Jonathan Jansen by ander SA universiteit aangestel

Jonathan Jansen. Foto: www.ufs.ac.za

Prof. Jonathan Jansen, voormalige rektor en visekanselier van die Universiteit van die Vrystaat, het ʼn pos by ʼn ander Suid-Afrikaanse universiteit aanvaar.

Jansen (61) het die pos van professor in die Fakulteit Opvoedkunde aan die Universiteit Stellenbosch (US) aanvaar waar hy navorsing oor skoolbeheer, bestuur, leierskap en beleid sal onderneem. Hy sal ook as mentor vir nagraadse studente optree.

Prof. Wim de Villiers, rektor en visekanselier van die US, het gesê die instelling sal groot baat vind by Jansen se kundigheid as vooraanstaande skrywer, denkleier en opvoedkunde-spesialis. “Prof. Jansen is stellig nie net een van die voorste pedagoë van ons tyd nie, maar ook die spreekwoordelike stem roepende in die woestyn, wat nooit huiwer om die toedrag van landsake te takel nie, en – ewe belangrik – ook die toedrag van onderwys in ons geliefde land.”

Prof. Nico Koopman, viserektor: sosiale impak, transformasie en personeel, meen Jansen is die ewige student. “Ons is daarvan oortuig dat sy navorsingskundigheid ʼn betekenisvolle maatskaplike impak op alle vlakke van die onderwysstelsel in Suid-Afrika sal hê.”

Prof. Yusef Waghid, waarnemende dekaan van die Fakulteit Opvoedkunde, was eweneens ingenome oor die vooruitsig om Jansen in dié fakulteit te verwelkom. Hy het gesê sy aanstelling bied uitstekende geleenthede vir kollegas om met hom beraadslagende, verantwoordelike en dapper gesprekke te voer – dialoog wat verband hou met dít wat ʼn universiteit is en wat ʼn universiteit behoort te doen.

Jansen is self ook baie opgewonde oor die vooruitsig. “Ek hoop om saam met my kollegas ʼn klein bydrae te kan lewer sodat navorsing waarde het in die transformasie van skole en in die voorbereiding van die volgende geslag studente.”

Jansen begin 1 November in dié pos. Hy het in Mei 2016 sy bedanking by die Universiteit van die Vrystaat aangekondig en hy het op 31 Augustus uitgetree. Hy het daarna as genoot aangesluit by die sentrum vir gevorderde studies in gedragswetenskappe aan die Stanford-Universiteit in die VSA.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

57 Kommentare

Ontsteld ·

Ag nee asseblief, US stel al hoe meer telleur! Dit is nou regtig slegte nuus!

Ekwilibrium ·

Kyk; as akademikus is hy besonder goed. Hy was gewild by Tukkies as Dekaan van Opvoedkunde en het baie goeie werk daar verrig. Maar in ‘n magsposisie as rektor word hy ook verblind deur die drang na algehele transformasie en die afbreuk van ons tradisionele waardes. Solank hy in ‘n akademiese hoedanigheid verkeer, sien ek nie moeilikheid nie.

Waarom terug van VSA ·

As hy so goed was sou die Amerikaners hom nie laat gaan het nie.

Gerhardus Petrus Padda ·

Is julle seker hy is nie daar om Afrikaans by US die finale doodslag toe te dien nie? Dit is omtrent al “opvoedkundige” kennis waaroor hy beskik.

Boela ·

Die laaste spyker in ‘n eens trotse universiteit se doodskis!

Haan ·

Hy sal goed inpas by Skelmbosch se onstuitbare drang na selfvernietiging.

Kannaland ·

Het die Amerikaanse universiteit reg deur hom gesien en hom toe teruggepos?

kat ·

O My genade, sulke slegte nuus vandag. Al wat hy kon regkry was om die Afrikaner te vertrap. Waarom is hy nie nog oorsee nie – of het hulle hom dalk uitgeskop? Dit is nou waarlik ‘n baie groot teleurstelling . Wim het nou ‘n maatjie om saam mee droog te maak.
Slegste nuus ooit!!!

