is ‘n verskil daarin om jou span te ondersteun en om ‘n ander span te beledig. Sport is ons kultuur, as jy ons sport beledig, beledig jy ons as mense.
Pappa het ongelukkig oor die streep getrap en nou moet mamma verskoning maak, lyk my pappa sukkel self met die kultuur, ek het geleer jy staan pa vir jou verkeerde optrede, nie jou vrou. Die verskoning wat mamma aanbied dra nie veel water want sy maak verskoning en volg die sin met “maar”. Weereens om pappa te beskerm!

Lava Lamp ·

Ek aanvaar dat hulle nie die enigste All Black supporters is nie, maar ek sien nie enige ander videos waar die res van die All Blacks tekere gaan asof hulle gif ingekry het nie….. Nee magtag man, check jou ID boek, jy is mos nie meer ‘n kind nie…

Tattoo ·

Gaan na Jacaranda dat Martin vir jou ook ‘n groot “Toffie” tattoo reël.

Tong in die kies ·

Ag nee tog as Marelize, Margaret, Frikkie en Hugo en en dit kon oorleef…..
Bly weg van sosiale media as jy nie die punch kan vat. En mense los tog die man se kinnertjies uit asb.

Koffie ·

Was sy 2de video nodig? Hy het daarmee bewys dat hy nie aan sy kinders gedink het nie. Hy moet hulle omverskonong vra vir sy gedrag as ouer

@Koffie ·

Sy vrou moet nou eintlik ‘n video maak waar sy hom die leviete voorlees en hy hulle kindertjies verskoning vra! Ag hoe ookal ek dink hy het reeds pak slae by die huis gekry haha.

Joubert ·

Ek is ‘n Springbok ondersteuner, maar ek voel jammer vir hierdie ou. My vermoede is hy het besluit om nie meer vir die Springbokke te skree nie agv die diskriminasie wat in Suid Afrika teen witmense aan die gang is. Nou word hy as die grootste landsverraaier uitgekryt. Dit blyk ook dat hy gereageer het op ‘n sekere groep op sosiale media, maar agv die aard van sosiale media, dink elke hoogs-begaafde springbok ondersteuner, soos die meeste wat kommintaar gelewer het hier, die boodskap is teen hom of haar persoonlik gerig. Nee wat ek gee op, ek dink ons verdien ons situasie in hierdie land.

Sanet ·

As jy uitdeel moet jy maar kan ontvang. Delete alles en begin om persoonlikke uitlatings persoonlik tuis hou.

Loraine ·

N skerpsinnige tong bring jou nerens nie bring jou net in die moeilikheid en dan moet jy die nagevolge daarvan dra. Voel jammer vir jou kinders want jy is geen goeie voorbeeld vir hulle nie. Dink jy skuld SA en die Springbokke n verskoning want om so op te getree het is baie kinderagtig en onvolwasse. Weereens het die Bokke ons en die hele wereld bewys waarvoor hulle in staat was as n span wat saamgestaan het en ons hier in SA wat agter hulle gestaan het en in hulle geglo het. Dink maar liewers volgende keer voor jy iets se.

Suid-Afrikaner ·

Ad sjeim siestog ___ Martie. Bly eerder net stil jy maak jou naam gat en groter gat elke keer jy praat

SWL ·

hoe lekker lag ek nou oor al die kommentare
MM gun my asb om een vraag tevra: indien die bokke sou verloor het sou die onnodige aanslag en kommentare nogsteeds hier gewees het??
ek is verheug dat die bokke gewen het iets goed vir die gebroke land van ons en ek stem “jy vat nie n springbok se bal en hardloop met hom weg nie”maar om so onnodig aantegaan teen oor die JOHAN word daar eintlik net vir hom gewys dat die bok ondersteuners net so laag kan daal
lag vir sy storie maar hou dit skoon ,ek kan verkeerd wees maar ek glo dat ons dan wys ons is beter en geen verdere “ek is die victim en sosiale aandag kan dan gegee word nie”

Melani ·

Johan de Jonge het gekies om sy boodskappie op Sosiale Media te sit en weereens n tweede maal gereageer met n video op sosiale media! Jy het jou eie gat gegrou, kry vir jou! As julle nou geboelie word, is dit deur jou eie arrogansie……

Neels ·

Ai die All Black ondetseuners is nt bel en kan dit nie vat dat hlle span verloor het nie. Ek moes vr masnde hoor hoe gaan die All Blacks met die vuil groenes en grasmus mors ro do laay as Saterdag more. Toe huil ek nie dat ek geboelie word nie. Nou voel hulle so sorry vir hulle self maar dit is maa die veloop van die lewe “ some you win some you loos” vat jpu pak slae en moet nie agter mammie s rokspante klou niev

SWL ·

mag ek vra of die ALL BLACKS (New Zealand) n borg is van die “AFRIKAANS IS GROOT” konsert.
my rede vir vra die trotse ALL BLACKS (NEW ZEALAND) onder steuner dra sy span se trui met die letters AIG daar op en dit staan mos vir “AFRIKAANS IS GROOT”

Desiree Meyer ·

Mense gaan lees wat “freedom of choice” beteken. Niemand kan enige iemand dwing om soos hy/sy te dink nie. Dus is dit nie noodwendig nodig om in ‘n land te bly om ‘n span te ondersteun nie. Daar is ongelukkig nie een persoon in die hele SA wat 100% alles in die land ondersteun nie. En as daar omverskoning gevra moet word is ons almal skuldig op een of ander vlak aan die hele indaba. Nog nie eens ‘n week nie en “divided we fall”. Is dit dan ‘n wonder dat SA in die benarde posisie is?

Br ·

Ai dat n man nou so agter sy vrou skuil en nie self na vore kom om sy sê te sê nie, sê baie van sy karakter. Johan niemand gaan nou so tekere omdat jy die All Blacks ondersteun nie, jy mag dis jou keuse maar dis hoe jy dit doen. Jy kan mos nie ń ander span en sy ondersteuners afbreek en dink jy moet op die skouers gedra word nie. Jy is ń pa, watse voorbeeld is jy vir jou kinders?

Annie ·

Hy moes eerder twee keer na sy eie video gekyk het voor hy dit geplaas het. Dalk sou hy dan tot sy sinne kom. Maar helaas, gedane sake het nie keer nie.

Tienie ·

Aaag ou Johan. Pak maar jou goedjies en vlug ook maar land uit.

Die Airbus wag vir jou op OR Tambo

Bye bye. Ek sal nie n traan stort oor jou nie…

Johann cb ·

Dit gaan oor die wyse waarop die video bewoord is. Vandaar die volgehoue teistering!

SJ ·

Nou waaroor huil Johan se vrou nou. Julle is Suid Afrikaans………..nou wat het julle gedink gaan gebeur, Suid Afrikaners huil nie lank nie maar ons kan vir baie langer grapies maak. En Johan het gevra dat ons n grap van hom maak. Ons is nog lank nie klaar nie. Hy sal moet gaan vir “make over” voordat hy sy gesig iewers wil wys.

