Johannesburg kry nuwe nooddiensvoertuie

Burgemeester Herman Mashaba by een van die nuwe nooddiensvoertuie.

Die Stad Johannesburg wil oor die volgende maande meer as 90 nooddiensvoertuie by sy bestaande vloot voeg.

Die eerste aflewering van 10 nooddiensvoertuie is Maandag deur die burgemeester, Herman Mashaba, in ontvangs geneem.

“Die hernuwing van die stad se nooddiensvoertuie-vloot, wat brandweer- en reddingsvoertuie insluit, is ʼn langverwagte en broodnodige diensleweringsinisiatief wat ʼn direkte uitwerking op die lewe van ons inwoners sal hê.”

Daar sal teen die einde van die week nog vyf nuwe nooddiensvoertuie in Johannesburg aankom. “Hierdie voertuie is ʼn sleutelhulpbron in noodbestuursdienste aangesien brandbestryders dit vir eerste reaksie kan inspan.

Die nuwe nooddiensvoertuie.

“Vinnige noodreaksievoertuie kom dikwels eerste op die toneel waar brandbestryders die situasie kan beoordeel en dan die nodige hulpbronne vir brandbestryding kan ontbied.

“Hierdie voertuie het ook reddingstoerusting wat die nooddienste gebruik om op motorongelukke te reageer.”

Die Goudstad het in Junie ook 42 nuwe ambulanse ontvang en die stad het nou 101 ambulanse tot sy diens. Daar sal aan die einde van elke maand ook ander nooddiensvoertuie, soos brandweerwaens, ontvang word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

24 Kommentare

jongste oudste gewildste
Boy van die Suburbs

Nêh?! En, aan wie was die tenders toegeken??!!

Johan Maritz

Hoekom Land Cruisers die voertuie gaan net gebruik word tot hulle waarborg verby is . Jy kan twee Mahindras met kleingeld kry vir een Cruiser, maar die transaksie kan n mens net jou eie gevolgtrekking maak Onthou ons is in die omkoop- paradys van die wereld.

Piet parys

Ek hoop nou dat die personeel ook opleiding gaan kry sodat die voertuie gaan langer hou . Sal graag wil weet hoe lank hou so n voertuig . So nou kan julle maar die werktuig kundige afdeling toemaak want toyota diens mos die voertuie vir die volgende 5jr 100 000 km . Lyk na n lekker gatskuur bakkie

Johan Maritz

Johan dit gaan nie oor lank hou nie, hier gaan dit oor hoeveel en met die nuwe tegnologie is Toyota Land Cruiser baie duur om te onderhou jy wil dit nie besit na die waarborg verstryk het nie. Dit wil vir my ook voorkom of hulle die Johannesburg inwoners wil bewusmaak dat die toestand van die paaie gaan verswak . Johan ek vermoed as ek na jou argument luister dat jy op een of ander wyse verbinding het met Toyota.

Johan

Johan en Sopbeentjie blyk maar min te weet wat die verskil tussen ‘n Landcruiser en Mahindra is nie. Jhb dit was die beste besluit om die beste vani beste aan te koop.