Pop ·

De Villiers en Jansen is voëls van enerse vere. Van daai universiteit gaan net n rommelhoop oorbly.

wynand ·

Wat ‘n ramp!!!
Waarom is man terug in S A?
Pos hom terug oorsee !!

Cor ·

Ja nee wonder wie gaan eerste daar beskuldig word van rassime , beskinder word onder mede studente en geskors word sonder die nodige bewyse. Hy reken seker UOVS se storie is vergete waar hy twee wonderlike studente se loobbane verwoes het.

adriana ·

Het hy nie ‘n ander plek waar hy kan gaan droogmaak nie?

Waarheid ·

Gedragswetenskap? Ja die persoon, die omgewing(VSA) en dan gedrag? So duidelik soos daglig; so waar en ook tragies aan die vrug wat gelewer transformeer die mens homself in goed of sleg.

Erick ·

Droewige,droewige,droewige nuus. Alles moet seker eers tot op die grond afgebreek word voor ons weer oor kan begin.

Frikkie (Nie pienk) ·

So is dit voorspel. Mag net nie sê deur wie nie, want dan oortree ek MM se bepalings & voorwaardes.

janneman ·

hy het in Bloemfontein rassisme bevorder en die verder alles afgebreek en toe gevlug. geen respek vir hom.

Ben ·

Wys jou net – soort soek soort. Wim en sy wingman. Dit is so ‘n ramp vir US. Ek is seker Jansen het drooggemaak oorsee en hulle het hom gepos terug na waar hy vandaan kom sodat hy eerder skade hier kan berokken as daar.

Connie ·

Hy het geweet hy gaan die maak met Trumpetjie daar nie. Hy is seker ook fluit fluit daar uit. Slegte nuus. Daar gaan US rommelstatus toe.

Lollie ·

Daar was seker ander maniere om die US ten gronde te laat gaan? Hy het geen mense kennis nie, wil ontslae raak van Afrikaans en spoel sy mond te vinnig uit! Dis ń ramp! Sal sien hoe lank US nog gaan bestaan, op die ou einde is daar ook niks van hom oor nie.

Eish ·

Kyk hoe staan so n klomp Afrikaners nou verenig in hul oordeel!

daan ·

Hy en Win het al alles verloor – respek. Nie net in S A nie maar ook in die Buiteland. Nou sit die arme US met die twee.

Labuschagne ·

Dit is goed dat ons saamstem. EENDRAG MAAK MAG.
Kyk maar hoe hy drooggemaak het by ‘n vorige S A universiteit en toe hardloop hy weg – stert tussen die bene. Toe maak hy sy mond oop in die US oor ons en nou? Nou is hy weer terug? Kon nie in die USA regkom nie en woeps weer terug. Wonder wie het vir sy trek betaal? Universiteit Stellenbosch met die studente se beursgelde? Net om verder hier te kom droogmaak?
Niks verbaas my egter van Wim nie – ‘n regte uitverkoper en nou is hulle twee.
Het lankal my respek vir hulle verloor en sonder respek is jy n niks.

Petrus ·

Tragies. Aas as die paar goedjies wat nog werk klaar getransformeer is, wat gaan ou Jonathan dan doen?

Swannie ·

Kyk, as Amerika nie eens `n persoon wil hê nie, dan moet hy wraggies treurig wees.

Hoogenhoudt ·

Hy is nie die “ewige student” nie – hy is die “ewige droogmaker en afbreker”
Dis jammer dat US besluit het om hom in diens te neem – te spreek boekdele van hulle Bestuur.

Phillie ·

Ek stem 100% saam met jou kommentaar. Kon dit nie beter stel nie

Hanekom ·

Wim het nou iemand wat saam met hom agter die stoel kan wegkruip wanneer dit warm in die kombuis raak. Jansen het mos “bang” geword toe dinge begin warm word het na al sy uitsprake teen Afrikaans ens…….. toe hardloop hy weg. Wie gaan hom nou beskerm? Broer- Wim? Wat self ‘n lafaard en rugraatloos is? Gedink ons gaan daarvan vergeet Jansen?

