Jonathan Jansen bedank

Jonathan Jansen. Foto: www.ufs.ac.za

Jonathan Jansen. Foto: www.ufs.ac.za

Prof. Jonathan Jansen, rektor en visekanselier van die Universiteit van die Vrystaat (UV), het bedank.

Regter Ian van der Merwe, voorsitter van die UV-raad, het in ʼn verklaring bekend gemaak dat Jansen op 31 Augustus sal uittree. “Hy sal in September 2016 as genoot aansluit by die Sentrum vir Gevorderde Studies in Gedragswetenskappe aan die Stanford Universiteit in die VSA.”

Volgens Van der Merwe is Jansen se bedanking ʼn groot verlies vir die universiteit. “Die raad is dankbaar vir die visie en die inspirerende leierskap wat prof Jansen tydens sy ampstermyn aan die UV verskaf het. Hy het die universiteit deur moeilike en ingewikkelde tye – van die Reitz-voorval tot die onlangse studentebetogings – gelei. Hy het stabiliteit en respek vir die universiteit te weeg gebring – nasionaal sowel as internasionaal,” het hy gesê.

Van der Merwe het bygevoeg Jansen het ʼn belangrike rol gespeel in die ontwikkeling van die UV as ‘n plek waar “diversiteit en integrasie omhels word” en dit “’n agtergrond gebied het vir akademiese uitnemendheid”. “Onder sy leierskap het die UV groot vooruitgang gemaak in die uitvoering van sy maatskaplike verantwoordelikheid om die gemeenskap te dien. Hy was die regte leier op die regte tyd vir die universiteit.”
Die UV-raad het Jansen alle voorspoed toegewens vir die toekoms.

Jansen is op 1 Julie 2009 as visekanselier en rektor aangestel. Sy termyn is op 1 Julie 2014 vir ʼn verdere vyf jaar verleng.

Indien sy pos teen einde Augustus 2016 nie gevul is nie, sal prof. Nicky Morgan, viserektor: bedryf, as visekanselier en rektor waarneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

74 Kommentare

Hendrik ·

Ek wonder wie hom nou gaan vervang? Nog meer liberale persoon?

Paul ·

Hulle sal nog ‘n de Villiers loop uitkrap soos met Stellenbosch. Gelukkig het ons Akedemia

Audrey Bierman ·

Volgens Van Der Merwe is sy uittrede ‘n groot verlies vir die universiteit. Dink hy het vergeet om by te voeg: Maar n aanwins vir die land…..

Ben Prinsloo ·

Audrey 10 uit 10. Hoop sy paspoort raak weg daar anderkant.

neelsie ·

Waar gaan Jansen nou verder skade teen die Afrikaner aanrig. ?
Het hy nou sy doel bereik by K ovsies?
Nog n pion van die Anc ?
Jou spoor van nalatingskap is vernietigend!

Vaalpiet ·

Plaas jy gee hom ‘n meer betroubare kar dalk kom nie nie vinnig vergenoeg nie

Gerhard Burger ·

Skitterend dat hy loop. Goeie nuus is maar skaars. Natuurlik kan geen mens waarde heg aan die goeters wat die raadsvoorsitter kwytraak nie. In plaas daarvan dat hy terselfdertyd aankondig dat hulle nou skouer aan die wiel gaan sit om die verkeerdhede wat Jansen met sy ondersteuning aangevang het, reg te stel.

