Jonathan Jansen: ‘Ons het baie bewyse’

Jonathan Jansen. Foto: www.ufs.ac.za

Jonathan Jansen. Foto: www.ufs.ac.za

Prof. Jonathan Jansen, rektor van die Universiteit van die Vrystaat (UV), het Dinsdag gesê hy was nog nooit so bang nie soos tydens Maandagaand se chaos by Shimlapark.

Jansen het Dinsdag lede van die media toegespreek oor geweld op die kampus. “Ek is baie teleurgesteld oor wat gebeur het,” het Jansen gesê met verwysing na betogers wat Maandagaand op die veld gehardloop het tydens die wedstryd tussen die Shimlas en die Madibaz.

Jansen het saam met dr. Choice Makhetha, vise-rektor van eksterne betrekkinge van die UV en Lis Lange, waarnemende viserektor: akademies, die media toegespreek. Volgens Jansen sal die universiteit alles in sy vermoë doen om enige persone wat hulle aan geweld skuldig gemaak het aan die pen te laat ry. Jansen het gesê van die mense wat aan gewelddadige aksies deelgeneem het, is nie studente nie. Volgens Jansen sal die betrokke mense geïdentifiseer word en sal daar dissiplinêr sowel as strafregtelik teen hulle opgetree word.

“Die gebeure van Maandagaand is ʼn reuse-terugslag vir die transformasieproses. Ons het soveel vordering die afgelope paar jaar gemaak, maar dit wys ons het nog ʼn lang pad om te stap. ʼn Mens kan nie ʼn eeu oue universiteit en sy gemeenskap oornag verander nie. Ons het 32 000 studente op die kampus. Die oorgrote meerderheid is ordentlik en wil brûe bou. Soveel studente, swart en wit, het baie hegte vriende geword. Hulle is platgeslaan oor Maandagaand se gebeure.”

Lange het intussen bevestig dat die CR Swart-standbeeld op die kampus Dinsdag aan die brand gesteek, beskadig en later verwyder is en in ʼn visdam gegooi is. Sy kon egter nie sê wat die omvang van die skade op die kampus is nie. Volgens Lange  is baie vensters gebreek, is daar brande op kampus gestig en het veral Huis Abraham Fischer (Vishuis) Maandagaand erg deurgeloop. Sy kon ook nie uitbrei oor hoeveel mense beseer is in die geweld nie.

Marike van As, ʼn woordvoerder van AfriForum, het intussen aan Maroela Media gesê dat hulle talle boodskappe van vrouestudente in die koshuise ontvang het wat gesê het hulle is te bang om hul koshuise te verlaat. Volgens die studente het hulle dreigemente ontvang dat hulle aangerand sal word indien hulle op die kampus rondbeweeg.

“Ons het AfriForum se Bloemfontein-buurtwag gevra om die vroue wat uit die koshuise wil gaan by hul koshuise te gaan haal. In die stadium weet ons net van vroue in Madelief en Vergeet-My-Nie wat gehaal wil word.”

Die universiteit het ook in ʼn verklaring gesê dat die veiligheid van die inwoners in die koshuise ʼn groot bekommernis vir die bestuurslede is. “In een geval moes ʼn koshuis ontruim en alternatiewe verblyf vir studente gereël word. Die situasie is onder beheer in die ander koshuise.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

76 Kommentare

Fanus ·

Prof Jansen, tree op teen die aanstigters van die gemors by die wedstryd Maandag aand. Diegene wat op die veld betoog het, wat nie daar gehoort het nie en nie daar welkom was nie. HULLE is die moelikheid makers waarvan jy ‘n voorbeeld moet maak en ontslae van moet raak. Wys jy is ‘n regverdige man en dwing respek af. Sterkte.

