Johann Botha-moord: Polisie maak deurbraak

Johann Botha. Foto: Maroela Media

Drie mense is Woensdagoggend in hegtenis geneem ná die moord op die televisie-en-radio-aanbieder, Johann Botha (53), en sy vriend, die eienaar van ʼn Johannesburgse eet-en-kuierplek.

Kapt. Richard Munyai, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die verdagtes is Dinsdagaand vir ondervraging ingeneem voor hulle Woensdagoggend in hegtenis geneem is. Die verdagtes, twee mans (27 en 32) en ʼn vrou (19), is steeds in aanhouding en is nog nie aangekla nie. Die vrou is in KwaZulu-Natal vasgetrek en die mans in Malvern, Johannesburg.

Botha en sy goeie vriend, Werner “Swazi” Perchtold (76), die eienaar van Zebra Inn-restaurant in Jeppestown, Johannesburg, het verlede Woensdagaand in die restaurant gekuier waar hulle doodgeskiet is. Die restaurant was een van Botha se gunsteling-kuierplekke. Hy en Swazi het sowat ʼn jaar gelede ʼn skaakklub in die Zebra Inn begin en mense uit alle agtergronde byeengebring om Dinsdagaande skaak te speel.

Vier verdagtes, drie mans en ʼn vrou, het omstreeks 19:20 by die restaurant ingestap en iets bestel om te drink. ʼn Ruk later het van die verdagtes vuurwapens uitgepluk en Botha en Swazi voor omstanders koelbloedig doodgeskiet. Die rowers het met ʼn onbekende bedrag geld en twee vuurwapens van die toneel gevlug. Die Jeppestown-polisie ondersoek twee sake van moord en een van sakeroof.

Botha, ʼn bekende in bewaringskringe en die voormalige uitvoerende regisseur van die natuurprogram 50/50, was sedert begin vanjaar die aanbieder van Pretoria FM se Sondagaandprogram Nagmusiek.

Botha se gedenkdiens vind Donderdag om 14:00 vanuit die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika in Centurion plaas.

Die verdagtes sal binnekort voor die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Scalla ·

Tragiese gebeurtenis, die 4 verdagte lafaards was beslis nie daar om te gaan skaak speel nie, hoop hul word swaar gestraf.

Erica Albertse ·

Al is die skuldiges gevang, al kry hul ook die Doodstraf, dit bring nie Ons Geliefde Johan en gunsteling aanbieder, uitstekende en onbeskryflike diere liefhebber met al sy kennis terug nie. Dis hartseer, dit maak seer en daar is menigte van Ons wat in Rou gedompel is.
Daar is nie ‘n swaar genoeg straf wat sy dood gaan regverdig nie…… Ons Harte is Stukkend

alida ·

Erica ek kan nie meer met jou saamstem nie. My hart is gebroke oor hierdie briljante mens wat nie verdien het om so te sterf nie. Afskuwelik.

Sandy ·

Erica ek het die voorreg gehad om Johann te kon ontmoet. Hy was werklik n gentle gaint. Nie net groot in mens wees maar groter was sy hart. Hy laat werklik n yslike gat in baie mense se lewens!!!

Sonja ·

Al word hulle skuldig bevind, bly hulle lewe. Johann en Werner is dood.

Magda ·

Goeie werk Dankie SAPS – Hoop net hulle word gou gevonnis en ook vir n BAIE BAIE LANG TYD.

KarenG ·

Hi MM, Johann en Werner is verlede Woensdagaand, 7 Junie vermoor, nie Dinsdagaand nie. Ek stem, alhoewel ek dankbaar teenoor SAPS is dat die moordenaars gevang is, gaan dit nie hierdie uiters talentvolle man en sy vriend terugbring nie. Geen straf sal swaar genoeg wees vir die moordenaars nie!!!

Janie Monsieur ·

Dagsê KarenG,
Dankie vir jou valkoog! Jammer vir die oorsig, die berig is gewysig.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

Celia ·

Maroela- ons hoop ons sal die gedenkdiens kan sien?Baie dankie.Baie sterkte aan sy familie en vriende. Ons sal hom mis.

Rina Kotze ·

Moordenaars moet hang, hulle neem ander onskuldige en wetsgehoorsame burgers se mensereg weg deur hulle te vermoor.

So ook kindermolesteerders en verkragters.

Party mense moet net permanent verwyder word uit die samelewing!

Johan. H. ·

Polisie ons vra julle mooie moet hulle asb nie laat ontsnap nie, Dis nogal belangrik!!

Tilla ·

Johan die polisie moet nie net hulle verhoed om te ontsnap nie – die polisie moet ‘n behoorlike ondersoek doen sodat daar nie weer op die end van die dag by die verhoor een of ander slenter kan wees wat hulle kan laat wegkom nie. 2x lewenslank is nie lank genoeg vir hulle.

Lou ·

Doodstraf vir moordenaars! Menseregte is nie vir moordenaars nie. Hulle het hierdie reg verbeur deur self ‘n lewe of lewens te neem…….

Piet ·

Mens kan maar debateer oor waar die probleem van misdaad nou eintlik begin het, maar wat wel ‘n probleem is, is as mens gaan kuier by n plek saam met mense van “alle” agtergronde. Nou is mense wat niemand skade gedoen het nie deel van SA se statistiek.

Catryn ·

Moordenaars, verkragters en die met baie ernstige oortredings het meer menseregte as die slagoffers se families en slagoffers self, hulle kry die beste behandelings, mediese versorging, alles word vir hulle gedoen en selfs kursusse aangebied om kwansuis te rehabiliteer en dan kom hulle uit op parool en doen weer dieselfde dade…

Neem weg daardie voordele, dit kos ons meer as R12000 per misdadiger – en hoeveel verdien ons arme ou mense wat veronderstel is om beter te lewe nadat hulle bygedra het tot ‘n land se bestaan.

Gooi moordenaars en verkragters almal in een groot tronk en vat hul regte weg, waarom tv of besighede vir hulle aanbied, wat van slagoffers?

Eunida ·

Twee sinvolle lewens geneem,en 3 of 4 doellose,wettelose,gewetenlose moordenaars wat geeeeeeeeeen waarde tot hierdie lewe toevoeg nie, gaan moontlik belasting betalers se probleem word?Hierdie wêreld maak net nie meer sin nie!

VanAfrika ·

Scalla, skaakaande was Dinsdae aande, Johan en vriend was Woensdag aand geskiet. Jou kommentaar ly dat die moordernaars nie daar was om skaak te speel nie, dit was Woensdag aand, die Dinsdag aand nie

Nonnie ·

Bring die Doodstraf terug vir almal wat moord pleeg en verkrag. Wit en Swart. Die vrees vir gevolge van sulke optredes bestaan nie omdat daar niks gedoen word nie. Hulle gaan sit agter tralies en leef ‘n beter lewe as die werkloses.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.