Jonas wis nog niks van Nelson Mandelabaai-burgemeesterskap

Mcebisi Jonas (Foto: Getrude Makhafola/ANA)

Mcebisi Jonas, voormalige adjunkminister van finansies, het Dinsdag gesê hy het nog nie enigiets van sy party, die ANC, gehoor nadat die EFF aanbeveel het dat hy oorneem as burgemeester van Nelson Mandelabaai nie.

“Ek is ʼn lid van die ANC. Ek sal doen wat die ANC my sê om te doen. Daar was nog nie enige kommunikasie van die ANC nie, so ek kan nie kommentaar lewer oor die kwessie nie,” het hy gesê terwyl hy die bekendstelling van die Teen-Rassisme-week in Johannesburg bygewoon het.

Die Ekonomiese Vryheidsvegters het aangekondig dat hy volgende maand tydens die raadsvergadering ʼn mosie van wantroue gaan instel teen die DA-burgemeester, Athol Trollip, om die DA te straf dat die party die mosie van grondonteiening sonder vergoeding in die parlement teengestaan het.

Die EFF het tot onlangs nog saam met die DA teen die ANC gestem by koalisiemunisipaliteite en het die DA gehelp om die oormag te kry by drie sleutelmetro’s ná die plaaslikeregeringsverkiesing in 2016.

Julius Malema, leier van die EFF, het vroeër gesê Jonas is “onbesoedel” nadat hy geweier het om ʼn groot bedrag kontant te aanvaar as omkoopgeld van die Gupta-familie.

Die regerende ANC het die EFF se dramatiese skuif verwelkom en gesê hy is gereed vir gesprekke met die rooi barette. Sokkerbaas Danny Jordaan was die laaste ANC-burgemeester van Nelson Mandelabaai voor Trollip. Hy is in Junie 2015 deur die ANC na Nelson Mandelabaai ontplooi om as burgemeester te dien ná die uitvoerende streekskomitee in Januarie daardie jaar ontbind het.

Jordaan het egter nie meer opgedaag vir raadsvergaderings nadat die DA- beheerde raad aangestel is nie. Hy het ook daarna sy bedanking ingedien.

Jonas het gesê probleme by die land se munisipaliteite is nie net polities van aard nie. “Dit gaan ook oor die verskillende vaardighede wat by ʼn munisipaliteit benodig word. Hierdie idee dat een persoon alles kan verander, is verkeerd. Dis ʼn verkeerde manier om probleme te probeer oplos, maar ek kan nie spesifiek kommentaar lewer oor die Nelson Mandelabaai-kwessie nie; dit is net die ANC wat iets daaroor kan sê, nie ek nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Siek en sat ·

Wie is die president in hierdie land???? Lyk my Julius Malema se nou wat in hierdie land moet gebeur.

Irene ·

Hy is seker die got van sa moet almal na sy pype dans wie en wat is hy

Al ·

Hy woon “teen-rassisme week” by en die EFF ondersteun hom. Why????

Stefaans ·

Jonas weet nie, Philemon weet nie, lyk my niemand weet nie.

Anoniem ·

En wie is Malema nou eintlik om sy insae te lewer? Kwaadstoker!

Lerato ·

As Jonas sê nòg die ANC nòg die EFF het met hom gepraat, glo ek hom.
Lees gerus: “How to steal a City”. Gordan het Crispian Olver na PE gestuur om die korrupte gemors daar op te los.
As hulle Trollip verwyder word, is dit back to square one

Alida ·

Dit was mos Zuma se trick om alles te ontken “ek weet nie”!!

Charmaine ·

Ek dink nie Jonas is n burgemeester nie, met sy finansiele agtergrond en integriteit het ons hom nodig as hoof by SARS.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.