Willie ·

Prof Jansen, dit is die verskil tussen wat jy ‘dink’ is vordering wat gemaak is met transformasie.Die blote feit dat ‘studente’ standbeelde afbreek en die eiendom van die kampus vernietig om n standpunt te bewys is juis,dat dit NIE bereik sal word alvorens hierdie land brand en alle bande met die vorige bedeling totaal vernietig is nie. Die ‘uhuru’ het tot breekpunt gekom en sal stelselmatig momentum kry tot alles vernietig is soos in die res van afrika en kommunistiese lande onder beleg van linkse elemente! Tot siens SA en alles wat vir my kosbaar is en was. Ek sal offer wat jy vra en dit is my laaste druppel bloed vir die voort bestaan van my nageslag SONDER hierdie bose elemente.

Johannes ·

Ek sien SASCO het oorlog verklaar teen “wit voorregte”

EFF het wraak gesweer – dus nog bloed en plundery

Wat gaan ons Boere doen? Nog petisies teken en praatjies maak?

JC Nel ·

Absoluut skokkend en betreurenswaardig – plaas dat daar gebou word aan hul toekoms word daar nou alles behalwe dit gedoen.
Sterkte mense!

Marous ·

Jy blaf teen die verkeerde boom Meneer Jansen. Jy is deel van die eensydigheid . Hierdie was fyn beplande optrede on provokasie uit te lok!

jan karsten ·

100% korrek, dit is vandat jansen daar is wat die strooi begin het. In plaas van om transformasie sy gang te laat gaan, word alles in die AFRIKANER se keel afgedruk, ons taal, ons kultuur en nou ons sport.

Bekommerde ouer ·

Aanranding, brand by koshuise en verwoesting – dis nie die antwoord. Wat van kinders wat wel wil studeer en toekoms wil bou. Neem asb goeddeurdinkte besluite.

Daan ·

Moet asseblief nie veel van Jansen se oordeel verwag nie. In die verlede was blanke student onskuldig in rassevoorvalle betrokke en hy het nie eens na hulle kant van die saak geluister nie en die blanke student summier geskors.

Rooijan ·

Hannalie, Jansen was bang want vir ń slag was dit die blankes wat pak uitgedeel het en nie gekry het nie.

Topster ·

Prof jy moes nie bang gewees het nie jy moes gesien hetvmet eerste verwoesting en betogings dit gaan nie stop nie en jy moet van hulle ontslae geraak toe hulle Maandag oggend by die hek gedans het jy weet en die res van die blanke volk weet wat die agenda was en ek is nie eers n Prof nie

Shane ·

Ek hoop hy gaan begin by die donker seun wat die blanke meisie met ‘n megafoon teen die kop geslaan het toe hulle die hekke wou binne kom.

Dit sal mos regverdig wees aangesien dir daar us waar die geweld begin het.

anna ·

waarom nou eers iets gese noudat die skade gedoen is. daar gaan niks v an kom nie glo my. word afrikaans hier ook afgeskaf? studente betaal en glo en is trots op hulle universiteit en dit i s die behandeling wat hulle kry? nie een rektor het nog opgekom vir afrikaans nie . waarom nie?

anna ·

nee wat mooi broodjies bak werk nie met my nie. stem saam met jou topster. jy is sooooo reg. n rektor prof se titel beteken niks sonder rugraat integriteit en respek vir sy afrikaanse of blanke studente nie. dit is nou al oor en oor bewys

Lourens ·

Gee jansen kans hy probeer teminste die situasie raak moelik hy probeer rerig

Boetman ·

Dis die probleem Lourens, die Prof probeer rerig wegkom. Hy loop dieselfde paadjie as FW. Jaag aan en probeer dan daarmee wegkom.

chrisp ·

Ek probeer ook rerig die 100m in onder 10 sekondes hardloop. Sonder sukses .Ek het egter tot die besef gekom ek is nie bevoeg om dit reg te kry nie en laat dit maar oor aan die meer talentvolle Usain Bolt.Nou sit ek terug en geniet sy talent.