Desiree Meyer ·

Ek stem nie noodwendig saam met die uitlatings wat op sosiale media geuiter word nie. Ons moet versigtig wees om die woord common te gebruik want mense interpreteer dit nie almal dieselfde nie. Ek byvoorbeeld voel dit is ” common” om ‘n koninklike, maak nie saak hoe liberaal hy is, te ontmoet in jou speedo. Ander weer vind dit amusant. Dit is en bly almal se keuse hoe hulle situasies sien en hanteer maar dit is onaanvaarbaar om diegene soos sy vrou en kinders te teroriseer omdat hulle “skuldig is deur assosiasie”.

Pierre de Ridder ·

Desiree Meyer. Die “koninklike” het in ‘n rugbyspan se kleedkamer binne gegaan. Dit is ‘n plek waar spelers aan- en uittrek. Hy moes dit sekerlik tog verwag. Per slot van sake is hy ook net ‘n mens. Niks ‘ common” daaromtrent nie

Ryno ·

Harry was immers al self kaal afgeneem in ‘n luukse hotelkamer.

Roux ·

EN SOOOO BRING MENSE DIT OOR HULSELF! KEUSES KEUSES KEUSES wat met maak! nou is hy, sy vrou en kinders sooo ongewild….trek maar na die land wat julle ondersteun of hou net jul mond toe!

Nana ·

Ek kry vir Johan baie jammer, en nog meer vir sy kinders. Imgaine dit was julle Pa. Die bokke het gewen, ons is trots. Maar waar is die trots dan as julle die ou heeltyd uithaal. Sies word groot.

TK ·

Hy kan bly wees hy word sover net op sosiale media uitgehaal. Ek het so gevoel sy pak slae is naby.

Hendrik ·

Ai nou moet jou vrou tot jul redding kom. voel jammer vir haar en die kinders hoop hulle word in vrede gelos, Johan jou mond is lekker groot ne, wees ‘n man en plaas nou video van jou in ‘n sprinkbok trui met mooi jammer video, op you tub!!!

Koos ·

Vra omverskoning op n nederige manier en die hele storie sal gaan lê.

Muffin ·

Ek dink Johan wou net op social media kom en het toe die dom uitlatings gemaak.

Andrew ·

Mag ek iets vra wat so eenvoudig is dit klink amper dom – Maar hoekom ondersteun jy, wat in SA gebore is, wat in SA bly….die All Blacks?

Ek ken baie mense in SA met Britse wortels (weens ons land se geskiedenis), van hulle stem vir van die Britse spanne as hulle tweede span keuse maar staan agter die bokke as hulle ‘eerste’ span. Vir mense met Britse ‘Ancestry’ verstaan ek dit, maar hoekom ondersteun hulle die All Blacks??

Ek HAAT dit as mense ‘n span ondersteun SLEGS want hulle is die beste – so hoekom ondersteun hulle nie die Bokke nie?

Siener ·

Wat jy eindelik se is dat die All Black die beste is. Ek haat dit as mrnse nie kan of wil verstaan nie. Ek gaan nie verder verduidelik nie want jy sal dit nie verstaan nie

Riaan ·

Ek is baie jammer maar ek sluk bietjie swaar aan die storie dat die kinders nou daaronder ly. Dit is ‘n baie gerieflike manier om nou op die mense wat bloot reageer op Johan se plasing se gevoelens te speel.

Kinders kan ook ‘n situasie maklik draai soos dit hulle pas, ek sal graag by een van die “boellies” wil hoor wat het Johan se kinders te sê gehad pouse nadat die Springbokke verloor het teen die All Blacks. Was hulle nie dalk self so bietjie rammetjie uitnek gewees nie.

As dit waar is dat die appel nie ver van die boom af val nie, dink ek die kinders kry dalk heel moontlik ‘n voorsmakie van die lewens les dat jy verantwoordelik is vir wat jy sê en doen.

Nicolene ·

Dalk moes hy aan sy gesin gedink het voor hy sy uitsprake op sosiale media gemaak het?
My ouma het gesê ‘n toe bek is ‘n heel bek…
En hoe oud is hy regtig want in sy video tree hy op soos ‘n kleuter en nie ‘n volwassene nie…?
Ek skree ook nie noodwendig vir SA nie, maar verkleineer nie die mense wat by hul span staan deur dik en dun en wens hul span slegte spel toe nie.

anita ·

Twee dogtertjies het hom uitgehaal. Lekker kou ma jou varing Johan

Pim ·

Ek kan dink dis baie erg vir sy kinders want dit is nou eksamen en hulle verdien dit nie. MAAR ou Johan leer nou ook maar ‘n lessie hieruit. Moenie goed op sosiale media post as jy kwaad is nie. Nou moet arme Mamma jou gemors uitsorteer. Jy moes dalk maar self ingebel het en met Martin gepraat het toe hy jou weke terug gevra het. Jy het dit ongelukkig aan jouself gedoen.

Jy kan ondersteun wie jy wil en dan video’s maak as jy wil, maar moet nie daaroor huil as ander mense ook ‘n opinie het soos jy nie. Almal kan mos maar se wat hulle dink as jy dit kan doen?!

Jollas ·

Net so Pim!
As hy soos ‘n man op You Tube aan die hele land omverskoning kon vra sal almal beter voel, maar klink my hy speel nou martelaar en kruip agter sy vrou weg!

George in Bloem ·

Klink maar vir my iemand het heelwat meer afgebyt as wat hy kan kou? Dis elke ou se keuse watter span jy ondersteun en mens kan jou span ondersteun sonder om ander te beledig. Hoe anders het hy dan nou verwag gaan hierdie ding uitspeel?

Niklaas ·

Weens hierdie De Jonge skepsel se uitlatings op daardie baie beledigende video van hom , is ek nog meer verheug oor die Bok oorwinning. Nou is hierdie kerel eerstens stomgeslaan ,verneder en gebroke oor die pak slae wat die ABs gekry het en tweedens het hy nie hierdie reaksie van Bok ondersteuners verwag nie. Dit kan nie lekker wees nie, maar geen simpatie !

Johan ·

Die eerste ding waaraan ek gedink het toe die eindfluitjie Sat geblaas het – so waar is daai de jongh vent nou? Shame, nou stuur hy sy vrou om met die radio te praat.

ls ·

En daar gebeur dit weer…..’n sosiale bom ontplof….klippe word heen en weer geslinger….in die proses tref die klip en iemand bloei…maar social media is mos ‘n baie lekker…..

Donovan ·

KLICK KLICK AGTER JOU VROU HOOP DAAI BAKKIE KAN N WERELD BEEKER DRA????????????????????

Pit ·

Jy het jouself oopgemaak hiervoor, Johan de Jonge. Jy was baie verbaal. Dis onaanvaarbaar dat jou kinders geboelie word. Maar jy moes dalk n bietjie gedink het voor jy op sosiale media so tekere gegaan het. Jy was in elke clip arrogant. Ek glo in “live and let live”. Maar n ding werk twee kante toe.

Jj ·

Dink dit is hoogtyd dat ouers begin dink aan hulle kinders voor hulle iets doen – veral as hulle ieys op sosiale media wil plaas – elke optrede sal resultate he

Ag ·

Kan jy glo dat iemand sulke onwelvoeglike kommentaar kan uit blaker teen oor sy eie mense terwyl ons soveel eenheid soek en gekry het in ons mooie land?
Immigreer na nieuw Zeeland en word n Kiewie Jy is beslis nie n ZA nie.

