Johnny sit al regop ná fratsongeluk

Johnny Pienaar (Foto: Verskaf)

Dit gaan beter met klein Johnny Pienaar wat sowat ʼn week gelede ernstige brandwonde opgedoen het toe hy per ongeluk in vuurwarm badwater by sy ouerhuis in Vanderbijlpark in Gauteng beland het.

Dié bedrywige blondekopseuntjie van 18 maande het oor die naweek vir die eerste keer sedert die ongeluk regop gesit in ʼn hospitaal in Witbank waar hy in die brandeenheid behandel word.

“Hy wou speel met sy hande, maar sy hande is toegebind. Hy is ʼn besige kind en dit frustreer hom baie,” het Dernica Pienaar, Johnny se ma, Dinsdag gesê.

Maroela Media het vroeër berig Johnny het eerste- en tweedegraadse brandwonde oor 57% van sy lyfie opgedoen. Hy het veral slegte brandwonde aan die linkerkant van sy lyfie opgedoen met die meeste skade aan sy bors, linkerbeen en rug.

Dokters het intussen kunsmatige vel oor die brandplekke geplaas waaronder sy vel sal kan aangroei. Johnny het net vanoggend ʼn draai in die teater gemaak sodat sy wonde onder narkose skoongemaak kon word. “Soos sy vel teruggroei, lig die kunsmatige vel vanself op en word dan afgesny,” verduidelik sy ma.

Dernica is in dié stadium alleen by die hospitaal aangesien haar man, John, moes terugkeer werk toe. Die egpaar se ander seuntjie (5) woon tans by sy grootouers terwyl sy kleinboet in die hospitaal aansterk.

“Die eerste ding waarna hy gevra het nadat hy vanoggend uit die teater gekom het, was ons hond by die huis.” Dernica lag effens voordat sy verder vertel.

Volgens haar is Johnny ooglopend gefrustreerd met die hospitaal. “Hy is huilerig en baklei teen die slaap. Sy been jeuk ook vreeslik. Hy is verskriklik sterk. Dit irriteer hom net om stil te lê.”

Johnny praat egter minder ná die ongeluk. “Op die oomblik is ek alleen by die hospitaal en dit is moeilik. Ek is net bly my kind herstel. Dit gaan gelukkig al beter met hom en die dokter is tevrede met sy vordering,” sê Dernica.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Mel ·

Prys die Here! Ons dien ‘n Almagtige God waar niks onmoontlik is nie ???? sterkte Kleine Johnny

Authority ·

Lees vir hom die Daniel Bybel storie. Vertel vir hom hoe braaf Daniel was. HY wat Johnny is, is nou die held wat die reus gaan verslaan. Die reus van gefrustreerdheid, SO Johnny tel op daai klippie en skiet die reus teen sy neus… met net een skoot en die reus was dood. Want God maak jou lyf sterk sodat al jou bloedsoldaatjies veg en nuwe selletjies bou sodat jy eendag kan vertel hoe God jou genees het om n soldaatjie vir Jesus te wees. no fear parents. STAND TOGETHER. pray and stay together. THE ENEMY wanted to cause chaos but God set him straight quick quick.Celebrate Johnnie’s life.

leser ·

gou gesond word kleinman, sterkte vir jou en mamma en pappa
Onse Hemelse Vader sien om na julle
Hy sal help om genees te word
ek bid vir julle

Anoniem ·

Dankie Vader vir u goedheid hoop hy word gou heel te mal gesond.

Anne ·

Sterkte baba. Jy’s baie mooi en ‘n vegter. Sterkte aan sy ouers. Die Here staan ons altyd by.

Authority ·

AMEN, we have authority to lay hands on this little baby. Thank You God Almighty for the testimony of home and restoration that comes with our faith. Through Christ alone it’s possible. Mom, be strong. The fact that Hes recovering so well, means that God had something use in store for you. PRAIZE God for all life on earth. all glory to God. TRUST Him alone for every step ahead. GOD adores all His children. SHALOM

Linda ·

Baie sterkte aan die familie en aan Johnny. Jesus is by jou elke stap wat jy neem kleinding.

Alida Engelbrecht ·

Ek wil almal mooi vra, doen die moeite en gaan verstel die temperatuur op jou geiser. Ekself het my eenmaal amper lelik verbrand toe ek n handstort op my kop oopgedraai het. Jou elektriesiteit rekening gaan ook minder wees as waneer die geiser heeldag die water op kokende temperatuur moet hou. Stel die temperatuur n bietjie laer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.