Johann Botha: Beskuldigdes in hof

Johann Botha. Foto: Maroela Media

Die twee mans en ’n vrou wat daarvan beskuldig word dat hulle die televisie- en radiopersoonlikheid Johann Botha en ’n vriend van hom vermoor het, het Vrydag in die Johannesburg-landdroshof verskyn.

Volgens die staatsaanklaer, Colleen Ryan, is selfoonrekords en foto’s van die nadoodse ondersoeke  steeds uitstaande. Thembi Mbatha (19)‚ Nkosiyazi Phungula (27) en Ntobeko Hlatshwayo (32) staan tereg op aanklagte van moord, gewapende roof en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie.

Die drie is glo op kringtelevisiebeeldmateriaal betrap waar hulle die misdaad pleeg en met ʼn groot hoeveelheid geld van die toneel vlug.

Botha en sy goeie vriend, Werner “Swazi” Perchtold (76), die eienaar van die Zebra Inn-restaurant in Jeppestown, Johannesburg, het in Junie in die restaurant gekuier waar hulle doodgeskiet is. Dié restaurant was een van Botha se gunstelingkuierplekke. Hy en Swazi het sowat ʼn jaar gelede ʼn skaakklub in die Zebra Inn begin en mense uit alle agtergronde byeengebring om Dinsdagaande skaak te speel.

Vier verdagtes, drie mans en ʼn vrou, het omstreeks 19:20 by die restaurant ingestap en iets bestel om te drink. ʼn Ruk later het van die verdagtes vuurwapens uitgepluk en Botha en Swazi koelbloedig voor omstanders doodgeskiet. Die rowers het met ʼn onbekende bedrag geld en twee vuurwapens van die toneel gevlug.

Botha, ʼn bekende in bewaringskringe en die voormalige uitvoerende regisseur van die natuurprogram 50/50, was sedert begin vanjaar die aanbieder van Pretoria FM se Sondagaandprogram Nagmusiek.

Landdros Lucas van der Schyff het die saak tot 12 September uitgestel om die polisie kans te gee om hul ondersoek te finaliseer.

Die beskuldigdes bly in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Anoniem ·

Wonder maar net of die uitstaande moordenaar nog gesoek word of is drie in aanhouding maar genoeg.

Drikus ·

Mag die ondersoekers vasstel wie en waarom hulle Johan wou stilmaak. Ek laat my nie vertel hierdie was ‘n toevallige moord nie. Kyk maar net na watter ondersoekende stuk joernalistiek Johan besig was. Kleinmond mis jou Ou Grote. Mag die moordenaars elke liewe nag wakker lê.

Christie ·

Rus in vrede ou maat wees bly jy leef nie meer in onse trotse land Suid Afrika nie

Swartkat ·

Selfoon rekords en foto’s nog uitstaande volgens die staatsaanklaer, het hierdie bewyse ook skielik verdwyn, of gaam die regter verdwyn dat die saak geskraap word van die rol. Dit is mos wat gebeur met sulke sake – alles verdwyn en die beskuldigdes loop na ‘n paar maande van aanhouding skotvry.

Nita ·

Werkloosheid! Gaping tussen armes en rykes! Hier het nog n paar werksgeleenthede verlore gegaan en n bydrae tot die land se ekonomie. Hierdie rowers en moordenaars verryk hulleself en hulle verarm hulle eie broers en susters. So gly RSA daagliks dieper die afgrond in. Misdaad en stakings wurg die land.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.