Pieter ·

Johan, baie jammer vir jou kinners, rerig. Maar hul sal jou onthou as die Pa wat SA aan gevat het. Ek wonder net of jy ooit weer in n eet plek of enige anner plek saam jou gesin sal kan sit en nie rond kyk. My kind is 3 jaar hy hardloop soos ek hier trwyl ek tik en skree Pappa op die Bokke, met al die land se probleeme maak dit my nog steeds trots. Jy was baie arrogant om op SM sulke uitlaatings te maak. Geniet dit in All Black valley. Hier gaan jy net gejou word en dalk pak slae kry. Sorry tjom sal ook laaik om jou raak te loop. Enjoy!!! Hoop nie ek moet eendag agter my vrou se rok weg kruip. OP DIE BOKKE

PJC ·

Ek dink nie almal besef watter groot prestasie Rassie behaal het nie. Hy moes sekere transformasieteikens behaal en het ten spyte daarvan nog die wêreldbeker huistoe gebring. Die All Blacks daarenteen kan net op rugby konsentreer en het ten spyte van dit nog teen Engeland verloor en is dus nie so wonderlik as wat sommige van hul SA ondersteuners te kenne wil gee nie.

Heidi ·

Jy moet vir jou uitgesproke man kwaad wees mevrou. En wat het die Bokke en Bokondersteuners aan julle gedoen? ABSOLUUT NIKS! Beste van alles NZ en All Blacks is n trotse nasie wat nie tyd vir mense soos jou Johan het nie. Gaan kla elders oor jou lot.

Zombie ·

Jammer vir die vraagtekens, Rakppie Phokkofs. Dit was veronderstel om handeklap-emoji te wees.

Christo ·

Niemand het hom geforseer om daai video te maak nie. Hy homself het vir n self n pakslae gereël en nou wil hy klae daaroor.

WonderMaarNet ·

Hy het gese… julle Bokke Ondersteunertjies… wat nogals afkrakend is, so as jy dit uitdeel dan moet jy maar regmaak om te ontvang.

Ericka Rademeyer ·

Wanneer jy n ouer is, dink voordat jy uitlatings maak op social media. Jy kan jouself verdedig, maar jou kinders ly altyd daaronder. Nie regverdig nie

Michiel ·

Mev. De Jonge! Jy moet dalk jou man ń slag in toom hou. Jy en jou kinders is in die spervuur as gevolg van sy vuurspoeg.
Smaak my hy het Anger issues..

Liesel ·

Wat het Johan verwag….hy’t homself in die social media firing line gesit. Dalk moes hy eers mooi gedink het voordat hy die video op social media geplaas het. Hy moes aan die nagevolge van die video gedink het en hoe dit sy vrou en kinders sou aanraak. Soos die gesegte sê….speit kom altyd te laat.

Michelle leR ·

Goeiste, die rugbyspelers hierbo speel nou almal die man en nie die bal. Ek is bok-ondersteuner maar genade, was die wen nie klaar genoeg nie? Los ten minste die man se gesin uit julle losgemaal.

Jana ·

Dis reg as mens jou span wil verdedig.
Om venynig te raak teenoor ‘n ander span en neerlaag toe te wens is totaal ‘n ander ballgame. Nie so lekker as die venyn terugkeer nie nê?
Daarmee praat ek nie ‘n geboelie goed nie. Maar leer maar ‘n les hieruit: jy kan nie jouself hoog genoeg ag om jou eie opinie te deel maar ander moet hulle opinie dan maar vir hulself hou nie.
Sterkte met die emosionele goed wat na die kids toe kom, dis altyd onnodig as hulle ingetrek word in volwassenes se simpelgeit

Etienne ·

Die ou het sy kitaar gespeel in sy eie (kommen-taar)taal.Hy het SEKER MAAR N foutjie gemaak hy sal seker nog eendag regkom en besef daar is nog mense soos ONS WAT TROTS IS OM SUID AFRIKANERS TE WEES !! EK IS MAL ALMAL SE KOMMENTAAR. DIS REGTIG LEKKER OM TE SIEN ! ONS KAN SAAM STAAN EN TROTS WEES OP ONS BOKKE EN LAND.

Ig ·

Janee pappie, kry vir jou. Jy het seker nog nooit ge hoor van agree to disagree nie, ek het ook gedink almal gaan verniet tekere tot ek ook die videos gekyk het. Sal nogal daarvan hou om jou n blaai of twee te gee. Mamma sal ook seker vir jou sê kom uit onder die bed lafaard en jy sal antwoord, dit is my bed en ek sal lê waar ek wil.

Nardus ·

Nou het ek als gehoor nou stuur die arme man sy vrou om sy geveg klaar te maak as jy nie die bokke ondersteun in jou eie land nie is jy ‘n verraaier. Jou land Jou Trots

Annette Terblache ·

Die Bokke gaan weer speel en dan weer verloor soos gewoonlik….die wiel draai

Ri ·

Dit gaan nie oor wen of verloor nie,dit gaan oor jouself soos n idioot te gedra…nie een keer nie, maar sommer 2 keer. En as jy nie ekstreme reaksie wil hê nie, moenie jouself op sosiale media daarvoor oopmaak nie. Voor die hand liggend eintlik of hoe.

Jannie ·

Ek kry skaam om die kommentare van sogenaamde bokondersteuneers te lees
wat hulself verlustig waardeur Johan se gesin gaan. Ja hy het dalk n fout gemaak maar sy kinders ly ook daardeur, volgens my is dit goeie sportmangees om nie jouself te verlustig in iemand anders se elende nie.
Ek kan nie onthou dat die Springbokke so optree nie, nou waarom mooet hul ondersteuners (gelukkig is sulke ondersteuners by verre in die minderheid).

Sjoe ·

Sjoe kry Johan lekker aandag, los liewer jy wil nie regtig die spesifieke kollig met hom deel nie.

Zombie ·

Skokkend dat die Afrikanerkultuur skynbaar gelyk aan rugby is. Nie eers kinderverkragtings en plaasaanvalle/moorde ontlok sulke hewige kommentaar nie.

Adam ·

Skreeusnaaks. Afrikaners spoel graag hulle monde uit oor diegene wat anders as hulle dink. Geen wonder daar sal nooit vrede tussen verskillende rassegroepe wees indien rasssegroepe nie eens onderling met hul eie mense oor die weg kan kom nie. Die slagoffer speel is natuurlik ook “standaard toerusting”.

Tessa ·

So kom windgatte tot n val ne. Wat jy uitdeel moet jy kan ontvang. Hy moes gedink het aan die gevolge. Dis maar hoe die lewe is. Wag volgende keer tot jy seker is jy kan jou bek rek. Onthou jy het n gesin

Jj ·

@ALMAL VAN JULLE…Johan is dit jy wat nou uitkruip agter Martie se rok? Dit klink soos jy.

