Johannesburg waarsku oor beurtkrag

Oorlading kom in verskeie van die stad se buurte voor, wat groot druk op die netwerk plaas. (Foto: pixabay)

Die Stad Johannesburg waarsku inwoners teen ʼn groot moontlikheid van beurtkrag en sê die stelsel is onder groot druk weens dalende wintertemperature.

Raadslid Mpho Moerane, burgemeesterskomiteelid vir omgewing en infrastruktuurdienste, het ʼn beroep op inwoners gedoen om hul kragverbruik te verminder. In sommige gebiede is verbruik só hoog dat die stelsel teen oorlading beskerm moet word.

“Die besluit word gerig deur ʼn risiko-ontleding wat oor die stad by City Power-substasies gedoen is en wat dui op ʼn ernstige bedreiging weens die daaglikse oorlading van die netwerk in die meeste gebiede,” sê Moerane.

“Dit kan lei tot die algehele ineenstorting van sekere substasies.”

Eskom het reeds gewaarsku oor ʼn groot kans op beurtkrag sou die netwerk onder die druk bly wat dit tans is. Die stelsel is vandeesweek reeds noodgedwonge ingestel en toe weer opgeskort.

Volgens Moerane was daar ʼn toename in die getal onderbrekings weens oorlading in gebiede wat reeds as brandpunte geïdentifiseer is. Die oorlading word onder meer veroorsaak deur onwettige verbindings, ʼn toename in agterplaasvertrekke waar krag gebruik word en die algemene oorgebruik van elektrisiteit tydens spitstye.

Indien die rotasiestelsel in werking tree, sal dit tussen 16:00 en 22:00 ingestel word tot die situasie verbeter.

City Power monitor intussen die daaglikse lading om vas te stel in watter gebiede ingryping nodig is.

Moerane sê die besluit kan genoodsaak word ten spyte van City Power se omvattende instandhoudingswerk wat hy ter voorbereiding van die winter gedoen het.

“Inwoners moet verstaan dat kragrotasie die laaste uitweg is om infrastruktuur te beskerm en dat dit nodig is weens herhaalde onderbrekings in gebiede wat weens oorlading en ʼn styging in verbruik uitgewys is.”

Anders as tydens gewone beurtkrag, is daar geen vaste skedule vir die rotasiestelsel nie en word die in werkingstelling daarvan gegrond op die bedreiging by plaaslike substasies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

annie ·

Ons weet presies waar die oorladings is, hoekom weet City Power nie? Dit sal beter vir SA wees as die ANC winters uit SA vir goed verban, as hul nog oor genoeg omkoopgeld beskik, want ons Es het reeds gegaan. ‘n Gaspypleiding vanaf Rusland is dringend nodig met die kortste pad regdeur die aarde… natuurlik ‘n welsynsgeval…

SjN ·

Begin sommer vanoggend met n span met die verwydering van onwettige verbindings, Geen ekstra opwekking word vereis om die taak uit te voer en Dan behoort daar n surplus te wees.

Fedup ·

Good luck to the people in joburg.
Yesterday people went without power for 12 hours straight.
I cannot remember ever being so angry and frustrated. One day without being able to work.
excom need te be let go.
Useless and pathetic.
Not the word I used yesterday.

Di ·

Te dankie aan miljoene onwettige krag wat aangele is, gaan kyk gerus in Soweto hoeveel duisende onwettige krag aangele is daar. Sny krag slegs in hierdie gebiede waar dit ‘n probleem is sodat die wat daar bly self in opstand kom teenoor die wat die krag onwettig aanle.

melaney ·

My haarkapster het onlangs van perseël verander. Sy het elke maand gereeld haar rekening vereffen (wat krag insluit). Einde April het sy verneem dat die gebou se eienaar al vir jare nie meer sy rekening betaal nie en maar elke maand ‘omkoop geld’ aan die man oorhandig wat die krag moet kom afsit. Lyk vir my Soweto is nie die enigste probleem nie, maar strek veel wyer as dit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.