Johannesburg glo uit R200 m. bedrieg

handcuffsWinkelsentrums, hotelle, eiendomsagentskappe en motorhandelaars in Johannesburg het glo saamgespan om die stad uit meer as R200 miljoen te bedrieg, berig The Saturday Star.

Volgens die berig is 18 mense reeds in hegtenis geneem na ‘n ondersoek oor raadslede wat glo by bedrieglike aktiwiteite betrokke is.

“Die arrestasies hou verband met bedrieglike aktiwiteite soos die manipulasie van eiendomswaardasie-tariewe, peuter met meters en onwettige water- en elektrisiteitverbindings,” het Nthatisi Modingoane, woordvoerder van die stadsraad, aan die koerant gesê.

Die stad sê daar sal binne ‘n maand ‘n gedetailleerde verslag beskikbaar gemaak word rakende die ondersoek.
Pravin Gordhan, minister van samewerkende regering, het Donderdag gesê die stad is by wyse van tariewe en belasting bedrieg.

Hy het ook gesê dat werknemers van die stad glo met lede van die publiek saamgespan het om nie water- elektrisiteitsrekeninge te betaal nie.

Gordhan sê dit het tot gevolg gehad dat seker kliënte hoër rekeninge kry aangesien hulle meters gemanipuleer is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Helene Heyns ·

Ek hoop die Stad Kaapstad sal ook wakker skrik en die onwettige elektrisiteitsverbindings in die “townships” aanspreek en begin om mense in hegtenis te neem.

Elizabeth ·

En hier vertel Eskom ons kort-kort ons moet bespaar, hulle is onder hoë druk ens ens. En kyk wie is alweer betrokke – die “have’s”!! Die “have-nots” moet maar betaal vir hulle en hul vriende en ten spyte van ‘n inselling soos Eskom se waarskuwings en pleidooie gaan hulle net aan. Hier moet Eskom darem wraggies ‘n voorbeeld van die kaders maak! Absolute skande. Nêrens in die wêreld kry mens meer skandalige gedrag deur die wat in beheer is, as in hierdie land nie.

Frans-Petrus Zeelie ·

Genade mense moet dalk die berrig lees!! Hierdie is ‘n geval waar lede van die PUBLIEK die munisiepaliteit bedrieg het, nie zuma, of eskom of what not nie. Ek verstaan anyway nie waar eskom inpas nie want n munisipaliteit bestuur en beheer sy eie krag, en is verantwoordelik vir sy eie elektriese infrastruktuur. Bygese is daar natuurlik munisipale werkers hierby betrokke, en miskien is dit die frustrerende swak diens wat mens van munisipaliteite af kry waar foutiewe rekeninge mense kwaad maak, en natuurlik begin dwing om wette te oortree. Dis nie onmoontlik, ek het al baie frustrasies gehad met “Tshwane”. Mens voel ook sommer lus en se ‘stuff julle’ kom ons koppel ons krag op n ander manier… Alles a bose kringloop.

Elizabeth ·

@Franz-Petrus Ons lees reg. Wat ek bv sê is dat Eskom ons gedurig vra om te spaar en hier seel die kaders en hul vriende lekker SO, Eskom moet ‘n voorbeeld van die diewe maak en hul vervolg! So ook Randwater – hulle moet ook die spul vervolg. ‘n Goeie begrip het ‘n halwe woord nodig – dalk nie in jou geval nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.