Johannesburg het dán weer water

Argieffoto

Johannesburgers sal ’n sug van verligting slaak wanneer hulle teen Woensdagmiddag weer water in hulle krane behoort te hê.

Rand Water, die instelling wat grootmaatwater aan die stad verskaf, het aangekondig die grootskaalse sluiting wat al sy reservoirs en watertorings vanaf Maandag geraak het, sal teen vanmiddag weer oopgestel word.

Die instelling het in ’n kort verklaring verseker dat sy netwerk weer “operasioneel en stabiel is en dat alle reservoirs [weer] aan aanvraag voldoen”.

Maroela Media het vroeër berig beperkte watertoevoer aan alle Rand Water-kliënte sou na verwagting vandeesweek 54 uur duur om ’n 2 500 mm-klep van Lethabo na die Vereeniging-pompstasie te installeer. Die B11-pypleiding was dus tydelik gesluit.

Rand Water het ’n beroep op Johannesburgers gedoen om steeds water spaarsamig te gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Juliana ·

Ek bly in Krugersdorp en werk in Johannesburg en ons het nerens watertekorte of lae druk ondervind nie. Hulle het die instandhouding puik bestuur.

Randwater ·

Bly en werk in Roodepoort. Laas wat ek gekyk het, deel van Johannesburg. Nog geen water onderbreking of laedruk ondervind nie. So wààr is die water nou weer af?????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.