Johannesburg by COP21 vereer

johannesburgTerwyl die stad Johannesburg spook om sy strate weer op te ruim sedert die staking van die vullisverwyderingsmaatskappy Pikitup opgeskort is, is die stad Donderdag in Parys in Frankryk bekroon met ʼn toekenning van die C40 Cities.

Die C40 Cities-toekennings word jaarliks tydens COP21, die internasionale klimaatberaad wat tans in Parys plaasvind, toegeken aan stede wat klimaatsverandering doeltreffend bestuur.

Volgens Phindile Chauke, woordvoerder van die Johannesburgse stadsraad, is die toekenning Donderdag deur Geaff Makhubo, namens die stadsraad, in Parys tydens die COP21-beraad in ontvangs geneem.

Michael R Bloomberg, C40-president en die Verenigde Nasies (VN) se spesiale gesant oor klimaatsverandering, het gesê “die toekennings erken stadsrade wat op ʼn doeltreffende manier die klimaatsveranderingkwessie takel”.

Johannesburg was onder die top-10 stede wat by die derde jaarlikse toekenningseremonie vereer is. Van die ander wenners sluit in Boston, Rotterdam en Nanjing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

André Buys ·

Daarsy…n bietjie goeie nuus wat deur die owerheid bewerkstellig was. Wel gedaan. Ek hoop hulle prober die res van die probleme aanpak…

Deon ·

Ek sal nogal graag die kriteria vir die toekenning wil sien….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.