Werner ·

Johan de Jonge het jy geweet:
Net n speler met Maori-bloed mag die haka lei!
Nieu-Zeelanders dring nou daarop aan dat die volgende afrigter n Maori moet wees!
Spelers wat gekoop word uit die Suidsee, vat n Nieu-Zeelander se werk!
Moenie dat feite in die plek van jou verbeelding kom nie.

Platvloerse Ploertsport ·

is wat daardie sotsport is en julle weet dit.

Ruiklont ·

Die man het die reg om te indersteun wie hy wil net soos al die ander, los hom tog alleen, het jul nie ‘n lewe nie?

KO ·

Dit is net sport man, as julle maar net so voel oor julle geloof.

JO ·

KO daar is juis baie wat so voel oor hul geloof vandaar die moord en venyn oor ander wat nie saamstem met jou geloof nie. Nie- gelowig is moreel baie beter.

Werner ·

Waarom word my kommentaar nie geplaas nie?

My klein geldelike bydrae is seker nie goed genoeg nie.

Piet ·

Wel ek sou se n mens mag nie ‘n dwaas ‘n dwaas noem nie, of ‘n heiden ‘n heiden en jy is op dun ys as jy konserwatief is. As jy nie reguit en op die man af praat nie sal hulle jou skrywes plaas.

Ri ·

Dit gaan nie oor wen of verloor nie,dit gaan oor jouself soos n idioot te gedra…nie een keer nie, maar sommer 2 keer. En as jy nie ekstreme reaksie wil hê nie, moenie jouself op sosiale media daarvoor oopmaak nie. Voor die hand liggend eintlik of hoe.

Rugby Sotsport ·

Sien die prentjie van ‘n horingdom skeel-oog slymbek uit-tand bulhond wat al blaffende sy eie stert jaag. Dis hoe oulik rugby is. Julle belaglike afgot.

Sotsport twee ·

Het vergeet om by te voeg dat die brak lekker dûk is met ‘n kwylbel en hy snork terwyl hy blaf (kan jy dit sien en hoor?). En die bal is natuurlik diep agter opgedruk.

Karlahari ·

Hallo Johan.
Daar doen sy dit weer.
Ag skies tog. Ek bedoel jy.

KO ·

Een en dieselle, jy is heeltemal reg – die kaptein ken nie eers die twee kante van n coin nie.

lion ·

Nee wat,ek se net as jy will windgat wees vat die pak slae soos n man-maak n video en wees nederig en vra omverskoning dan sal jy sien alles sal reg kom-maar asb moet nie probeer om n ander land se aksent na te maak nie-hou maar net by afrikaans -jammer jou vrou en kniders moet nou dit deur maak-moes daar aan gedink het voor jy die gemors kwuit geraak het

Antoon ·

Johan, ek is jammer om te hoor hoe jou gesin en veral jou kinders deurloop deur jou sinnelose aanval op die Bokke en sy ondersteuners. Jy het mis gevat en agresief gestel dat ons bokke uit die wêreldbeker voor die kwarteind rondte uit voertsek. Jy het ons kwaad gemaak vriend. Die regte ding is om te doen, vra onverskoning. Sê jy is jammer vriend! Ja, jy mag ondersteun wie jy wil, dit is n vrye keuse maar jy was aanvallend op my geliefde span. Kom na vore en sê jy is jammer…… Ek vergewe jou mater!

marlene ·

Ai ai dit kry jy nou van windgat wil wees voordat die eindfluitjie geblaas het. kliek kliek dink jy het dalk n ou springbokkie nodig om daardie spicy meatballs aftesluk dus met komplimente want ons wil tog nie he jy moet nou verstik aan jou eie spicy meatball komentaar. kry vir jou pappa kruip maar weg in jou plekkie vir eers. kliek kliek Springbokkies bo

Boer-in-die-Wind ·

Goeiste as ek so deur die kommentare lees dink ek hierdie ondersteuners moet in die toekoms hul rugby in rooi ‘overalls’ en ‘n beret kyk – die mentaliteit is dieselfde.

n Springbok pa ondersteuner ·

Hi mense Johan het sy naam goed geplank ek gee ook nie regtig om as mense hom uit haal nie maar sy vrou en kinders was nie in daai video nie ons is beter as dit dis ons kinders wat boelie kom ons leer ons kinders die regte les hier uit om nie die onskuldige mense seer te maak nie. Dis reg dat ons saam staan dis wat ons moet doen. Maar Johan sorry dis soos hulle se gee jou uit as n toffie dan gaan jy gekou word.

Lizelle ·

Net ‘n klomp bloedlustige mense wat wil he die man moet gekruisig word… niemand wat stil word in die gemaal en die pyn en seer sien van ‘n vrou en kinders wat die nagevolge moet dra nie. Iemand hier en daar wat intree en logies redeneer en die skade sien en erkenning gee dat ons almal dalk net moet rasioneel gaan dink nie. So maklik om te se:” Lekker vir jou, gaan smeek om verskoning, moenie agter jou vrou wegkruip nie” ‘n Sterk vrou tree in om haar man en kinders te beskerm en te verteenwoordig wanneer haar man ‘n foute begaan en visa versa. Martie, jy is sterk en dankie. Jy tree op soos ‘n sterk vrou en ma vir jou gesin.

Helena ·

Soms is dit nie altyd net wat jy se nie maar hoe jy dit se….daardie video was beslis in n verkleinerende vorm.

Marius ·

Kry vir jou. Hier is derduisende Springbok ondersteuners in Australie en jy het jouself belaglik gemaak deur dit te gesê het en dan ook nog die arrogansie om dit in sosiale media te geplaas het. Enige mens kan watter span ookal ondersteun, maar derduisende gaan nie aan soos hd persoon nie.

Hendrik S ·

@Marita, jy som die situasie baie akkuraat op.
Kan sien jy weet hoe om kinders groot te maak, jou spruite is bestem om suksesvol te wees.

Is altyd so tragies om te sien dat kinders deur ” ‘n kind” groot gemaak word. Vroutjie moet die skepsel agter haar rok beskerm en die kleintjies lei altyd daar onder.

Jan Jan Jan ·

As jy geboelie word op sosiale websites, maak jou profiel privaat jinne dit is so maklik.

Jan Jan Jan ·

Boomers moet nie opsialise sosiale websites debateer nie.

Schalk ·

Johan ons respekteer All Black ondersteuners want hulle karakter is nie om springbok ondersteuners as groep te verkleineer nie,maar jy het groep mense aangeval selfs vir my wat jy nie ken nie en twak kwytgraak. Nou brand die twak jou oe. Ons reskteer all black ondersteuners. Ongelukkig sal die allblacks jou nie aanvaar nie want hulle het n erekode van respek. Voor jy weer dink jy en jou opini is so belangrik dink of jy so belangrik is. Ek is jammer vir jou want jy het nie gedink nie sterkte.

Samuel Botha ·

Jy weet dat as jy op media iets se en video maak van jou gaan jy beslis reaksie lok.En dan nog die Bokke te verkleineer gaan jy swaar leef. Dit was baie dom van jou om jou gesig op video te wys,Die mensdom is n snaakse ding en dan nog provikasie na sy kant maak hom nog erger kwaad.So jy het beslis geweet wat jy doen en met n doel jou video op media gesit . Vat nou maar jou pynne as jy gewen het was dit nou maar net anders om.Ongelukkig was dit nou maar net die wiel het gedraai en oor jou gery.