Rens Roodt ·

Van al die kanse gee dat die land in so n gemors is – dis swart daarbuite

anna ·

hy dink nes die res van die ander rektors en is onder groepsdruk van hulle af. ek vertrou hom gladnie ja mmer

Christo ·

Volgens News 24 gaan slegs Engels op UV as onderrig taal gebruik word, so kry EFF hul sin met alles, hierdie is die punt van ysberg, ons moet ons maar regkry vir baie probleme, wat is volgende? Julius Malema en trawante se plan is uitgewerk. Gaan iets eers gedoen word as bloed in strate af loop?

martha ·

Ek is jammer om ras hier in te bring, maar dit is seker weer net die wittes wat gestraf sal word. Dit is vreeslik om te sien wat aangaan.

At ·

Daar is n rokie wat se Malema is n groot vriend van oom J–sen. Sien ook nou openbare beskermer Thuli Madonsela se dogter is die sekretaris van EEF by Tuks

Andre Jacobs ·

Prof Jansen maak tog net die keer SEKER van jou feite sodat jy nie weer,vir die hoeveelste keer,jou naam en die van die Universiteit,gat maak nie

leon ·

Jansen moet nie net na die voorval op die veld kyk nie daar was n vrouestudent wat deur n gemors in die gesig geslaan is net omdat sy hom probeer keer het toe hy iets na die witsudente gooi wat agter n hek gestaan het.dit het vroeer plaasgevind

Dan ·

As mens teen Mure kan skryf en standbeelde verwoes , noem hulle dit Vryheid van spraak , so wat gebeur het is Vryheid van spraak , ..dis een geval .. maar ons almal weet ons is trots op ons sport as Suid Afrikaners , komaan gaan vang dit nou by n sokker wedstyd aan , dieslfde sal gebeur of erger , Prof sal moet sit en mooi dink dis nou sy naam of sy trots , maar een gaan verloor .

hans ·

Nie n enkele woord van veroordeling dat swart studente die standbeeld van adv Swart vernietig het nie,maar sou n beeld van “struggle hero” beskadig gewees het kan ek my indink wat sou gebeur het. Dit is onstellend dat die dames van 2 koshuise te bang is om koshuise te verlaat vanwee gewelds dreigemente . Hoop die studente van al die koshuisbewoners wat skade gely en traumatiseer is kry goeie regsverteenwoordigers om al die betrokkenes en universiteit te dagvaar.

Prit ·

Groot woorde van n man wat twee onskuldige wit seuns semuur geskirs het toe n swart persoon blatant gelieg het oor n “rasistiese” aanval op hom. As ek reg onthou het Jansen nie eers die ordentlikheid gehad om na die twee seuns se kant van die storie te luister nie.

anna ·

die bewyse is seker waar die wit studente die vark in die verhaal is.nee wat hy is en hulle almal is voels van enerste vere. so ek verwag nie veel nie. sien is glo…..

UKOVS ·

Johnnie, as jy nie orde op jou speelgrond kan handhaaf nie, moet jy gly. Maak plek vir iemand met ‘n ruggraat. Ouers betaal duur vir hulle kinders se opvoeding. Jou salaris kom uit daardie gelde, maar jy doen nie jou werk nie. Dit geld vir De Villiers, Habib, Price, De la Rey en Kwadi ook.

Rooijan ·

Het ń kind daar by Jonatan, hy kry nie ń sent verder tot ek gelukkig is dat my kind sal kan studeer en haar finale jaar klaarmaak nie. Hy kan die geld by die EFF kry.

Ronel ·

Ek is stomgeslaan. Die betogers (gemors) maak droog word reggesien. Nou moet die wat te na gekom word vervolg word. Hoe is dit regverdig. Vervolg die onopgevoede klomp wat verwoestig saai sover hulle gaan.

whatever ·

Jansen was Maandag by die wedstryd. Hy kon afgestap het en met hul gaan praat het, of net gesorg het dat die polisie betyds gekom het. Daar was ‘n speeling van 40min vandat hul by hek ingbars het tot waar die ouens begin boks het. Di studente het eers mooi gepraat en die eff het eerste gestamp en hou geslaan. Hul het die wit studente gevloek en uitgetart. . Toe die 1st hou klap toe was dit ‘n geveg tussen toeskouers wat wou rugby kyk en eff. nie wit teen swart nie. Daar was gekleurde toeskouers ook tussen die skare wat teen die eff was… Ek was daar en het alles gesien. Ek het klein kinders en wil nie hulle weer aan so iets bloodstel nie.