Ander Koos ·

Watter stabiliteit?? En al die lofprysing? Al die huigel maak mens siek! Amerika kan hom maar kry en hy seker nou bly want daar word nie Afrikaans gepraat nie

MissDemeanor ·

Afrikaans sal nie doodgaan as ons aanhou om dit by die huis te praat nie. Ons moet fokus daarop om Afrikaanse letterkunde en musiek te ondersteun. Ek is trots op my taal en lief vir my taal. My taal sal oorleef en steeds floreer al is dit nie die amptelike taal op ‘n universiteit nie. Inteendeel ek het dit vreeslik moeilik gevind om biochemie lesse in Afrikaans te volg, uit ‘n engelse handboek te leer en dan eksamen te skryf in die taal van my keuse. Dit was veel makliker om alles in Engels te doen. Die Afrikaans was erg erg erg frustrerend want vir heelwat wetenskaplike terme het ons nie Afrikaanse woorde nie. Behalwe dan vir die inspanning wat dit verg net om die beginsels te verstaan moet mens ekstra sukkel om die Aftikaanse definisies te memoriseer. Nou studeer ek in Nederland, in Engels, hier kan mens ook kies Nederlands of Engels, maar vir die wetenskaplike terme gebruik al die lektore Engelse woorde om verwarring te vermy (en omdat daar nie Nederlandse woorde is vir sekere dinge nie). Ons geliefde Afrikaans sal bly bestaan solank as wat ons dit praat onder mekaar. Ek wil nie in Afrikaans studeer nie, maar ek wil wel Afrikaanse verhale lees en Afrikaanse flieks kyk. Ons moet ons energie fokus op kulturele ontwikkeling van Afrikaans, nie op die gebruik daarvan in akedemie nie. Dit het regtig min nut daar, veral op nagraadse vlak as mens jou navorsing publiseer.

Xa ·

Vir n werklik oop ervaring los europa, gaan swot by n Afrika of asiatiese universiteit. Help nie om daar te sit en te kritiseer nie. En terloops, werklik intelligente mense kan vrylik van een taal omswaai na n ander taal sonder enige moeilikheid.

Grassie ·

Hierdie week skop nou sommer af met goeie nuus, maar ek dink die skade wat reeds gedoen is, is onomkeerbaar. Nou hou ons asem op om te sien wie volg hom op. Ek wonder of hy nie sommer vir sy lofsanger ook ‘n possie kan organiseer daar oorkant nie.

Rupert Ashford ·

Goeie nuus inderdaad. Net jammer die plek wat hy agterlaat het noodlottige wonde. Sterkte Stanford…

boscia ·

Jammer vir nog ‘n enorme verlies buiteland toe. Wanneer sal ons leer om groot geeste te waardeer. Ek het gewonder wanneer so ‘n positiewe siel sal sê: Genoeg van negatiewe energie – ek waai.
Sal jou mis Prof Jansen :-(

koot ·

stem saam met jou Boscia. As ek maar net kyk na die kommentare op die berig wonder ek of daar ooit vir ‘n man van kleur enige krediet gegee sal word deur my wit broers – al doen hy/sy ook hoe goed. Ek eis om te sien wat hulle met die bok breier gaan doen. Laat ek waai uit hierdie omgewing – netnou steek dit aan!

Pieter Pieterse ·

Koot, dit gaan glad nie oor kleur nie, dit gaan oor Afrikaans in Universiteite en die Afrikaner wat gemarginaliseer word. Kyk na de Villiers van US, hy is wit en kry BAIE meer kretiek van die Afrikaners en Afrikaans sprekendes. Moet asb nie altyd die ras kaart gebruik nie. Kyk na die mooi boodskappe wat hierdie selfde mense gegee het vir die swart student wat die vrou gehelp het wat deur n by gesteek is.

SNEL ·

Ek lees al die negatiewe kommentare en hier sien ek twee mense (Boscia en Koot) wat soos ek voel, alhoewel ek Prof Jansen nie goed ken of baie met hom te doen gehad het nie, behalwe vir so 11/12 jaar terug wat ek vir die eerste keer met Prof Jansen in Rustenburg te doen gekry het toe hy die ouers by Laerskool Vastrap kom toespreek het, en hy het my baie beindruk, gaaf, vriendelik en het opgetree en gepraat of hy nie kleur sien nie. Behalwe daardie geleentheid het ek nog net so hier en daar op die nuus van hom gehoor. Ek sê nie met sekere goed het hy altyd reg opgetree soos mens sou dink of wou hê nie, maar wie van ons doen. My beeld wat ek nog van hom het is dat hy n goeie hart het en almal probeer gelukkig hou, ek dink hy het ook net genoeg van al die dinge wat hier op die universiteite gebeur gehad en vlug ook nou na vrede, rustigheid en veiligheid, en as ek so na die kommentare kyk sal hy beter af wees daar ver oor die water by mense wat hom daar wil hê eerder as hier in sy eie land en mense waar hulle so sleg van hom praat en van hom dink.