Boks ·

Dis so maklik om te sé jammer en geluk. Nog voor die einde van die wedstryd het my AB vrinne gesé geluk. Na sy optrede kon hy maar net ñ video geplaas het maar nou kruip hy agter mama weg. Jammer ek sukkel om vir jou jammer te voel.
Vir die wat nou oor rugby ondersteuning sit en kerm mens hoef nie altyd jou opinie te lig nie gaan speel in die pad of kla oor potholes. Die wereldbeker is net elke verde jaar.

Dink hardop ·

Hierdie storie is ook nou Al afgesaag.

Ons nasie Val uitmekaar en jul gaan aan oor hierdie twak

Dink ·

Stem 100% saam. Kannie glo mense gaan so aan oor die ou se uitlatings. Het niks aan ons gedoen.
Hy het ons bitterlik meer skade aangedoen en gewys hoe haatvol en veroordelend baie in ons volk werkelik is. Ignoreer die frikkin ou sy uitlatings dit is letterlik niks. As ons net so passievol oor ons Here en ander belangrike goed sou wees.

Jan ·

Ons haat ook die springbokke en skree vir NZ. Vat my ook aan as julle boellies?

Gaitsigubib ·

Shame ou Jan. Wat iemand nie sal doen vir bietjie aandag nie. Moet nou nie sleg voel nie, ek is seker daar is mense wat dink jy is n wenner.

riaan ·

Shame, enigeiets vir bietjie aandag ne?

Ons vergewe jou dat jy vir die verkeerde span skree, maar mnrtjie klik klik skree nie net vir die verkeerde span nie, maar het ook die Springbokke en Springbok ondersteuners verkleineer (om dit sag te stel).

As jy beter sal voel, gaan hou gerus sy handjie vas!

Riana ·

Kyk, hierdie man se videos het my gisteraand so laat lag ek het naderhand trane afgevee. Dit was vreeslik entertaining, hy moet dalk leer hoe om sosiale media te gebruik en dan vir klasse gaan om sy humeur en emosies beter te beheer en n meer konstruktiewe uitlaat te kry daarvoor. Dalk moet hy eerder tassies pak en NZ toe emigreer, eks seker hulle sal hom in sy 7s All Black Trui laat welkom voel. Sy vrou se gesprek op radio het geensins n ‘jammer, my man het dit te ver gevat’ element in gehad nie, meer gepraat oor hoe n saak twee kante het, hoe niemand sy kant gehoor het nie, en hoe sy hom bly verdedig. Eks jammer, maar jou man het eiehandig n swart trui en aanvallende kommentaar teenoor n nasie vol trotse springbokke geloots, moet nou nie kom met jou krokkodiltrane kom huil na die springbokke jou en jou spicy meatballs in die grond getrap het nie. Hou volgende keer jou smoel en bly weg by die stadions met toetsrugby, want ek vermoed jy sal nog pakslae ook kry oor die ondersteuners nie jou gesig sal vergeet nie.

Rene ·

Ou Johan, wat dink jy sou gebeur het as jy in NZ gewoon het en uitgevaar het teen die Kiwis oor jy vir die bokke geskree het? Hulle sou vir jou teen n lamppaal gaan ophang het – met jou truitjie wat in die wind wapper. Hou jou kommentaar vir jouself. En moenie jouself as n toffie op sosiale media uitgee nie. Jy het eiehandig met jou eerste, en toe wraggies met jou tweede uittartende video die sluise oopgedraai.

Johan Grobler ·

Johan de Jonge julle het niks om oor skaam te wees nie. Die All Blacks het die Springbokke ‘n ordentlike pakslae gegee op hierdie einste Wereldbeker. Vanaf 2010 kon die Bokke NET 3 wedstryde uit 21 teen hulle wen (17 verloor). In die 4 jaar tydperk voor elke vorige Wereldbeker wen Bokke elke keer NET 1 uit 8 wedstryde teen die AB’s. Die Bokke wen die Beker regverdig, maar die AB’s bly hulle meester. Net soos Rassie in sy toespraak genoem het.

riaan ·

Johan jy mis die punt.
Dit gaan nie oor wie is die beste span nie, dit gaan oor hoe mnrtjie klik klik sy boodskap op ‘n beledigende manier oorgebring het en nou agter mammie se rokspante wegkruip!

Slapgat!

EKKE ·

Ag siestog nou word julle geboelie, wat het julle verwag.
Hy moes aan sy kinders gedink het voor hy die video gemaak het.
Hy het julle bed gemaak, julle moet nou maar daarop slaap.
Dink volgende keer voor julle sulke goed op sosiale media sit.
Julle het gesoek daarvoor.

Pieter ·

Johan het seker net uitdrukking probeer gee aan meeste van ons se teleurstelling in die eens trotse Bokke se powere vertonings as gevolg van swak spansamestellings deur nog swakker breiers. Die Bokke het onder leiding van Rassie bo verwagting goed presteer en Johan (self) kan hierdie forum gebruik om verskoning te vra vir die ongevraagde aanval op Bokondersteuners. Hy kan steeds sy geliefde ABs, sonder sonder venynigheid teenoor ander, ondersteun.

Leon ·

Meneer de Jonge. As jy jouself as ‘n toffie uitgee moet jy bereid wees om gekou te word.

Ilvar ·

Elke aksie het n reaksie en Johan moes daaraan gedink het voor hy sy simpel video geplaas het. Net sleg dat sy arme vrou nou die een moet wees wat kaiings uit die vuur te moet krap. In die land is dit so maklike om die kinderkaart te speel op hoop vir simpatie. Nee wat hy moet maar die reaksie op sy aksie geniet en uitspeel.

Se maar net ·

Kyk kom ons wees eerlik vandag. Die Bokke het verdien om te wen alhoewel hulle die maklkste roete gehad het.
SA se ondersteuners is fanaties oor rugby (wens hulle was so oor die plaasmoorde) en sal altyd by hulle span staan.
Kom ons kyk wat die SA spanne volgende jr in die SR doen teen die NZ spanne.
As ons die beker vat dan is ons die beste span in die wereld.

Regtig ·

Mevrou, kinders volg hulle ouers se voorbeeld en ek belowe jou elke onnadenkende opmerking wat jou man, en jy ook, op sosiale media en in die openbaar maak word deur jou kinders herhaal. Wat het julle gedink gaan gebeur? Ken jy die gesegde “Wat jy saai sal jy maai”? Stel ‘n beter voorbeeld dan sal julle nie die teiken van ander se venyn word nie. Jou man is julle almal ‘n reuse verskoning skuldig. Begin deur jammer te se aan die wat julle te na gekom het

charmaine ·

Party kinders se ouers is ook net n skande en n verleentheid die arme kinders.

