Johannesburgse reeksbrandstigter glo vasgetrek  

Argieffoto ter illustrasie

ʼn Verdagte wat Dinsdag in hegtenis geneem is, is glo die reeksbrandstigter wat verantwoordelik is vir meer as 20 huisbrande in die noordelike voorstede van Johannesburg.

Volgens Wahl Bartmann, uitvoerende hoof van die Fidelity Services Group, is die verdagte omstreeks 18:00 in hegtenis geneem nadat ʼn wenk ontvang is en ʼn spesiale operasie deur verskeie rolspelers gevolg het.

“Die verdagte is opgespoor waar hy te voet was in Emmarentia,” het Bartmann gesê. Die verdagte is al vir die afgelope 24 maande soek nadat hy aan verskeie huisbrande in onder meer Bryanston, Houghton, Dunkeld, Illovo, Hyde Park en omliggende gebiede verbind is.

Fidelity het in April vanjaar ʼn beloning van R100 000 aangebied vir enige inligting wat tot die verdagte se inhegtenisneming en vervolging kan lei. ʼn Spesiale wenklyn is vir die doel van stapel gestuur.

“Die wenk wat tot die verdagte se inhegtenisneming gelei het, is via die wenklyn ontvang. So sodra die verdagte vervolg is, sal ons die beloning uitbetaal.”

Die polisie het verlede maand ʼn verklaring uitgereik waarin hulle hulp gevra het om die vermeende reeksbrandstigter op te spoor.

Kol. Dimakatso Sello, polisiewoordvoerder, het gesê die verdagte word ook gesoek in verband met sake van moord en huisbraak.

“In al die voorvalle sal die verdagte by gegoede huise inbreek en nadat hy eiendom gesteel het, die huise aan die brand steek.”

Die verdagte is voorheen tot sewe jaar tronkstraf gevonnis waarvan vier jaar vir vyf jaar opgeskort is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Elize ·

Gewoonte misdadiger. Wanneer gaan julle reel dat slegs 5% rehabiliteerbaar is? Bou werksplase en laat hulle vir hulle kos werk. Ek raak moeg om vir al die gespuis in die tronke te betaal. Almal lewe lekker in die land behalwe eerlike, hardwerkende burgers.

Elize ·

Hoekom kan hierdie gespuis nie soos in Texas werk vir hulle kos en blyplek nie. Daardie manne vat geen nonsies van ‘n “bandiet” nie

melaney ·

Hopelik sal mense in die voorstede meer rustig kan slaap.

Harley Davidson ·

Fidillity guards is nou ofisieel beter as die kastige sap

domheks ·

More is die gemors weer op straat met ons WONDERLIKE REGSTELSEL!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.