Rooijan ·

Eerste keer dat ons hoor van iemand wat daar was. So ou papbroek het hierdie situasie vir 40 minute laat opbou as’t ware die stoompot laat kook, niks daaraan gedoen nie. Toe dit ontplof toe is sy enigste aksie om bang te wees, sy eie woorde. En nou wil hy sondebokke onder die blanke toeskouers soek?

Ouman ·

Hy staan al klaar op vir die regte van die betogers maar gee duidelik nie om vir die regte van toeskouers en spelers nie. Dit is tyd om van die knaap ontslae te raak. Hy kan erens anders gaan werk dalk op Thandi se varkplaas

FM ·

Na my mening is Jansen geplant daar by Kovsies. Hy hou nie van witmense nie. Hy gee net voor. Hy is so vals, mens wil hom nie glo nie. Kyk hoe het hy vroeër die 2 mansstudente behandel. Daar het hy getoon hy is n rassis. Hy probeer, net soos wim de villiers, om sy posisie te behou ter wille van sy maand se pond!!! Hy voel niks vir die wit en moontlik ook die kleurlingstudente nie. Hy is n strooipop van die anc. Merk my woorde, hy gaan nou weer die blankes teiken. Hy gaan bokkerol aan die betogers by die rugby doen nie. Hy gaan eerder die blankes teiken wat die polisie ondersteun het. Hy is bang vir die eff en anc en sing dieselfde deuntjie agter hulle aan. Prof Jansen, jy het nie murg in jou pype nie.!!!! Ons sien deur jou.!!!!!

Ouman ·

Dit is tyd – toeskouers moet rugby boikot dan sal borge ontrek en ou Jonatan kan dan saam met betogers op die veld baljaar. Hy het duidelik ‘n agenda wat polities gedrewe is. Oud studente moet ophou om skenkings te maak want die universiteit is in elk geval na sy maai

FM ·

Maroela, word Shimlas so gespel of Shimlaz gespel. Nou weet ek nie.Kan n kenner my help asb?

Sune van Heerden ·

Dagsê FM

Ons vra om verskoning, dit moet inderdaad “Shimlas” wees.
Die berig is gewysig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Kaspaas ·

Prof Jansen wys ook sy ware kleure het vanaand gesien die fisiese en rassistiese aanval by die hek al toe hulle deurbreek toe hulle die wit vroue studente aanval en Jansen se die studente was die aggressors. Asb bly hy op planeet Jansen. Hoekom beskerm sy administrasie nie die studente nie.

Jacques ·

Ek wonder wat sou met blanke studente gebeur het as dit by m sokker byeenkoms was???Hulle tart ons afrikaners en ja nou gaan dit weet n rasistiese storie raak

Trolle ·

Jy het so goeie vordering gemaak dat jy amper alles afrikaans verwyder het ja.
Ek glo jou nie ek glo wel jy het skrik gevang vir wat jy vervaardig het ja.

Lizelle ·

My dogter is in Vergeet-my-nie koshuis. Een van haar voertuig se bande is beskadig, baie dankie vir die dapper manne wat die band geruil het en by haar gestaan het toe die betogers opgedaag het. Sy noem ook dat die manne tussen haar en die betogers gestaan het, om haar te beskerm. Baie dankie!!

chrisp ·

Dankie manne.
My pa was reg toe hy vir my gese het dat die jongmanne nie hulle staal self ken nie ,dit is geneties. Dit was sy antwoord toe ek gal braak en vir hom se vandag se jongmanne is almal ma se seuntjies.
Dit blyk dat hy reg was.

