Johannesburg belê R20 miljard in sakebuurt

Johannesburg. Argieffoto

Herman Mashaba, burgemeester van Johannesburg, het Woensdag ’n belegging van R20 miljard in die Stad Johannesburg se sakebuurt aangekondig. Volgens Mashaba is dit die grootste eiendomsbelegging wat die stad nóg gemaak het deur die ontwikkeling van die private sektor.

Dit beteken dat die Stad Johannesburg se staatseiendomme aan die private sektor beskikbaar gestel sal word vir herontwikkeling, het die burgemeester in ʼn verklaring verduidelik.

Luidens die verklaring verwag die stad om R20 miljard in verwagte beleggingswaarde te belê wat binnekort sigbaar sal wees in die middestad met 24 ontwikkelings wat binne die volgende ses maande van stapel gestuur moet word. “Dit is bykomend tot die drie ontwikkelings wat reeds in Hillbrow en Newtown plaasvind,” het Mashaba verduidelik.

Dié ontwikkelings is die gevolg van die prospektus van 71 eiendomme wat in 2017 aan die private sektor uitgereik is as deel van Johannesburg se vernuwingsprogram in die middestad. Dit is aanvullend tot die 13 eiendomme wat die stadsraad aanvanklik beskikbaar gestel het.

Die belegging sal fokus op die ontwikkeling van bekostigbare residensiële en studente-akkommodasie asook bekostigbare besigheidspersele vir klein, mediumgroot- en mikro-ondernemings.

Dié eiendomme is in sentraal‑Johannesburg, Yeoville, Berea, Vrededorp, Fairview, Salisbury, Marshalltown, Wolhuter en Turffontein geleë.

Luidens die verklaring word verwag dat die eerste groep ontwikkelings sowat 10 096 werksgeleenthede in die stad sal skep asook ongeveer 6 500 wooneenhede beskikbaar sal stel wat tussen R900 en R4 500 per maand per eenheid uit die sak sal jaag uitsluitende nutsdienste.

“Dit is net die begin van die verandering wat ons na die stad wil bring, met nog meer geboue en ontwikkelings wat in die toekoms sal plaasvind,” het Mashaba gesê.

“Deur die stad se inklusiewe behuisingsraamwerk, wat voorsiening maak vir nuwe ontwikkelings om minstens 30% bekostigbare behuising in te sluit, kan inwoners nou in Johannesburg kies waar hulle wil woon met beter toegang tot werk en geleenthede.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Eerlik ·

Hoe kan jy koop as die ondeining sonder vir goeding so gepredik word.

GM ·

Oops, ek het ‘insluitend’ gelees in plaas van ‘uitsluitend’ wat die dienste aanbetref.

Gert van Wierdapark ·

Dis baie goeie nuus vir Johannesburg! Die vraag deur veral die mense van Alexandra is seker – hoe gaan ons daar by baat vind? Verder – wie gaan daar uit voordeel kan trek? Sal n deel van Alex inwoners wat al jare op waglyste is, daar by ingesluit word?Ek vra maar net!

Danie ·

Die verskil is Alex inwoners wil dit kosteloos hê. Die sakesektor betaal daarvoor.

Die werksgeleenthede kan dalk vir Alex inwoners ‘n kans gee om te werk, met in begrip dat hulle genoeg vaardighede het.

Ellisras ·

Dit sou nie onder die ANC gebeur het nie. Vind uit watter party dit is en stem vir daai party.

Judge Dredd ·

Nasionale verkiesing – hoekom?
Local elections is 2 jaar weg.

Stem VF+ dan moet DA maar in koalisie gaan vir provinsiale beheer = nog beter resultaat.

Riaan ·

Skielik in die verkiesing jaar val geld uit die lig uit!

Patetiese verkiesings foefie!

Nie 'n Suurgat - Ontwikkel SA ·

Johannesburg doen ‘n U-draai na die ANC verwoesting en korrupsie. In 2,5 jaar het die Da koalisie baie vermag. Hierdie is net een van die volgende stappe om te doen – wat die ANC altyd belowe, oor praat en fantiseer. Belaglik om te wag met die ontwikkeling tot na die verkiesing sodat sommiges dit nie verwar met ‘n verkiesingsfoefie nie. Hierdie is positiewe ontwikkeling en werkskepping wat werklik gebeur, soos in nou.

Belinda ·

Bele eerder in goeie wagte om elke hoek en draai omdat elke liewe mens elke dag gesmash en grab word al is daar geen teken van iets in hulle karre nie……

Joburg ·

As meer werksgeleenthede geskep word sal misdaad afneem en wagte nie nodig wees nie. Behandel die oorsaak van misdaad en nie die simptome van werkloosheid en armoede nie.

riaan ·

@ joburg

En hoe gaan laekoste behuising help om werkloosheid en armoede aan te spreek?

Niks anders as ‘n verkiesingsfoefie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.