Duns ·

Presies Charmaine. Sy arme kinders het dalk sy maniere aangeleer en soortgelyke aanmerkings by die skool gemaak. Kinders kyk mos op na pa, en ongelukkig weet hulle nie watse skade pa berokken nie. My hart gaan uit na die kinders met hom as voorbeeld vir n pa.
Hy moet maar vir hom kry, “you do the crime, you do the time”

Izak ·

En as die All Blacks gewen het, het hy aangehou en seker nog n video gemaak, sorry pal, jy het hiervoor gesoek

Sê maar net ·

Dink altyd twee keer voor jy iets op sosiale media sit, eers daar, altyd daar.

Izak ·

Ons het die Rugby kampioenskap gewen-SE MAAR NET-seker vergeet:)

ursula ·

Die kinders het niks hier mee te doen, maar jy moes sekerlik gedink het aan hulle toe jy die video gemaak het, het jy gedink amal gaan dit like en verby scroll. Ja ons land in nie die beste maar as dit kom by rugby dan krap jy mos nou waar dit nie jeuk nie. Look at the positive , jy is famous , vir verkeerde redes maar jy is famous. Own dit. Hou asb oor 4 jaar in gedagte elke aksie het n reaksie.

Drie Kante ·

Hoeveel lesers het al op die forum geskryf elke saak het 3 kante – joune, myne en die waarheid. Asseblief ek verdedig nie Johan se saak nie, maar ek lees die berig en daarvolgens het Johan sy video met tirade geplaas juis in reaksie op SA ondersteuners wat hom en sy vriende op sosiale media gevloek het. Dit is wat in die berig staan.

So nou wonder ek wie het vir wie eerste beledig?

As ons SA ondersteuners Johan en sy vriende eerste beledig (gevloek) het, kan ek sy tirade dalk net-net verstaan? Net so, as Johan eerste met die beledigende video gekom het, moet hy ons SA ondersteuners se reaksie verstaan (behalwe dat ek dink ons sy kinders en vrou moet uitlos).

Die realiteit is dat daar wel sekere SA ondersteuners is wat ook maar onredelik kan wees. Dink maar aan al die kommentaar al op hierdie forum oor die Kaapse All Black ondersteuners in die algemeen – en onthou dit is die kommentaar wat “filtering” oorleef het. So dalk het Johan net sy perk bereik en sy “top geblaas”. Ja, dit is NIE reg NIE, maar dalk het ons almal ‘n les te leer.

Ek sal net graag wil sien hoe lyk die “gevloekery ensovoorts” wat Johan van praat.

GPC ·

Ek stem in n mate saam. Maar, die wat hom gekoggel het en misluk was het nie publieke aandag gesoek nie, anders sou ons dit ook gesien het.

SjN ·

Shame, dat so n groot all Black ondersteuner agter sy vrou moet wegkruip is n bewys van denkwyse, bied verskoning aan, hou dan op sleg voel en voel n slag met jou kiwi hande. Die lewe gaan aan.

Linda David ·

Dis goed en wel om n mens se span te verdedig en te ondersteun. Ek vind dit net totaal onnodig om sulke onsmaaklike aanmerkings oor n ander span te maak.
Die man het homself in hierdie onsmaaklike posisie geplaas.
Hy het geweet dit gaan baie kritiek uitlok.
Nou is hy en sy vrou ongelukkig en word ‘geboelie’. Maar was dit dan nou reg om ons Springbokke in die openbare media te boelie.
Wat jy uitdeel moet jy ook bereid wees om te ontvang.

Nicola ·

Die man kry tans te veel aandag….!! Dit is presies wat hy wil he. Ignoreer hom net. Ons het mos die beker huis toe gebring. Dit is al wat saak maak!

Antonie ·

Ek wonder net hoe groot sou sy mond gewees het indien die All Blacks die beker sou wen. Dan sou hy eers die bok ondersteuners gekoggel het en nie so agter sy vroutjie weggekruip het nie….

Lodie ·

Ek lees die kommentaar oor die man en sy 2 videos op sociale media. Ek wil saam stem met baie van hierdie kretiek op hierdie man se gal braak ens, mar ek as n bok ondersteuner gaan die volgende se: in plaas van die man,sy vrou en kinders sleg se, kom ons nooi hule eerder na n bok game op loftus of waar ookal en wys hom hoe ond die bokke ondersteunelke ras soos ons die bokke ondersteun het deur die wereld beker, kom ons maak hule eerder deel van ons broeder en suster bond van SPRINGBOK ONDERSTEUNERS, ek dink hule ly miskien bietjie aan n identiteits krises. Ons as SUID -AFRIKA ONDERSTEUNERS is mos nie so harteloos soos die arme ma en sy familie nie. ja hule het daardie bamboes rottang gepluk,mar ek glo hule het wel op n harde manier geleer WIE EN WAT ONS SPRINGBOK ONDERSTEUNERS IS, so kom ons vergewe die arme man en sy familie,soos die spreek word nou sal se kom ons maak nie oorlog nie,mar versprei eerder ons simpatie met hule identiteits kriesis

Cindy ·

Aai Johan moes jy maar nie gedink het voor jy daai video op Facebook gelaai het nie, Jou woorde was swak smaak meneer en nou laat jy nog jou vrou vir hulp roep. Nee man wees n man en vat jou pak soos n man. Model of the story ……. think before you post!!

Gwen ·

Nasietrots is ‘n goeie ding. Partymal is ‘n persoon minder trots op sy eie nasie maar meer trots op ‘n ander nasie. Dit gebeur, maar om vieslik daaroor te wees, wys op “lack of breeding” Om te verskil van die opinie van die meerderheid van jou landsgenote en dan daardie opinie te uiter verg waardigheid en in hierdie geval was daar geen waardigheid nie.
Dan ook- hoe weet ons die kinders en vrou word werklik ge-boelie? Miskien is dit net nog ‘n veskoning om agter te skuil.
En verder- Desiree Meyer- daar is niks “common” om in ‘n Speedo rond te loop in jou badkamer nie. Die man het nou net sy go uitgespeel op die veld en het verklee in “something more comfortable”

Terloops- teen hierdie tyd moet Harry baie gewoond wees aan “common” aangesien hy in ‘n verskriklike “common” familie ingetrou het.

Ook, hierdie geval het niks met godsdiens en politiek te doen nie maar wel met ‘n man wat nie soos ‘n redelike man opgetree het nie en dit nog steeds nie doen nie.

GPC ·

As jy jou kop in ‘n byenes druk, hoekom dink jy die bye gaan jou nie steek nie?
En ook, as jy video’s maak en gal braak oor ander, wat is die kans dat dit net gaan verdwyn.
Jou man het “gepleit” vir reaksie, en nou hou julle nie daarvan nie.
DINK VOOR JY DOEN!

Anoniem ·

Moenie nou huil nie jy kon dit nie gou op social media uit blaker nie. Hoekom trek julle nie Neu Zeeland toe nie dan is julle mos nou ont slae van al die dramas wat julle ver oorsaak het. Shame nou wil hulle huil word groot man.

A ·

Hy moenie nou kom huil nie. Mens kan ondersteun wie jy wil, maar hy was beledigend teenoor die Bokke en hulle ondersteuners. So hy het net homself te blameer.