Bruno Stef ·

Good riddance.Ek is net bevrees na al sy eensydige handelinge en optredes is daar klaar n meer dikvellige persoon genomineer wat hom gaan vervang.Hoop net hy het sy skadevergoeding aan die twee blanke studente betaal deur sy eensydige optrede en bevooroordeling.

Sarel Strydom ·

Ai Tog, Ek wil nie die man lof toeswaai nie maar dink dit is onnodig om hom so uitmekaar te trek. Met die “Toebroodjie druk” waarmee Openbare Universiteite in SA tans te kampe het, sou enige van ons graag in sy skoene wou gewees het. Pasop– daar is engelse spreekwoord wat lui ” from bad to worst”

Irene ·

Man sit sommer vir malema in ons kyk wat die ding kan doen hahaha

MissDemeanor ·

Geluk Prof Jansen. U sal gemis word hier en ‘n groot aanwins wees vir Stanford. Ek het nog altyd gehou van u aanslag. Dinge het verander in ons land en dit sal aanhou verander, ons almal kan daarby baat as ons onself voorberei daarop en met ‘n versoenende uitkyk ‘n nuwe toekoms bou. Dit is die boodskap wat ek van u af gekry het.

Asjas ·

Jy is reg, dinge het verander. Net jammer dit was nie vir die beter nie en baie sleg vir ‘n sekere minderheid groepie.
Eintlik dinge het versleg en sal aanhou versleg, dis net jammer dat mense aan die stuur van agteruitgang geprys word en dan skip spring voor hy sink (rommel status).
Ons Universiteite was die beste is die wereld, dit is nou die slegste. Wil dit nie op my CV sit nie dankie.

Piet ·

Die UV ‘n plek waar “diversiteit omhels word”. Regtig ? Mens sou eerder dink ‘n meertalige universiteit omhels diversiteit. UV is ‘n plek wat diversiteit vernietig en alewig in die nuus is oor rasse-aangeleenthede. Jansen verlaat ‘n sinkende skip.

Theuns ·

Mense julle vergeet van sy reaksie toe die twee meisies hulle pers geverf het? Onthou die student wat kastig die swart student op die sypaaitjie onderste bo gery het en sy reaksie op die geval. Het jule vergeet van die sports met die studente van die Reits koshuis en sy aanslag? Nou vlug hy!! Pla sy gewete hom of wil hy nie hier wees wanner die “Afrikaner Probleem” finaal opgelos word nie?

Willie ·

Better the devil you know than the devil you don’t know….

Koos1 ·

Eish, is daar oorkant nie dalk ‘n pos vir ons President nie. Hulle kan dan maar saam gaan en spaar op reis kostes?

Rupert Ashford ·

Sommige kommentare hier laat my dink aan die storie van die seuntjie wat eers een party se hondjies verkoop het en ‘n week later toe is hulle ander party se hondjies. Toe hy daarna gevra word se hy “hulle ogies het intussen oopgegaan”. Byt vas as dit met my kon gebeur is daar hoop vir almal!!!:-) Ernstiger noot: Mens kan nie al die skuld voor Djensin le nie, want soos iemand hierbo gese het is daar geweldige druk van regeringskant af, maar feit bly hy is deel van die “nuwe” establishment wat bereid is om regeringsbeleid te implementeer, maar sommige mense is bereid om baie te doen vir ‘n titel en ‘n salaristjek. Sy “aanslag” in sommige situasies het egter sy ware kleure gewys. En sy opvolger sal seker sy “werk” voortsit en klaarmaak…

Xa ·

Boscia, koort en ander hartseer mense hier, julle het hom seker nie in persoon geken nie, maar geval vir die media en sy mooi woorde.

