Johnson & Johnson se effektiwiteit, newe-effekte bekend

Die Johnson&Johnson-entstof wat in Suid-Afrika gebruik word. (Foto: Phill Magakoe/ AFP)

Nie een van die 40 000 mense wat Johnson & Johnson se entstof teen Covid-19 tydens ʼn proeflopie ontvang het, is tot dusver weens die virus dood nie. Minder as 5% van die deelnemers aan die proeflopie het boonop ernstig siek geword van die virus.

Die resultate van die Johnson & Johnson-entstof se kliniese proewe is Donderdag bekendgestel. Hiervolgens is veral goeie resultate onder deelnemers in Suid-Afrika en BrasIlië gekry, waar verskeie variante van Covid-19 tydens die proeflopie aangeteken is.

Die entstowwe van Pfizer en Moderna het ʼn doeltreffendheid van 95% getoon, maar Johnson & Johnson sê dis “moeilik om die entstowwe te vergelyk”. Dit is glo omdat kliniese toetse vir dié entstowwe plaasgevind het voordat nuwe variante van die virus ontstaan het.

Die Suid-Afrikaanse regering het reeds begin om mediese personeel met die Johnson & Johnson-entstof in te ent en nog 500 000 dosisse van dié entstof word teen die einde van die maand in die land verwag.

Volgens die ondersoek na die doeltreffendheid van die Johnson & Johnson-entstof veroorsaak die entstof nie enige ernstige newe-effekte nie. Deelnemers het wel in sommige gevalle hoofpyn, moegheid en spierpyne aangemeld. Daar was wel een geval waar ʼn deelnemer aan die proeflopie ernstige allergiese reaksie getoon het. Soortgelyke voorvalle is wel tydens proeflopies met ander entstowwe ook aangeteken. In uitsonderlike gevalle het mense ook ʼn pynlike veluitslag ontwikkel.

Dit is egter steeds nodig om deelnemers te monitor om enige langtermyn gevolge aan te teken.

Johnson & Johnson sal nou begin met kliniese toetse om die veiligheid van die entstof op swanger vroue en kinders te bepaal. Die maatskappy oorweeg ook om die entstof in twee dosisse toe te dien, ingeval dit dalk beter reaksies toon.

Wat dié entstof ʼn voorsprong bo ander entstowwe gee, is juis dat net een dosis benodig word en ook omdat dit in koelkaste eerder as vrieskaste gestoor kan word.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Leeuwyfie ·

So daar is ‘n kleiner as 3 persent kans dat ek ernstig siek kan word van covid. En 5% kans met die inenting. Wat van ek gaan vir die persentasie wat die beste lyk?

Frank ·

Gaan nie oor of jy doodgaan of nie, wanneer jy die entstof ontvang het nie. Dit gaan oor die moontlikheid dat jy totale gebrek aan weerstand gaan hê wanneer jy oor ‘n jaar of twee weer ‘n variant van Covid teëkom. Dit kan hulle nog nie met sekerheid sê nie.

Estelle ·

Dit is bekend gemaak dat dit wel selle van n geaborteerde fetus bevat, net soos die Astra zenica. Die Roomse kerk (dis nogal die enigste kerk wat iets te se het) waarsku nogal hul lede daarteen. Uit n geloofs oogpunt kan ek dit dus nie vat nie.

Kerneels ·

Ek dink nou met heimwee terug aan Haas Das se Nuuskas: “Sekretarisvoël het bekend gemaak….”

Twak, Estelle! Gebruik asb kritiese denke. Verwys ons asb na “reputable sources” om jou bekendmaking te staaf. (Wenk: ‘n Whatsapp boodskap wat 100x aangestuur is, tel nie as ‘n reputable source nie.)

Eend Bessinger ·

As ek my kwaak moet kwaak oor entstof: ek is hiper-allergies vir van die ander bestanddele in die entstof as gevolg van ‘n aangebore defek in my lewer. So, maak nie saak hoe effektief die entstof is nie, ek MOET verby hou. Dit help nie ek is beskerm teen die virus, maar ek versaak aan erge anafalaktiese skok nie. Ek is deur JARE van verkoues en griep en al my kindersiektes sonder entstof en enige ernstige probleme en die Skepper sal my nou weereens beskerm.