**anoniem** ·

My 2 sent…. Johan de Jonge, ek dink nie jy weet hoe nederig en goedgesind die All Blacks en NZ mense is nie. Dit is sout van die aarde tipe mense daai. Nou kom jy met jou tirade en swak gedrag en verneder al wat ‘n bok ondersteuner is en probeer die Bokke afkraak. Nee wat tjom, dis nie hoe ‘n ware NZ ondersteuner sou optree nie. Jy wou seker gesien word as die held wat vir NZ opkom, maar inteendeel, jy word gesien as ‘n swakkeling wat nie ‘n verloor of bietjie kritiek kan hanteer nie en om die waarheid te sê… ek dink nie NZ soek jou as ‘n ondersteuner nie, want jy het nie een nederinge been in jou liggaam nie. SIES MAN!!

Anné van Zyl ·

Hierdie man het baie geld met daardie video gemaak. Elke “view” gee vir hom meer geld, ek dink hy moet nou maar die slegte gevolge van sy storie ook dra. Dit gaan in elkgeval binne twee weke bedaar.

Theresa ·

Ek verstaan dat Johan en sy vroutjie Vrydag oggend op Martin Bester se Jakeranda ontbyt program gaan wees. Ek hoop ons kan inbel……as die lyne gaan hou! Hy moet net hoop hy kry nie dalk ‘n pak slae voor die tyd nie

Madeleine ·

Dis geen suprise dat hy die Victim speel, dit was so duidelik op die video dat daar n sielkundige probleem is by die man.
Ek is geskok om uit te vind dat hy getroud is en kinders het????

Hy moes aan sy gesin gedink het voor hy sy mond Groot gemaak het op sosiale media en slegte dinge op die bokke afgewens het.
Wat het hy gedink gaan plaas vind? O skies… Hy het nie gedink.

Biebie ·

So jammer dat Johan se gal-brakery vir sy kinders skade gemaak het. Sommige mense moet hul opinies maar van sosiale media afhou. Hoop dat die mense nou kan aanbeweeg en ophou die familie straf en teister vir die man se dom video.

AndrewL ·

Hy blameer seker ook vir Jan, of het hy ‘n lekker joppie by mrk?

Louise ·

Hy het die arrogante video gemaak nie sy vrou en kinders nie.Nou loop hulle deur… Mense kan wreed wees…Hy moet maar die pak vat vir sy onbesonne gedrag maar shame hulle verdien dit beslis nie.

askoekie ·

Ag siestog shame… vat jou vrou en kindertjies en trek. Jy het ongelukkig geen plek meer hier nie

J. D ·

Daar is n groot verskil tussen ondersteun en n ander span (jou eie land se nasionale span om presies te wees) te probeer sleg maak. Ek verstaan dat hy n AB ondersteun is maar om self te hoop dat italie ons wen is n heel ander storie. Hy moet vir homself afvra waarom sy kinders en vrou nou swaar kry.

Marilyn ·

Jammer as hy sulke uitlatings op sosiale media wil maak moet jy maar die gevolge van jou stupid uitlatings vat! Jy kan dink wat jy wil maar nie se wat jy wil nie!!! Nou skuil jy nog agter jou vrou ook…se net vir my jy is in elk geval n swakkeling dat jou vrou nou jou gemors moet probeer uitsorteer!!! Swak swak swak????????

Penelope ·

Ai tog… Wat jy saai sal jy maai. Jy is mos mooi groot om belsuite te neem oor hoe om op te tree en jy het ‘n keuse om NIE deel te neem aan ‘n onderonsie nie. Om te se dit was ‘n reaksie op iemand anders se kommentaar is bietjie af.
Mev ek hoor jou, maar jou man het geweet hy het ‘n gesin om aan te dink toe hy sy uitlatings gemaak het. Partykeer moet mens omdraai en wegstap terwille van jou kinders. Dis sy eie skuld. Ek voel jammer vir jou kinders wat blootgestel is. Sterkte.

Chantelle ·

Ons almal maak oordeel foute, Johan het sy les baie goed geleer. Maar daar is geen regverdigheid dat sy kinders en vrou die spit moet afbyt nie. Dink aan hoeveel moed sy moes gehad het om wel dit te se, Dit moet juis dan op so ‘n punt wees dat dit ondraagbaar is. Geen ander persoon kan verantwoordelik gehou word vir ander se simpel foute nie. Hierdie is beslis nie #strongertogether nie. Rather devide. Ongelukkig het Johan dit begin. Maar dit kan goed eindig.

Riaan ·

Ja duidelik het sy baie meer moed en integriteit as mnrtjie klik klik wat gerieflikheidshalwe agter mammie se rokspante wegkruip.
Sy patetiese slapgat houding ( klik klik) maak my siek veral omdat hy ‘n Suid Afrikaner is! Hy sou seker ‘n hensopper gewees het in die Boereoorlog?

Piet Patata ·

Johan maak soos meeste van ons mans… wat getroud is. Tel jou woorde hou stort stry met jouself of praat met die spieël doen jou gesin minder skade LOL

Johan ·

Ek stem saam, lyk vir my of hulle dinge doen vir aandag die liewe vroutjie ingesluit. Volgende week is hulle op huisgenoot se voorblad!!! Kon ons kyk of ek reg is!!! die haar afspraak is gemaak en die nuwe rokkie is gekoop vir Huisgenoot se onderhoud. Huisgehoot se opskrif lees ” gesin se swaarkry na wereld beker vreugde” as ek oor hulle sou skryf sou die opskrif lees “man vergat sy naam en skuil agter sy vrou”

Attie. ·

Om sekere redes sou ek nie huil as die Bokke verlooer het teen die Iere en Walliesers nie maar ek sou dit nooit hardop sê nie want my pelle sou my doodmaak.

adriana ·

Moenie die vrou en kinders daaroor boelie nie – skaam julle.
Dit is die pa wat die probleem begin het.
Die vrou probeer die kinders beskerm.
Ek sou dit ook gedoen het indien my man sulke onsin sou kwytraak en die arme kinders daaraan blootstel.

T ·

Maybe as hy net anders gepraat het maar die manier wat hy praat wil mens tot in jou tone in irreteer. As hy rustig gesels het en sy se gese het … ander storie, maar die manier is soos ‘n 5 jarige seuntjie … ek dink as hy met iemand baklei oor iets kan dit pretty lelik raak ek sal hom net wil klap

reggie ·

Laat dit vir jou ‘n les wees. Jy bly nie in SA en maak sulke videotjies oor die bokke en sy supporters nie. Het hy gedink mense gaan stil bly. As jy nie van ‘n span hou nie, moenie hulle supoort nie….klaar. Jy het gekry wat jy gesoek het. Mev de Jonge, jy en jou kinders het jou man te blame vir hierdie situasie!

Gert@Midstream Centurion ·

Tot in die derde en vierde geslag. Man geniet ek nou al die stories. Mis eintlik diepte in die gesprekke.

