Johannesburg enigste Afrikastad op indeks van veiligste stede

Johannesburg. Argieffoto: Legendtours

Johannesburg. Argieffoto: Legendtours

Johannesburg is die enigste stad in Afrika wat The Economist se lys van die 50 veiligste stede ter wêreld kon haal – maar dit is omdat dit so moeilik is om die verlangde data uit Afrika te kry.

Tokio het die eerste plek as veiligste stad op die gesamentlike indeks gehaal.

Op die algemene lys is Johannesburg 47ste uit 50 stede. Ho ChiMiehn-stad in Viëtnam, Teheran in Iran en Djakarta in Indonesië is die stede wat swakker as Johannesburg vaar.

Ook op die indekse wat spesifieke aspekte van veiligheid meet, het Johannesburg nie te goed gevaar nie. Die verrassing is waarskynlik dat Johannesburg nie op die indeks vir persoonlike veiligheid die swakte gevaar het nie, maar vir gesondheidsdienste.

Vir gesondheidsdienste het Johannesburg die 47ste plek ingeneem, vir digitale veiligheid die 44ste plek, vir persoonlike veiligheid die 39ste plek en vir infrastruktuur die 45ste plek.

Tokio het ook vir digitale veiligheid die eerste plek ingeneem, terwyl Singapoer die eerste plek met gesondheid en persoonlike veiligheid ingeneem het. Zürich het die veiligste infrastruktuur.

Bron: The Economist

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Manie ·

Ek betwyfel die stelling. Johannesburg is seker een van die onveiligste plekke op die planeet

Asjas ·

Daar waar ISIS doenig is, is ook Afrika? Dan is Johannesburg seker die veiligste … kan nie glo ons word vergelyk met oorlog geteisterde lande nie. Wat ‘n prestasie!

Sollie ·

Wees verseker liewe vriende, Zuma sal hierdie nou weer as gospel verkoop want hy sal dit natuurlik WIL glo, maak nie saak hoe verkeerd dit is omdat daar nie genoeg inligting is nie.

CHRISTA ·

Dit sal die grootste grap wees want dan moet Zuma nog MEER die amper R250 miljoen se “beveiliging” van sy privaatwoning verduidelik!!! HAHAHA!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.