Johannesburg het nou ook beurtkrag

Argieffoto ter illustrasie van Johannesburg. (Foto: Unsplash)

Johannesburg se inwoners sal vandeesweek nes die res van die land fase 2-beurtkrag hê nadat hulle verlede week se beurtkragronde vrygespring het.

Die kragverskaffer City Power sê in ’n verklaring hy is die ekstra kapasiteit wat hy gehad het om voorheen beurtkrag af te weer, nou kwyt. Dit nadat die kragtoevoer na die Kelvin-substasie naby Kempton Park onderbreek is.

Luidens die verklaring ontvang die kragverskaffer op enige gegewe dag elektrisiteit van twee lyne by dié substasie wat 10% van die totale elektrisiteit lewer, terwyl die res van Eskom afkomstig is.

Een van dié lyne is egter Saterdag beskadig en die meeste van die voorstede in die ooste van Johannesburg en Johannesburg-Sentraal is in duisternis gehul.

“Gevolglik is slegs een lyn tans in werking by Kelvin-substasie, wat ons kwesbaar laat. Dit is om hierdie rede dat City Power Maandag vanaf 12:00 begin het om beurtkrag in werking te stel.”

Die ekstra kapasiteit wat die substasie verskaf het, tesame met die aanwending van tegnologie soos slimmeters wat die las beperk, het dit vir die kragverskaffer verlede week moontlik gemaak om beurtkrag af te weer.

City Power doen nou ook ’n beroep op inwoners om elektrisiteit spaarsamig te gebruik.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Asgat ·

Ek hoop dit gaan nie die laaste keer nie, hoekom moet ons almal onder beurtkrag deurloop maar nie Johannesburg/Gauteng nie….

Janine ·

Ons in Springs Gauteng, kry baie beurtkrag, ook ten minste 1maal per week ” kabelfout”, en dus geen krag.

Niné ·

Hulle moet ook die miljardes van ons belastingbetalers spaarsamig gebruik!

Gypsygirl ·

It is strange that Eskom can get away with abusing its customers. Contractually we pay our bills. Contractually It is their responsibilities to supply power. They are actually in breach of contract.

When city power could not collect electricity payments directly from Soweto residents. Eskom said that they would deal directly with Soweto. They have failed worse than city power. However they do not cut these non Paying residents off. They only want to cut off municipalities. They are too afraid of the ramifications. But cutting off municipalities or threatening to cut municipalities. Is easy they are not getting negative ramifications directly.

Eskom you suck. You are unethical. You got yourself into this mess by not doing your collection of debt from the onset. Now you want to penalize the paying community by trying to get astronomical increase from the paying community.

Stop avoiding the issue and do your job. Collect the outstanding debt. Cut the non paying community off.

charmaine ·

Will ESKOM deal with Soweto directly? don’t think so, most of their families and friends live in alex and Soweto.

Gypsygirl ·

Continued:
Even if it comes down to get the army to support the technicians. This is worse than the cape flats gangs. These gangs are stealing just as much as the gangs in the Cape.

If the army could be deployed there, why not deploy them in Soweto. Stop this culture of non payment.

ANC loves this non payment. These non paying g residents will remain voting for the ANC. They will not vote for another party because the new party my force payment.

Makes one think. ????????????????

Vriendelike Frikkie ·

Ek het aan ‘n meer regverdige verdeling van die beurtkrag straf gedink; laat die wanbetalende munisipaliteite die grootste deel van die beurtkrag kry. Persentasie gewyse. As jy 80% van jou skuld betaal het kry jy net 20% van die beplande beurtkrag. 30% betaling kry jy 70% van die beurtkrag. Dit behoort munisipaliteite te oorreed om te betaal om sodoende beurtkrag vry te spring. Dit sal ook baie duideliker die sondebokke uitwys.

netekalleen ·

Hoogtyd. Centurion in pretoria dinges af met loadshedding. altesaam amper 30 uur loadshedding gehad net van vrydag middag 3 uur na sondag aand 11 uur. mens se yskaste vries af en gaan binnekort die gees gee oor die skielike afgaan elke nou en dan

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.