Jes ·

Net dankbaar dat dit nie my alma mater is wat nou met hom opgeskeep sit nie.

Stephen Namibia ·

Die negatiewe kommentaar verbaas my. Voor julle kritiek uiter doen julself die moeite en lees Jansen se boeke. Hy is lief vir die Afrikaanse taal en praat dit suiwer en ek is seker beter as baie van diegene wat hier negatiewe kommentaar lewer.

Hy is die grootste kampvegter vir opvoeding in die land en kritikus van die ANC regering se beleid.
Veral die boek “We need to talk” word aanbeveel vir diegene wat net blindelings kritiseer.
Go Jonathan you are the man! Suid Afrika het n man soos jy nodig en ek hoop jy betree eendag die politiek.
Jy is die kaliber persoon wat n uitstekende President sal wees.

Rissie Pitt ·

Wolf in skaapsklere. Ja, ek het ook van sy boeke in my boekrak…het ook sy skripsie gelees (bestel uit die V.S.A.) . Ek is bly jy dink baie van hom…ek bly by my mening: Wolf in Skaapsklere. Hy het my liefling Universiteit opgemors. Voorspoed aan Stellenbosch. Ek wonder hoe lank gaan julle nog in Afrikaans kan klas draf.

Barries ·

Stem 100% saam met jou Stephen Namibia. Die oorgrote meerderheid kommentators hier wys maar weer net die diep gewortelde onverdraagsaamheid van ons samelewing. Ek skaam my al hoe meer vir die tipe kommentaar wat ek op Maroela Media berigte lees.

Therese van Schalkwyk ·

Barries

Jy noem dit “diep gewortelde onverdraagsaamheid” en Jansen verwys na die ingebore rassisme van Afrikaners in sy boek, “Kennis in die Bloed”.

Beide van julle veroordeel daarmee ‘n ganse bevolkingsgroep bloot op grond van hul liefde vir hul moedertaal, Afrikaans.

Dis duidelik dat nie jy, óf Stephen van Namibië, Jansen se verwoestingswerk by die UOVS gevolg het nie. Dalk moet jy ‘n draai op die kampus van die University of the Free State gaan maak waar studente op die oomblik verhinder word om toets te skryf, of dalk is jy nie ‘n oud-Kovsie nie en gee glad nie om nie

Cor ·

Stephen Namibia aangesien jy so groot aanhangervan hom is nooi hom vir n braai en maak hom president van jou eie utopia. Hy het twee belowende studente se hele toekoms opgemors met sy los mond en tong toe die druk erg word vlug hy en nou reken hy seker alles is vergete. Ek hoop US het goeie versekering teen sy ondeurdagte uitsprake en beloftes..

Lindie Lourens ·

As hy minister van ondewys word, gaan ek terug onderwys toe. Hy is al een wat die onderwys weer op koers sal kan kry.

Phillie ·

Mag jou nie kritiseer oor jou eie persepsies nie
Maar laat my weet wanneer jy ook teleurgestel word oor die twee se verskuilde Afrikaner haat en agenda om ons te vernietig ten behoewe van ons Engelse aarts onderdrukkers

marous ·

Hy en sy vriend in die groot stoel moet uniforms kry en die universiteits gronde in die nag patroleer , net met ‘n gedeelde flou flitsie.

JG ·

O genade tog…Slim Wim en Jansen in dieselfde hok ? Wat se onsin gaan die twee saam opdis ?

Rina Kotze ·

Baie slegte nuus!

Hoekom is hy weg by die oorsese universiteit? Dit sou ek nogal wou weet?

Hy gaan nou seker sy slegte gewoontes hier voortsit.

Is daar regtig nie ander goeie opvoedkundiges sonder ‘n politieke agtende nie???