Benito Odendal ·

Jansen = Pion en brakkie aan EFF en ANC halsbandjies =Voorspelbaar en ooglopend Bevooroordeeld =GEEN REGVERDIGE UITSLAG !!!!…….Expect nothing… Receive nothing and be abundantly satisfied with NOTHING….. as per usual……soooo predictable !!!!

Veritas ·

Die Afrikaner se enigste doeltreffende wapen is sy ekonomiese mag. Ons moet dit maar op ‘n goed georganiseerde manier begin gebruik en aangesien Afriforum as Afrikaner-organisasie, skynbaar die enigste groep is wat met koel koppe die Afrikaner-saak bevorder, behoort ons as taalgroep hulle te ondersteun in ‘n wettige aksie om hierdie punt te onderstreep. Dit help nie om jou huishulp in die pad te steek uit weerwraak vir dit wat ‘n slap, eenogige owerheid tans toelaat om met die Afrikaner te gebeur, nie. Daar moet ‘n georganiseerde, goedgemikte en wettige aksie geloods word om die regering en ander instansies,wat die Afrikaner te na probeer kom, tot ander insigte te bring. Daar is verskeie ware Afrikaners, mense wat trots hul taal beskerm, wat ook by so’n aksie betrek te word. Ek dink hier bv aan mnr Johann Rupert wat by geleentheid, nadat ‘n Britse koerant, in ‘n artkel, Afrikaans as ‘n gemorstaal afgemaak het, sy advertensies aan die dagblad onttrek het. Die nuusblad het gou sy deuntjie verander toe daar aan sy sak gevat is. Ons kan by die sogenaamde liberale Afrikaanse pers met ‘n soortgelyke aksie begin.. Te maklik word enige Afrikaner-aksie, in die Afrikaanse koerante, afgemaak as verkramp en nie versoenend nie. Die tyd het aangebreek dat die Afrikaner as minderheidstaalgroep sy stem op ‘n ordelike, doeltreffende manier dik maak.

Johan Reiners ·

Iewers mis ek iets. Op News24 se webtuiste se Prof. Jansen dat die regte van die ‘protestesters’ vertrap is deur die “spectators” en dat niemand hoegenaamd in gevaar was nie. Praat die man uit twee monde; was hy dan nie self daar nie, of praat ons van twee totaal verskillende gebeure?

tamboti ·

Gertjie, my vingers heuk vreeslik….
(vir die sleutelbord natuurlik)

Kaspaas ·

Nuus op News 24 Wit studente word nou voor die voet aan geval op UFS wat doen jy omtrent dit Prof.

anna ·

jansen het klaar besluit die wit studente is skuldig net soos besluit is deur us dat die pers gesiggies skuldig was. geen wenkans teen hom nie. kla hom aan vir rassisme afriforum. kla hom aan dat hy nie n universiteit kan bestuur nie . kla ook de villers aan en die een by tukswat haarself n rektor noem. het hulle ooit die regte credentials? l yk nie so nie……..

Sarie ·

Dit wat op die kampusse gebeur is provokasie deur die EFF en hulle meelopers. Hulle tart wit mense. Elke iedere een van hulle kan na hartelus in Engels studeer . Geen verdraagsaamheid. Geen respek vir die grondwet nie en dit sluit Jansen en sy oneerlike konkelaars in. Hy het sy ware kleure gewys met sy optrede teenoor die wit studente wat hy vals link beskuldig het. Dit sal weer die geval hier wees. Sy haat teenoor wit Afrikaners word mooi in sy onlangse boek weerspieël. Selfs Breytenbach het hom daarteenoor uitgespreek.

Rupert Ashford ·

Hierdie Prof se reputasie voorspel niks goeds in hierdie situasie nie. Maar kom ons wag en sien…miskien sal rede hierdie keer seevier. Lyk my sy definisie van “vordering” met die transformasie is dat die swart studente en hulle meelopers kan maak en breek en breek soos wil en daardeur hulle sin kry, en die wit outjies moet soos goeie wit kinders hulle goeie maniere wat hulle ouers hulle geleer het tentoon stel, die ander wang draai en toegee sonder om te vra wanneer is genoeg dan nou genoeg en kom hulle regte ook in aanmerking. Dan loop alles klopdisselboom… Maar soos ek se kom ons wag en sien voor ons te kras raak.

