Johannesburg en Kaapstad pronk op ʼn lys van 40 wêreldstede waar multimiljoenêrs werk en speel, het City Press berig.
Johannesburg is in die 28ste posisie op die lys, met Kaapstad kort op sy hakke in die 36ste posisie.
Die Knight Franks 2015 Wealth Report ontleed tendense rakende rykdomverdeling en fokus veral op superryk individue met belegbare bates van minstens $30 miljoen (meer as R353 miljoen). In 2014 het ongeveer 5 200 individue hulle by hierdie elitegroep aangesluit wat nou ʼn totaal van 172 850 individue uitmaak.
Europa beklee die eerste plek met 60 656 superrykes, Noord-Amerika is tweede met 44 922 en Asië derde met 42 272 superrykes. Afrika is laaste op hierdie lys met slegs 1 932. Johannesburg het 298 superrykes en Kaapstad 115.
Volgens die Knight Frank’s 2015 Wealth Report speel en werk die wêreld se rykstes in:
1. Londen
2. New York
3. Hongkong
4. Singapoer
5. Sjanghai
6. Miami
7. Parys
8. Dubai
9. Beijing
10. Zürich
en
28. Johannesburg
en
36. Kaapstad
Ons werk en speel ook in Durban. Jy moet rondkyk!
Wat op dees aarde laat hulle Johannesburg kies om in te “speel”???!
Die twee stede moet definitief ‘n goeie selfbeeld hê maar geen standbeeld . . .