John Block, medebeskuldigde gevonnis

hof-hamer

Argieffoto.

John Block, voormalige ANC-leier in die Noord-Kaap en LUR vir finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, en Christo Scholtz, sy medebeskuldigde en voormalige sakevennoot, is Dinsdag in die hooggeregshof in Kimberley gevonnis.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gesê Block (49) en Scholtz (60) is tot effektief 15 jaar tronkstraf elk gevonnis in die Trifecta-korrupsieverhoor. Die twee is verlede jaar skuldig bevind aan korrupsie, geldwassery en huurkontrakte teen ongehoorde pryse.

Die aanklagte hou verband met hul betrokkenheid by huurooreenkomste teen ongehoorde pryse met die Noord-Kaapse departement van maatskaplike ontwikkeling. ʼn Verbeurdverklaringsbevel van R2 miljoen is teen Block uitgereik en een van R53 miljoen teen Scholtz en Trifecta.

Lt.genl. Berning Ntlemeza, hoof van die Valke, het die vonnisse verwelkom en die Valke geloof vir hul ondersoek.
Block en Scholtz se borgtog is tot Woensdag verleng wanneer hulle ʼn aansoek om verlof tot appèl sal bring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Natie van Rooyen ·

JA EN die ANC ondersteun hulle. Sal seker medieseparool kry!

Jan maak n Plan ·

Hulle sal seker weer binne n week een of ander Selebi tipe siekte ontwikkel.

jaco ·

Block is lid van die ANC en die howe word beheer deur die ANC-regering. ek kan nie verstaan hoe die ANC dus die ANC kan vervolg nie. Of gaan hy later loskom?

Connie ·

Hulle moet die geld (beslagleggings) wat hulle van die skelms vat nuwe tronke bou en dit na hulle vernoem dat die mense kan onthou.

Ja hoor ·

Ek keur dit 100% goed, maar wil nou net graag weet hoekom is Malema en Zuma nog nie in die tronk vir belastingontduiking nie? Laas het Malema R6 miljoen geskuld, en steeds staan en skreeu hy haatspraak van verhoe af. Neewat hoor . daar is geen geloofwaardigheid in SA se regstelsel meer nie. Ou Block het gedink die ANC gaan hom ook beskerm .. hoe verkeerd kon die ou KRUIPER nie wees nie? Ek se lankal die ANC het julle nie meer nodig nie, hulle is aan bewind. Ek kry eintlik lekker as die gabbas van die ANC so deur hulle bygekom word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.