Joe ·

Ja Jansen, jy praat nou natuurlik van die wit outjies wat die swartetjies op die rugbyveld bygekom het, maar die wat die hekke oopgebreek het en op die veld gestorm het sal niks oorkom nie!!

Frik ·

Het die tiepe betogers nie nou Teroriste geword nie.? Die SA Polisie en staat moet die soort gewldadige betogers as Teroriste verklaar en sulke geweldadige groepe verbie! As daar nie nou teen hierdie Teroriste. Groepe opgetree word nie is dit tyd om op te staan teen hierdie geweldadige groepe wat die Blanke Groep in ons land wil vernietig! Nou of nooit!

m ·

Dis so duidelik wat nou weer hier gaan gebeur. Daar is bewyse seker weer net teen wit student en hulle gal gaan gewerk word terwyl die ander niks gaan oorkom nie weens gebrek aan bewyse…….

Dan ·

Dit is voor die hand liggend dat die betogers nie daar was om na die wedstryd te kyk nie, so Jansen jy hoef nie verder as dit te kyk nie, maar soos jy al voorheen bewys het is dit nie waarvoor jy wil kyk nie. Soos dit vir my lyk het dit nou n betalende beroep geword.

Chris van Rensburg ·

As gevolg van Prof Jansen en sy bestuur se swak leierskap wat nie hulle sogenaamde kontrak werkers se probleme billik kon oplos nie het hulle hul frustasies op die plek waar dit die seerste maak kom uithaal,op die rugbyveld.As hy ‘n man is sal hy erken dat hy en sy bestuur die skuld vir hierdie skande moet aanvaar aangesien hulle so ‘n tipe teenreaksie moes kon voorsien het moes hulle voldoende voorsorg getref het.

Cina ·

Ja en wat gaan Prof Jansen doen met die studente wat se karre beskadig is deur vensters uit te geslaan het, en wat gegooi is met klippe en ander voorwerpe. Seker niks soos gewoonlik. Dis mos net sekere vel kleure wat sal uitgewys word as die skuldiges.

neelsie ·

Hoe lank nog voor die bom bars ?
Wees gereed, hierdie mense het n ander agenda, dis algehele anargie en Zuma geniet dit ,want dan hoef hy dit nie te doen nie.
Regering het geen beheer oor die probleem nie.
Hulle wil die blanke uit die land dryf en nog n Zimbabwe skep.
Eerlikheid en vertroue is woorde wat nie in hulle woodeskat bestaan nie.
Doen iets voordat iemand met sy lewe boet.!!

Agtertrekkers ·

My oom het altyd gesê: Ek my kyk en dink my dink.
Vandag kyk ek na alles en dink Seer Siener se tye het begin aanbreek.
Hoeveel gaan nog bloei voordat daar weer Eendrag is.

Mag God weer die land se middelpunt raak.

david ras ·

In ‘n nuusberig op my motorradio—-Jonathan Jansen kla dat die toeskouers wat ‘n wettige rugby wedstryd bygewoon het die “regte” van “betogers in die grond vertrap het. !
‘n Paar minute later word dieselfde stelling herhaal in BEELD…..

Dus herr oberst Jansen—wat jy eintlik te kenne gee is dat enigeen met ‘n politieke agenda se “regte”swaarder weeg as ander , poltieke-vrye mense s’n ?

Goeie hemel. as dit die vlak van oordeel is wat jy openbaar ys ek wat jy gaan se en doen in ‘n werklike krisis—bv as daar ‘n bom (gode behoede) op jou kampus ontplof.

Jou eenogogheid maak jou geheel en al onbevoeg vir jou werk.
ASSEBLIEF -vir die totale welsyn van UV——BEDANK !!!!