A ·

Daarom moet jy ander mense aanmoedig om die inenting te kry om jou te beskerm met kudde-immuniteit.

Hendrik ·

Jy is baie gelukkig om so gesond te wees en maar ons sal almal eendag sterf wees ouderdom , siekte of ander redes. Dit is deel van die gebroke wereld maar as ek sterf is nie dat die Here my nie meer vir my genade het nie. Sy wil is dat ons in Hom moet glo en Sy verlossing en in dankbaarheid vir Hom moet lewe.

Charles ·

Belaglik, maar eintlik verstommend dat entstof se langtermyn newe-effekte gemonitor moet word.
Wie sit dan met die gebakte pere as daar dan is? Die deelnemer, of eintlik ons.

Johan ·

Dus is SA en die stomme Brazilië besig on die entstof te toets en monitor,nog nie die perfekte eind produk nie. Wie word betaal en in wie se sak word word dit ‘gebêre’?

Stephen ·

Amerika het al 4 miljoen mense met die J&J vaksiene ingeent, net die week….hul het al 100 miljoen inentings altesaam gedoen….meestal Pfizer en Moderna ….maar J&J gaan nou op grootskaal in die VSA gebruik word

Ons het nog net 138 000 ingeent, teen hul 4 miljoen J&J ….

Neestemmer ·

Mense wat oorweeg om hulleself met die goed te laat vergiftig moet eers die fynskrif lees en dan wonder toekom die vervaardigers NIE die verantwoordelikheid vat vir die nagevolge nie…..Nee dankie, ek het baie jare gelede myself laat ompraat deur ‘n kwak om griep “entstof” te vat en was beide siek van die entstof en het daardie jare griep gekry, dus NOOIT weer nie.

Hoogs gerespekteerde viroloog se mening is dat dit onmoontlik is om entstof te maak vir ‘n virus wat 99,97% oorlewings syfers het. Jy moet 10 miljoen mense inspuit en toets om dan net die data van die 3000 wat sou doodgaan daarvan te kan versamel en dit kon nog nie gedoen gewees het nie. Dr Frankenstein en sy trawante is wel nou besig met daai oefening op die proefkonyne wat bang gepraat is deur hulle hoofstroom nuus……

Barney ·

Julle wat so anti entstof is – ek aanvaar nie een van julle is ingeënt teen masels, tering, polio, kinkhoes, witseerkeel of enige van die ander siektes wat eens die dood van baie veroorsaak het en weens inentings bykans uitgewis is nie.

Charles ·

Ekskuus, daardie entstowwe is oor baie jare ontwikkel, eers op diere getoets om seker te maak dat dit veilig is. Hierdie entstof word sommer op mense getoets.

LANA is ELANè ·

Dit maak my nogsteeds geensins lus om die entstof te ontvang nie. Maak nie saak wie en wat met fanfare die sg wondermiddel besing nie, saam met covid het ‘n hoop ander planne om gou geld, gou hervorming, gou beheer en gou die gaping tussen ryk en arm te verklein gekom. Covid gaan al vir jare iets vd verlede wees dan gaan die mensdom steeds die rippeleffek van die impak agv covid ervaar, dit, en die newe effekte van ‘n entstof wat nie deeglik genoeg nagevors is nie!

Stephen ·

Mense kan ook ontspan….vaksiene bevat geen geaborteerde fetale selle nie…..en is deur die RKK as goedgekeur as eties….anders as wat in vroee kommentaar beweer word.
In geval van Aztra Zeneca bv is daar in 1973 1 fetus se nierselle gevat ….die NEK …dit was in lab gekloon of gekopieer , oor en oor om miljoen sulke kopiee te maak….dit is nie die oorspronklike sel nie, al duisende keer gekloon….
Daardie selle vorm nie deel van die vaksiene nie, maar word gebruik as inkubasie of groeimedium in die vervaardiging van vaksiene

Fetuse se organe word definitief nie geoes nie, en maak nie deel van vaksienes uit nie.
Daardie enkele sel van 1973 is in lab gemanipuleer en gekloon , dermiljoene van hulle….dit word gebruik om verskeie verskillende vaksiene te maak …in hul biljoene….eties niks verkeerd nie..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.