Johannesburg het werk geskep

Herman Mashaba (Foto: ANA)

Te midde van die aankondiging vroeër vandeesweek dat Suid-Afrika se werkloosheidskoers nóg verder toegeneem het, het Johannesburg se werkloosheidskoers afgeneem.

Herman Mashaba, burgemeester van Johannesburg, het Donderdag aangekondig dat dié stad altesaam 109 000 nuwe werksgeleenthede in die eerste twee kwartale van 2018 geskep het. Die werkloosheidskoers het van 32,3% na 30,8% afgeneem.

Volgens Mashaba is die inligting vervat in die kwartaallikse arbeidsmagpeiling wat deur Risenga Maluleke, statistikus-generaal, bekend gemaak is.

Die verslag toon dat die toename in die werkloosheidskoers landwyd die gevolg is van 90 000 minder mense wat wel ʼn werk het en ʼn toename van 102 000 in die getal mense wat tussen die eerste en tweede kwartaal vanjaar werkloos geword het.

Werkloosheid onder die jeug is ook steeds skrikwekkend hoog. Van die 10,3 miljoen mense tussen 15 tot 24 jaar is 31,6 nie in diens of besig met verdere opleiding of studie nie.

“Ongelukkig het die groei in Johannesburg plaasgevind in ʼn tydperk dat ons moet simpatiseer met die 418 000 mense wat nou aangesluit het by die geledere van die werkloses landwyd en die 115 000 ander in Gauteng oor dieselfde tydperk,” het Mashaba gesê.

Mashaba het bygevoeg dat verandering wat werksgeleenthede skep tog wortel skiet in Johannesburg en ʼn “groter mate van sakevertroue posvat”.

Volgens Mashaba het die stad ʼn rekordbedrag van R8,7 miljard in beleggings bereik in die 2017-’18-boekjaar. Dít het volgens hom hul doelwit met meer as R3 miljard oorskry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

gatiep ·

Daai werkloses het seker almal Kaap toe gekom,want ek kan nie sien hoe werk geskep word in so land nie.

Eish ·

LMGA en nou besef hulle Eskom het bv DUISENDE werknemers te veel so ook in staatsdienste .. help nie jy skep werk waar daar nie WERK is nie, maar sorg net dat mense ‘n salaris kry? Ek weet nie waar presies in Johannesbrug jy werk geskep het nie, en ek het tot nou toe baie van die DA gedink, maar julle ondersteuning is besig om te taan .. julle het te rassisties begin word . . ONGELUKKIG want julle het aanvanklink nie sleg gevaar nie.

Celtis Africana ·

Verblydend. Wie wil dan nou boer as jy in Gauteng geholpe kan raak?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.