Dirk Kroonstad ·

Gaan Deo weer terugkom waar dit was voor Deo verwyder is uit In Deo Sapientia Lux. God was vervang met ń waarde synde veritas? Ek het toendertyd beswaar aangeteken in koerant dat God vervang is

Bewonderaar ·

Ek is ‘n bewonderaar vir ‘n man wat beslis ‘n positiewe verskil gemaak het. Prof Jansen jy het dalk soos ons almal een of ander tyd mens gewees en ‘n saak nie na almal se smaak hanteer nie (ek was ook bietjie ongelukkig oor die omry aksie, veral omdat ek weet jy is ‘n oopkop ou en sou onpartydig na al die kante luister- sulke dinge gebeur egter met ons almal en as jy omverskoning gevra het en die kinders se lewens herstel het is jy vergewe), maar jy HET ‘n algehele positiewe verskil gemaak en dit kan min mense se. Sterkte met jou nuwe pos en steur jou nie aan negatiwiteit nie.

Asjas ·

So lekker as wat dit is om die man te sien gaan kan ek nie help wonder, wie het sy CV ge-check? Wie het gesien dat dit die waarheid is, ondervinding het ons al ‘n ding of twee geleer hier in SA. Wie het sy karakter verwysings nagegaan? Het Amerika gesien hoe brand ons Universiteite?? Is hulle seker hulle wil iemand uit SA aanstel? Hier kom ‘n ding! Daar verwyder hulle nie standbeelde en goete omdat iemand ‘n gier in sy gaai kry eendag nie. En besef hy dat hy eintlik gaan moet WERK en navorsing ens. produseer? Toi toi en transformeer is nie vakke wat hulle aanbied daar nie.

Gideon ·

Klaar skade gemaak en nou vertrek hy!! My ou vriend het altyd gesê ” when it’s to hot in the kitchen for you, get out”

Wynand ·

Drooggemaak en nou hardloop hy weg. Wonder wanneer vertrek De La Rey van Tukkies en Wim van Stellenbosch en Price van UCT?
Hoop hule volg sy voorbeeld. Dit is al voorbeeld wat hy het.

Johann Marx ·

UV (voorheen bekend as Kovsies) wil julle nie asseblief vir Dan Kgwadi van die PUK ‘n onweerstandbare aanbod maak nie? Ek sal sy trek betaal….

DMC de Koker ·

Goeie nuus vir ‘n slag maar, slegte nuus vir Stanford.

Maar net mens ·

Mens kan nie van jouself af weg hardloop nie. Mens wik( beplan jou pad) Maar GOD beskikbaar jou paaie.

lynette ·

Hoekom noem die een skrywer bo die pers gesig geval? Dit was by Maties en nie UV nie. Prof Jansen is van UV.

Theuns ·

Hi Lynette, dit was ek ! Jammer Sorry Prof. Ek se dit maar in ingels ook as hy dalk nie Afrikaans verstaan nie. Nou weet ek ook hoekom hy die voertaal engels gemaak het is omdat hy sy engels geoefen het om in engels te kan praat wanneer hy Amerika toe gaan.

Joann ·

Henderik ek neem oor by Jansen. En ek gaan van al die stof en roet ontslae raak. Bye Bye Jansen jy gaan jou …sien in Stanford. Ha ha hhhaaaaa

Berhalet Beukes ·

Foei tog… Vlug ook maar land uit omdat dit bietjie rof gaan nê? Tot Stanford agterkom jy is nes die res…

Joey ·

As ouer van Kovsie student het ek groot agting vir Prof Jansen. Gelukkig mag ons verskil ne. Hy het ‘n wonderlike manier om met die studente te werk, hul te insprireer en te kalmeer. Soos ons almal het hy beslis negatief sowel as positiewe punte maar met die byeenkomste waar ek was en tydens gradeplegtighede was hy altyd ‘n ware leier. Hy het die onmin by die Kovsies vroeer die jaar baie goed hanteer – verglyk die tydsduur en skade gerus met ander universiteite. My beskeie maar eerlike opinie is dat baie van bogemelde kommentaar onvanpas en persoonlik is. Ek sal prf Jansen altyd onthou as iemand wat ‘n liefde vir die studente gehad het – ongeag die student se kleur.