Connie ·

Prof Jansen, jy is ‘n rasis. Die mense wat op die veld gegaan het, is die aggressors. Hulle het nie daar gehoort nie. As hulle nie daar was nie, het daar niks gebeur nie. Hulle het die witspelers aangerand. Nee wat, jou Universiteit het nog ‘n ver pad om te stap en met jou daar, nog verder.

tamboti ·

Dis nog niks, hoor wat se Tuks se lektore ten gunste van “change”: Dit is AFriforum se skuld dat die rasse spanning oplaai en in geweld uitbreek wat die wit studente deur Afriforum aangehuts het die Effers uitgelok tot geweld> Die’ het glo baie rustig in vergelyking met ander optogte elders opgetree!!!!
Klasse ontwrig, studente verdryf en vensters breek, goeters brand en motors beskadig is dus aanvaarbare en nie-geweldadige optrede, maar jy durf nie in ‘n lyn staan en Afrikaanse liedjies sing nie, dan provokeer jy????

Johannes Meintjes ·

Waarom word mense op grondvlak en ons studente aan teistering en ‘n oorlog blootgestel? Moes die Nuwe SA, die Nuwe Regering en al ons merske-belangrike, vetgevoerde, pronkende, boepens en belangrike amptenary en “leiers” op alle vlakke en terreine, – ook onder die Afrikaner, – nie reeds ‘n beter bestel daargestel het nie? Nee a “leiers” in SA, maak skoon die gemors rondom die burgers in hierdie mooi land asb. en wys dat julle die hele land en al sy mense samewerkend, gefokus en doelgerig in geregtigtigheid kan bestuur en regeer!

Annabelle ·

Dis n frustrerende, afbrekende maar komplekse situasie – ek glo J Jansen het wondere verrig met multi-dimensionele probleme tot huidiglik. Ek glo en vertrou sy wysheid, insig, integriteit, leierskap, verantwoordelikheid, liefde vir Suid Afrika en positiewe benadering sal geregtigheid aan die situasie laat geld, en dat regverdigheid sal seevier. Sterkte Prof

m ·

Onthou net Jansen moet nou ook polities korrek wees om sy werk te kan behou so hy gaan beslis nie enige wit student se kant kies nie….

Mien ·

Mense wat met oogklappe deur die lewe gaan, gaan my verstand te bowe. Ek het ook geen vertroue in Jansen nie. Al wat ek verseker weet, is dat ons land en sy mense in baie groot moeilikheid is !

karen b ·

jonathan Jansen, ek is so bly jy het baie bewyse. Ek glo en vertrou iemand van jou veronderstelde statuur het ook baie bewys van al die swart teen wit rassisme wat op jou kampusse plaasvind, en nie net van die sogenaamde rassisme wat plaasgevind het by die shomlaz vs madibaz rugbywedstryd nie. En jou bewyse van hierdie spesifieke geval beteken in elk geval niks voordat jy as rektor nie die groep betogers wat die rugbywedstryd ontstig het nie vasvat. Dan kan jy eers aandag gee aan die studente wat orde probeer skep het!!

Saartjies ·

‘(Van) die mense wat aan gewelddadige aksies deelgeneem het is nie studente nie.’ So wat op aarde, prof, het die hele ding met transformasie (wat dit ook al mag beteken) te doen? En hoe ver is ‘UFS’ met die identifisering en strafregtelike vervolging? (Ek is ‘n oud-student.)

FM ·

Maroela, hoe verskil my kommentaar oor jansen, wat julle nie geplaas het nie, teenoor die kommentaar van die ander wat julle wel geplaas het?Sal graag wil weet.

jj ·

jansen is onregverdig hy beter sorg dat sy deuntjie verander . wat het daardie betogers kom doen by die wedstryd ? mense het hulle probeer uithou, dit was n onwettige betoging en pure uitlokking . Toe rand hulle die vrou met n megafoon aan. dink hy regtig hulle sal net staan en kyk ? sal hy staan en kyk as iemand onwettig sy huis betree en sy dogter aanrand ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.