Johnny Clegg-sanger doodgeskiet

Bongani Masuku (Foto: Johnny Clegg, Facebook)

Bongani Masuku (Foto: Johnny Clegg, Facebook)

Een van Johnny Clegg se agtergrondsangers is in Troyville, Johannesburg, doodgeskiet.

“Bongani Masuku is Saterdagaand tydens ʼn rooftog in Princessstraat doodgeskiet,” het lt.kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die polisie, Sondag gesê. “Vier mans het hom genader toe hy sy motor wou parkeer en het sy selfoon en motorsleutels geëis. Daar was ʼn struweling en een van die mans het hom ʼn paar keer geskiet.”

Die mans het toe glo in ʼn minibus gevlug. “Masuku kon homself na ʼn nabygeleë brandweerstasie bestuur waar hy inmekaargestort en gesterf het,” het Mogale bygevoeg.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord.

Die groep het in ʼn verklaring op die webwerf gesê hulle is geskok, kwaad en hartseer oor Masuku se afsterwe. “Ons sal hom baie mis en ons betoon ons medelye met sy familie en almal wat hom geken het,” lui die verklaring. Hy het hom as ʼn staatmakerkunstenaar, hardwerkende musikant en ʼn goeie vriend beskryf. Masuku werk al van 1992 saam met Clegg en Savuka. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Peter Says ·

Moenie geflous word nie, maak nie saak wie of wat jy is nie..Beroemd, bekend, celeb, almal is slagoffers. Sterkte aan die familie en kolegas.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.