Botterblom ·

Kom ons wees goeie springbokke en wys hom ons is beter. Ja, hy was bietjie te oorgeesdriftig met sy videos. Is dit nie juis ons onvergewendgesindheid wat ons land en mense so verdeeld hou nie. Dalk het daar iets in sy lewe verkeerd geloop soos in baie van ons se lewens, wat verbittering en slegte “vibes” veroorsaak. Nie dat ek val vir die politieke praatjies wat padda-koker probeer aan ons afsmeer in die lig van samesyn nie (weens die springbokke se wen).So naief is ek ook nie….. Mens moet soms belangrike sake raaksien en nie dat al die onbelangrike goed jou eyeblind nie…. Ek het lekker geskree vir bokke, maar my oë bly oop vir wat aangaan en ek laat mense soos sy berig my laat glimlag, maar nie van my ‘n slegter mens maak nie asook nie my aandag laat aflei van die werklikheid om my af nie… soos grondbesetting, besighede registreer ens. Werklikheid gaan voort deur al die gejuig en gelag…. Politieke beplanning is ‘n bogger…

elsa ·

Johan ,jy moet dink voor jy doen. Moenie dat Martie vir jou moet instaan nie, Wees ‘n man en vra omverskoning, bely dat jy verkeerd gedoen het, Jy was nogals driftig en ook sarkasties. Gaan word stil en oordink alles wat jy uitgelaat het. Jy het gesaai en no gemaai,
Jy het alles begin, en waar is jy nou? Kry jou hart skoon en moenie verder skade aanjouself en gesin se selfbeeld doen nie. Moenie wegkruip nie, staan jou man . Kastaiings moet jy nou self uit die vuur krap want jy het begin.

Duns ·

Presies Charmaine. Sy arme kinders het dalk sy maniere aangeleer en soortgelyke aanmerkings by die skool gemaak. Kinders kyk mos op na pa, en ongelukkig weet hulle nie watse skade pa berokken nie. My hart gaan uit na die kinders met hom as voorbeeld vir n pa.
Hy moet maar vir hom kry, “you do the crime, you do the time”

chantelle ·

jaaa as jy uitdeel moet jy kan ontvang
Hierdie man kom dan so sarkasties voor en so vol self vertoue
Dan kan hy mos nie verwag dat sy eie lands mense en Suid afrikaners sy voete gaan soen na al daai opmerkings
eindlik so snaaks
toemaar die sal ook oorwaai met tyd daar is baie erger dinge daar buite
HAHA ai

Vlinder ·

Jou man het nie net sy span verdedig nie..hy het LELIK geraak! Mens praat mos nie so nie?
Hy het vir dit gesoek..laat hy liewer dink voor hy doen voor hy sy kids weer in die skande steek!

Dom Tappit Ploertsport ·

…dit is wat julle balgotjie is, almal van julle.

Dom Rakpie ·

is ‘n patetiese sport wat daai johan ou verteenwoordig, nes almal hier.

Trinity ·

Ek is nie genoeg op sosiale media om op hoogte te wees van wat die man alles kwyt geraak het nie. Ek weet egter die mense is woedend en ek het die vrou gehoor. Dit is regtig sleg dat die kinders geboelie word, maar (sonder om my kop af te byt), is daar ‘n moontlikheid dat die kinders “teenkanting” kry omdat hulle dalk dieselfde voel as hulle pa of dalk iets soortgelyks gaan kwyt raak het by die skool?

San ·

Rugby is Tappit. As jy nie van rugby hou nie hoekom lees jy die artikel en lewer kommentaar daarop.????

Asjas ·

Terwyl ek NIE die Springbokke ondersteun het nie om verskeie persoonlike redes, onder andere die feit dat ek nie welkom voel in my eie land nie, die feit dat ek Dstv boikot, het ek niks negatiefs gese nie, net eenvoudig nie die WB gevolg nie en geen wedstryde gekyk nie maar ook nie ander lande gaan staan en ondersteun nie.
So negatief wat ek tans oor sa voel kan ek nogal verstaan dat daar mense soos hierdie is maar ek sou dit nie so handteer het nie.
Verder, sport is mos maar sports en daar sal altyd hierdie onderlinge skoorsoek wees? maar kinders boelie oor wat hul Pa kwyt geraak het, nee dis kinderagtig.
Ek neem volle verantwoordelikheid vir die feit dat ek ruiterlik erken het dat ek NIE die Springbokke ondersteun het nie.
Laat klipgooiery begin …

Riaan ·

Gelukkig het meeste rugby ondersteuners wat hier reageer ‘n redelike mate van opvoeding. Dieselfde kan ongellukig nie van jou gese word nie, veral nie as ek na jou taalgebruik kyk nie?

Alet ·

So jammer dat sy vrou nou sy geveg moet voortsit. Kan hy dit nie maar eerder self doen en haar die veleendheid spaar nie?

Ekke ·

Ek is ook ‘n Proud AB’s Supporter, al wen of verloor hulle.
Ah nee ah alle Ouers….of jy nou die Boks support of nie…. leer eerder julle kinders dat bullie swak maniere openbaar en glad nie geregverdig kan word nie…maak nie saak teenoor wie dit is, en of waaroor dit gaan nie. Sit ‘n stop aan enige gedragsprobleem / afwyking … wees jy die verandering wat jy wil sien ….

Jasper ·

Die knop het Jonathan se reël nr 1 gebreek…

Dit is wat gebeur as jy reël nr 1 breek…

Tarantula ·

Meneer, wanneer jy trou en kinders kry, verander jou wereld total en al. Voor mens sulke video’s vir sensasie uitstuur, moet mens maar liefs eers dink aan die nagevolge.

At Fourie ·

Johan ou maat hie dan nou jy jaag die twak aan en nou moet jou vrou jou red.
Kom staan op en sê jyt droog gemaak.
Gaan leer by jou span se afrigter wat dit is om n gentlemen te wees. Tenminste kon hy erken dat hy verloor het.

Rugby Opgefoeterde Brein ·

is wat die Johan ou se optrede en die fanatiese reaksie hier verteenwoordig.

Sean Waterston ·

Verkoop die bakkie. Imigreer New Zealand toe. Daar sal hulle dalk jou opinie waardeur. Anders moet jy maar vat wat jy kry. Jamer dat die kinders moet deur loop

Veronica ·

Ja nee ouens, nou wil die man huil en agter vroulief wegkruip. Enige iemand het die reg om te skree vir wie hy wil maar dis nie nodig om nerhalend en plein ombeskof te wees tenoor ander spanne en hulle ondersteuners nie. Niemand sê hy moet vir die Bokke skree nie, maar om darem te sê ons span moet voetsek…nee kyk…Ek wonder hoe sy video sou gelyk het as die All Blacks die beker gewen het…of selfs die Engelse. Dan het hy die seker hele Bokspan uitgehaal en verkleineer en die ondersteuners verder gekoggel. Dan was hy die boelie. Nee Boet jy het jou eie tronk geskep. En almal weet n tronksel is n koue ding. Bieg en vra verskoning….of n verskyning voor die waarheids en versoenings kommissie is dalk al wat sal help. Of trek die skoen aan….dis nommerpas…lol

easybooks ·

Dude, jy het keuses in die lewe, jy moet leef met jou keuses

Johan ·

All Blacks bly die beste. Die bok wen was en is maar net n politieke ding. Wonder maar net hoeveel is die ref en die Engelse spelers betaal

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.