Blinde Sjambok ·

Joey …dit is jou reg! Vir my het Jansen nog nooit ‘n moordkuil van sy hart gemaak wanneer dit by ras-voorkeur kom en presies waar sy simpatie lê nie …soos die wat sy artikels in sy The Times-kolom oor die jare gelees het sal bevestig…kon dit sommer ‘White-bashing’ genoem het want dis al wat dit was…

JANNIE SWART ·

ek stem volkome saam met Joey. Hy het alle student gehelp. Daarvan kan ek getuig. HEk weet dat hy twee wit student rektorsbeurse gegee het.Hy is my rolmoel. Dankie prof.Jansen. Sterkte

Brett ·

Hopelik het hy eers sy skadevergoeding betaal. So nie – oefen ‘n retensiereg op sy pensioen uit.

vermeende ·

Hel maar Stenford is hardop, seker Obama se eie regstelindaksie en BEE om so n BBBP intevoer.

Theuns ·

Daar oorkant gaan hy boggerol doen. Hy het Afrikaans groot skade aangedoen by universiteit. As jy hom nou so vra hoekom sou hy jou heel waarskynlik in Engels antwoord. “Sarie old chap, I dont praat Afrikaans”

Wim Kotze ·

Theuns, het jy nie geweet nie Jansen is uit huis uit ‘n Engelse klong van Montaque waar dié huis deur die apartheid regime weggevat is en aan wit mense gegee is? Die storie uit die perd se bek was op TV program “Leef jou reis”.

Xa ·

Wim dis so flou om die verlede te bly opbring, die land is toe mos afgegee en apartheid gestop as jy nognie agtergekom het nie. Ek wens jy en jou EFF maatjies wil dit nou uiteindelik besef.

Johann Bfn. ·

Ian kom daardie mooi woorde uit jou hart of is jy maar net te ordentlik om reguit te wees?. Dit wat jy daar kwytraak is defnitief nie wat op grondvlak en deur die publiek ervaar is nie!.

JANNIE SWART ·

Baie dankie prof.Jansen vir dit wat jy vir ons land beteken het. Dankie vir die studiebeurse wat jy aan wit en swart studente gegee het sodat hulle kan verder studeer.Jou bydrae beteken baie. Vergeet van die klomp rassiste wat so negatief kommentaar lewer. Dis net omdat jy ‘n bruin leier is. Jy is my rol model. Alle sterkte met jou nuwe taak.

Leeukuil ·

Beurse wat hy’ aan studente gegee het? Asseblief. Wat jy waar kry?? Dink jy vir een oomblik dat hy die geld vir beurse uit sy eie sak betaal het? Skrik wakker en gebruik tog jou grys stof. Hy is maar net nog ‘n kwota burokraat wat na sy meester se pype gedans het.

HEVW ·

Die segsman Van der Merwe. Onthou julle nog die destydse van der Merwe – grappies?

Popeye ·

Dit is bewys dat daar ‘n baie spesiale persoon in SA sal moet opstaan en hand opsteek as leier.
Hier val groot Seders…..kyk maar wat op meeste groot universiteite gebeur. Ek soek nie daai job nie! Jansen weet iets wat ons nie weet nie! Ek slaan my oge op na die berge…..

Lourens ·

Hoekom haat almal hom ek het altyd gedink hy was ok baie moelike pos met eff anc da en politiek wat dinge moelik maak al julle wat hom sleg se sou julle beter gedoen het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.