Henk ·

Wim de Villiers is besig om die US te ruineer. Eers Afrikaans afgeskaf, toe rasgebaseerde kwotastelsels ingestel, en nou Jansen se aanstelling. Dit is die man wat die UV geruineer het en onder ‘n wolk daar weg is. Hy is die man wat die versekering gegee het dat, so lank as wat hy rektor by UV is, Afrikaans as onderrigtaal veilig is; tog skaf hy dit af kort voor sy vertrek. Dit is die man wat twee wit studente summier geskors het op vals bewerings van ‘n rasse-voorval, geweier het om hul aan te hoor om hul saak te stel, en ses maande die hofsaak wat hulle ingestel het verloor het. Hy is die man wat ‘n voormalige viserektor en haar eggenoot, die registrateur, weggewerk het en die UV R28 miljoen aan ‘n skeidingspakket gekos het. Dit is die man van die Reitz-koshuis voorval, gebaseer op ‘n grap video, wat die kampus in twee geskeur het. En nog steeds vaar die UV in die onderste kwartiel van SA universiteite wat navorsingsuitsette betref.

Leahim ·

Baie slegte nuus is daar nie n pos vir hom in somalië of liberia nie die ou dikvel .

Hamman ·

Stephen, lees gerus die artikel van Pietie – dan praat ons weer.

Jansen het soveel skade aangerig dat dit nooit weer sal kan herstel nie. Hy het dit sy plig gemaak om die skade aan te rig. Wim de Villiers stel hom aan wat beteken dat hy saamstem en kop in een mus is oor wat Jansen gedoen het . Nou dit se nie veel van Wim nie. Hy en sy Bestuur is seker die grootste uitverkopers wat daar is. Nou het hy vir Jansen wat net so rugraatloos is soos hyself en wat ook geen respek afdwing nie aangestel.
Dit is regtig ‘n groot terugslag vir die Universiteit Stellenbosch.

vis ·

US gaan ook seker oorgee word aan die EFF – sommer op ‘n skinkbord met Jansen daar !!

hendrik ·

Dit is die slegste nuus wat ek die jaar sover gehoor het. Ek is net baie dankbaar my kinders is afgestudeer.

Adam ·

Uiters komies. Afrikaners staan net saam wanneer hulle wil kritiseer en baklei. Jansen is ‘n ware onderwysman en ‘n gedugte kritikus van ons onbeholpe Ministers van onderwys.

Bouer ·

Moet julle nie oor Universiteit Stellenbosch verknies nie. Afrikaans is reeds heeltemal uitgefaseer en hul volgende doelwit is om die rasprofiel uit te brei sodat dit die Suid-Afrikaanse samelewing reflekteer. Dit raak nou maar net NOG n Engelse staatsinstelling. Geen verskil van die res. Akademia is die toekoms van die Afrikaner en Afrikaanssprekende. Heeltemal privaat en gerig op die kultuurgemeenskap wat hy dien.

CHRISTA ·

Soos ek by die berig van seksuele aanranding by ons skole opmerk: Hoekom gee hulle prof Jansen nie die opdrag om al die voorvalle in die skole te ondersoek nie? Aangesien hy so ‘n ekspert in die onderwys is kan hy sommer ook ons onderwys wat net as rommelstatus kwalifiseer, uit die rommel ophef en weer ‘n waardige onderwysstelsel skep!!

Prof ·

Dankie Bouer.Ek hoop dat Akademia gou internasionaal bekendheid sal verwerf. Die aanstelling vanhierdie kwaadstoker gaan nog baie skade aan US verrig.Dit was regtig n fatale fout en die laaste bietjie respek wat ek vir De Villiers gehad het is daarmee heen.

Bouer ·

Afrikaans gee ons juis internasionaal-erkende regte, en nie ons velkleur nie. Regoor die wêreld is daar derduisende nie-Engelssprekende universiteite. Laat Universiteit Stellenbosch maar verder opfoeter. Afrikaans is in elk geval kunsmatig aan die gang gehou daar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.